HL 247
1. ERE SY GOD! U, DIE BRON VAN ONS LEWE!
ERE IMMANUEL, GOD MET ONS HIER!
ERE DIE GEES! U, ONS SPOORSLAG TOT STREWE,
U SAL ONS FEESLIED, DRIE-ENIGE, VIER.
KOOR: “ERE SY GOD,” LAAT OOR DIE VELD EN RANTE,
LAAT DEUR DIE JARE DIE JUIGTOON WEERKLINK!
MAAK ONS, O KONING, U TROUE GESANTE,
TROU TOT DIE DOOD, WAAR DIE KRONE REEDS BLINK.
2. HEILAND, AAN U BRING ONS DANKBARE HULDE,
DANK VIR DIE BOEIE EN BANDE GESLAAK;
U HET BETAAL VIR ONS TALLOSE SKULDE,
HELP ONS, O JESUS, U KONING TE MAAK.
3. VUL EN BESIEL ONS, O GEES, TOT HERLEWING,
MAAK ONS U, HEER, MEER GELYK ELKE DAG;
ELK ‘N GETUIE IN EIE OMGEWING,
EN OOK WAAR NOU NOG DIE HEIDENDOM WAG.
4. WEK IN ONS LIEFDE, O HEER, VIR U WAARHEID;
SLEGS DEUR U VRESE AANSKOU ONS DIE LIG.
LEI ONS VERSTAND EN ONS HART IN U KLAARHEID,
WEES U ONS MAATSTAF VAN ROEPING EN PLIG.
5. KOMAAN, SUID-AFRIKA’S SKAAR VAN STUDENTE,
MAAK JESUS KONING IN STAAT EN IN KERK!
GEE GOD DIE EER IN DIE LEWE SE LENTE,
RYK DAN DIE VRUG OP ONS C.S.V.-WERK.