HOE OM DIE BELOOFDE LAND VAN DIE HERE IN BESIT TE NEEM. NUM. 33:50-56

“The way is long by which I hie,

Flags my spirit wearily;

Let Thy gracious hand me grasp,

Let my trembling hand Thine clasp;

We are tired, my heart and I,

Ah, but, Jesus, Thou art nigh.”

Net soos die kinders van Israel dikwels ontmoedig was weens die weg wat hulle moes bewandel, is daar nou ook baie wat moeg en moedeloos is, wat die beter land van  die belofte wat deur die Here Jesus aan ons beloof is soek. Dit is ‘n land van rus en verkwikking wat alleen betree kan word deur die geloof. Laat ons weer daaroor nadink:

1) DIE KARAKTER VAN DIE LAND:

Die land Kanaan is so ‘n duidelike land van geestelike oorvloed. Dit is ‘n teenswoordige erfdeel van Sy kinders.

A) DIT IS ‘N LAND VAN OORVLOED:

Deut.8:7-9 “Want die Here jou God bring jou in ‘n goeie land, ‘n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom; ‘n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ‘n land van olieryke olyfbome en heuning; ‘n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ‘n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge warvan jy koper sal uitkap.”

Wat ‘n figuurlike beskrywing van die volheid in Christus. O die dieptes van Sy rykdom.

Fil.4:19 “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”

B) DIT IS ‘N GOD GEGEWE LAND

:

Deut.8:10 “en jy sal eet en versadig word en die Here jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.”

Joh.3:15 “want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het…” Hy het ons Sy Seun gegee en in Hom woon al die rykdom van genade. Die ondeurgrondelike rykdomme van God woon in Hom. Wat ‘n gawe! Alles is joune, en jy behoort aan Christus, en Christus is die Here joune. 1 Kor.4:23.

C) DIE LAND GEOFFER AAN SY MENSE

:

Die beloofde land vir elke Israeliet.  Daar was in dit ‘n genoegsame porsie vir elkeen. Daar is genoeg in Christus vir elkeen, vir elke skepsel onder die hemel. Wie ook al mag kom mag van die water van die lewe kry.

2) DIE METODE VAN BESITNAME VAN DIE LAND:

A) GELOOF IN DIE BELOFTE:

Dit is die land van belofte genoem. Die belofte moes aanvaar word, hulle moes die Woord van God glo. Dit is die belofte wat Hy vir ons gegee het, die belofte van die ewige lewe, en dit deur Sy Seun Jesus Christus. Dit is die werk van die Here dat julle glo. Hulle kon nie ingaan nie a.g.v. ongeloof.

B) DIE INGAAN IN DIE LAND:

Die land kon nie ingeneem word deur hulle voordat hulle nie daar was nie. Hulle moes letterlik dit opeis deur hulle voete. Ons moet in Christus wees voordat ons erfgename kan wees. Ons is deelgenote in Christus, en Christus is vir ons wysheid, geregtigheid, heilig-making, en redding. Ons is volmaak in Hom, gevul, oorvloediglik, bevredigend.

Die Here is my deel. Ps.16:5 “Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot”  Ps.23:6  “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly, in lengte van dae.”

C) DIE UITDRYF VAN DIE VYANDE

     Num.33:52-53  “…moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel;  ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.  En julle moet die land in besit neem en daarin woon;  want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.”

     Die vyand wat ons siele verhinder om die volheid wat daar in Christus vir ons is, in besit te neem, is vele en baie subtiel en soms kom dit in ‘n vriendelike manier na ons. 

     Al die inwoners moes uitgedryf word.  Daar was geen ruimte vir kompromie nie.  Al die inwoners moes verdelg word.  Elke gedagte moet gevange geneem word in Christus en elke begeerte van die vlees moet onderworpe wees aan die Gees van God.

3.  WAARSKUWING TEEN MISLUKKING

     A)MISLUKKING IS MOONTLIK.

       v55  “Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uitdrywe nie…” 

          Ek is bevrees dat talle van die kinders van die Here hier totaal misluk.  Hulle neem wel die land in besit en is gered, maar hulle misluk in die sin dat daar dinge in hulle lewens is waarvan die Here hulle oortuig, waarmee hulle nie wil handel nie.  KOMPROMIE IS DIE KODE-WOORD VIR NEERLAAG.

          Die Here oortuig my van drank en ek los dit, maar ek neem dit weer op.  Die Here oortuig my van dans en ek breek daarmee, maar ek neem dit weer op.  Ek het ‘n verbond gesluit met die Gibeoniete, die inwoners van die land en daardeur is ek gedwing om hulle te verdedig teen aanvalle.  Ek kan nou nie meer my standpunt inneem teen hierdie dinge, as kind van die Here nie, en ek soek verskoning dat dit nie meer sonde is nie. 

