HL 163

 1. IN DIE DONKER HEIDENLANDE 

    KNIEL NOG NEER VOOR HOUT EN STEEN 

    SIELE VIR DIE HEILAND DIERBAAR, 

    AAN WIE NIEMAND HULP VERLEEN 

   HOOR HUL ROEPSTEM, (X2) 

   HOOR HUL SUGTE EN GEWEEN, 

   HOOR HUL ROEPSTEM, (X2) 

   HOOR HUL SUGTE EN GEWEEN. 

 

2. VOLK VAN GOD, WIE GAAN GETUIG

   VAN JESUS LIEFD’ AAN ONS BETOON: 

   VAN DIE PRYS WAT HY BETAAL HET, 

   VAN SY KRUIS EN DORINGKROON? 

   O VERLOSTES, (X2) 

   BRING DIE SIELE TOT SY TROON!

   O VERLOSTES, (X2) 

   BRING DIE SIELE TOT SY TROON! 

 

3. SPOED TOG, HAAS JUL,

   DRA DIE BOODSKAP NA DIE AARD’SE VERSTE STRAND! 

   LAAT GEEN SIEL JUL OOIT VERWYT NIE 

   UIT DIE DONKER HEIDENLAND, 

   DAT JUL WEIER, (X2) 

   OM TE BIED DIE REDDINGSHAND! 

   DAT JUL WEIER, (X2) 

   OM TE BIED DIE REDDINGSHAND! 

 

4. WIT VIR OES IS REEDS DIE LANDE,

   KOSBAAR, IS DIE RYPE GRAAN;

   HOOR DIE ROEPSTEM: ‘KOM EN HELP ONS, 

   LAAT ONS NIE VERLORE GAAN’!

   GEES VAN JESUS, (X2) 

   SPOOR ONS TOT DIE ARBEID AAN!

   GEES VAN JESUS, (X2) 

   SPOOR ONS TOT DIE ARBEID AAN!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00