B) KOMPOMIE IS GEVAARLIK

V55  “…sal die wat julle van hulle lat oorbly, soos  dorings en julle oë wees en soos angels in jullesye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.”

     1.  Verhinder visie en is kortsigtig

          Josua het net gekyk na hulle uiterlike en sy oor was by hulle monde en nie by die mond van God nie.  Hy het God nie geraadpleeg nie en het ‘n verbond met die Gibeoniete gesluit, wat een van die grootste stede verteenwoordig in die land Kanaän.

     2.  Veroorsaak irritasie en ongemak

          Skielik is Josua opgeroep deur die Gibeoniete wat deur 5 konings aangeval is om hulle te kom help.  Omdat Josua in ‘n verbond met hulle gestaan het , was hy verplig om die vyand te verdedig. 

          Iemand wat nie die vyandige magte uitdryf uit hulle lewens nie, die sonde waarvan die Here my oortuig het, en waaraan ek vashou, sal verplig wees om dit te verdedig, t.s.v. wat die Woord van God vir ons leer.

          Dieselfde sien ons in die lewe van Dawid.  Ons sien Dawid in die kamp van die Filistyne, waar hy gevlug het vir sy lewe teen Saul.  Op ‘n stadium was hy verplig om saam met die prinse van die Filistyne teen die Israeliete op te trek.  Was dit nie vir die ingrype van God nie, sou hy teen sy eie mense moes veg.   So ‘n persoon wat kompromie gemaak het, en wat sonde toegelaat het in hulle lewens, word diegene wat teen die ware kinders van God draai . 

          Ongemak:  mense wat kompormie maak ervaar ‘n ongemak as hulle in kinders van die Here se teenwoordigheid kom.  Hulle is nie gemaklik by die wêreld nie en hulle is ook nie gemaklik onder kinders van die Here nie.  By die wêreld is daar altyd hierdie knaende ding wat jou ongemaklik laat voel, omdat jy weet dat jy nie daar hoort nie.  Maar die mense lag vir jou getuienis omdat jy reeds kompromie gemaak het en jy beteken niks vir die Here nie.

          Die vyand mag geen plek in die kamp van die kind van die Here hê nie.  Moenie ag slaan op die redenasie van die vlees en die duiwel nie.  Ons mag hulle nie spaar nie.

          Hierdie dinge in my lewe wat soms ‘n vraagteken in my gemoed is, is duidelik nie van die Here nie.  ‘When it’s doubtful it’s dirty’.  Dit is daardie dinge wat ‘n doring in my gewete gaan word, wat ongemak in my wandel veroorsaak.

          Of dit is soos die ‘doring in my oog’, wat gaan verhinder dat ek die ware lig sien.  Dryf hulle uit.  Kompormie met die bose binne of die wêreld daar buite, verhinder die siel om die heerlikheid van ons erfenis in Christus deelagtig te word.

SIMPATIE KAN DIE WERK VAN GOD VERHINDER

4.ONGEHOORSAAMHEID IS FATAAL

V56  “En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.”

i)Vertraagde vooruitgang

Die ‘angel in my sy’, verhinder my geestelik vooruitgang.  Dit is soos ‘n knaende remblok wat my weerhou om geestelik te kan groei.  Paulus sê:  “Laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so malik omrint, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê…”  Heb.12:1

ii)  Verhinder produktiwiteit

                        Met hierdie knaende ‘angel in my sy’ (sonde), kan ek nie produktief wees in die werk van die Here nie.  Ek het geen las vir siele nie, ek kan ook nie getuig nie. Ek kan nie my standpunt inneem nie, ek vermy enige iets wat geestelik is.  En wat meer is, die mense lag my uit, soos ons vind met die geval van die Jubesiete.  Die Jebusiete het al hulle lames en blindes op hulle stads muure geplaas en die mense uitgekoggel omdat hulle nie in die vermoee was om die stad in te neem nie.  Eers in die tyd van David het een van sy dapper krygsmanne die stad verower.

iii)  Verleiding en agteruitgang is onomwonde

                        Dit wil sê, as jy nie met die sonde handel en hierdie dinge uit jou lewe uitban nie, en jy nie op die plek kom om gehoorsaam te word aan die Woord en die wil van God nie, nadat jy die Here al vertrou het vir redding, en die heerlikheid van verlossing gesmaak het, en die seëninge in Christus al deelagtig geword het, sal jy die kosbaarheid en die aantreklikheid en die wonder daarvan verloor.  Jy sal inteendeel uitgedryf word uit die heerlike gemeenskap en die feesmaal van geestelike seëninge, omdat daar geskrywe, ‘jy kan nie God en Mamon dien nie’.  As jy gewillig is en gehoorsaam sal jy eet van die goedheid van die vrug van die land.  Maar as jy weier en rebelleer sal jy verdelf word.  AMEN.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00