HISHIA 2 KONINGS 18:1-8 26 APRIL 1999
INLEIDING
In die totale geskiedenis van die kinders van Israel, was Hiskia die mees uitstaande koning wat die Here gedien het. Ons weet nie baie van sy agtergrond nie, behalwe dat sy ma se naam Abi was wat besitter van die Here beteken wat vir ons die idee gee dat deur haar invloed en leiding hy ‘n Godvresende man was en dat deur sy moeder se invloed hy gekies het om die Here te dien.
1) Hiskia het die regte motief gehad: Vs 3
“En hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here”
Hy was nie dwaas om sy eie hart te volg en om homself te probeer verheerlik nie. Dit het moet gekos om op te staan in hierdie rebelse nasie en terug te keer na die dinge van die Here. Dit is net ‘n dooie vis wat saam met die stroom dryf. Joshua moes dieselfde keuse maak toe hy in Josh.24:15 “Ek en my huis, ons sal die Here dien”
2) Hy het goed in die regte plek gesit: Vs 4
” Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op die dae daarvoor offeerrook laat opgaan het”.
Hy het ook onreinhede uit die tempel verwyder. 11 Kron.29:16-18. Daardie dinge wat die Here mishaag het, wat vir die Here ‘n gruwel was het hy uitgeban. En die dinge wat die Here behaag het het hy herstel. Daardie goed in my lewe wat verhinder dat ek ‘n bruikbare instrument in Sy hand kan wees en ‘n getuie vir Hom kan wees. Daardie dinge in my lewe wart verhinder dat menes in my wandel kan sien dat ek aan die Here behoort moet uitgeban word. Daar is geen plek of iets in my hart wat ‘n hoër posisie moet inneem as die Here self nie. Ons moet ons prioriteite regkry en ons moet eerste dinge eerste stel, soos Matt.6:33 sê: “Soek eers die koninkryk van God en al die dinge sal vir jou bygevoeg word”
3) Hiskia het die regte benaming vir die goed gegee:Vs.4
” En hy het dit Nehustan genoem” Dit beteken ‘n stuk koper.
Mense het hierdie koeprslang wat hy verbrysel het aanbid as god, hy het dit stukkend gestamp en dit ‘n stuk koper geneom. Daar is baie dinge wat mense vandag aanbid. Moderene afgode van ons tyd waarin hulle al hul kragte sal spandeer en hulle tyd. Statestieke sê vir ons die gemiddelde mens spandeer ses jaar om te eet 11 jaar om te werk 3 jaar om te leer 5 en ‘n half jaar om te was en aan te trek 8 jaar aan ontspanning 6 jaar om te stap drie jaar om te lees 3 jaar aan gesprekke 24 jaar aan slaap en ses maande om die Here te aanbid. Wat is ons prioriteite. Hoeveel tyd spandeer ons voor ons moderene afgode. Hoeveel ure spandeer ek voor die Televisie om sport of nuus te kyk of wat ookal. Hoeveel tyd spandeer ek op my knieë om die Woord te bestudeer.
Hoeveel tyd spandeer ek om my te bekwaam, vir my sport wat ek beoefen hoeveel tyd spandeer ek in die Woord. Dit is jou gode wat die passie van jou hart beheer.
4) Vertroue in die regte persoon Vs.5
“Hy het op die Here die God van Israel vertrou.”
Alle ander reformeerders het hulle krag uit dieselfde bron geput. Savonarola, Luther, Knox. Heiskia se reformasie was sosiaal asook godsdienstig. Hy het die harte van die mens e teruggekeer na die Here maar hulle ook verlos van sosiale verdrukking. Hy wat in sy eie vermoeë glo is ‘n dwas.
5) Hy het die regte pad bewandel Vs. 6
“Hy het die Here aangehand sonder om van Hom af te wyk”
Daar kan nie ‘n aanhang wees, sonder om die verordeninge van die Here stiptelik na te kom nie, want Sy teenwoordigheid beteken vooruitgang. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Onms kan nie vooruitgang in ons geestelike lewe sonder om die Woord te gehoorsaam nie. Ons kan nie die Here behaag sonder om ‘n heilige lewenswandel te hê nie. As iemand agter My wil aankom sê die Here Jesus moet hy homself verloeën en my volg. Dit is altyd ie veiligste in die senter van God se wil. Waar Hy my lei, want Hy lei my na waters waar rus is. Die Here is nie begaan oor my gemak nie, maar in my karakter. Soms is die storms Sy wil vir my in my lewe, omdat die storms my worstels laat diepste kry. Soms is dit swaar tye wanty dit is waar ek leer om op die Here te vertrou.
6) Hiskia het die regte sukses gesmaak: Vs.7 “En die Here was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig”.
Daar kan geen mislukking wees as Hy met ons is nie. Al die goddelose voorspoed is hooi, stoppels en hout. Dit eindig in die oë-verblindende rookwolk en ewige teleurstelling. Die sukses wat vrug dra is dit wat deur geloof in Hom voortspruit. Hy wat by magte is om vêr bo dit te doen as wat ons vra of verwag. As ons in Hom is, dan sal Hy met ons wees. En deur Sy Woord dit bevestig wat Hy in en deur ons doen. Ware sukses is altyd in lyn met die wil van God. Om onsself in Sy wil te verlustig is om die moeitevolle arbeid van Sy leiede te sien en daardeur versadig te word.
7) Hy het die regte onafhanklikheid
getoon: Vs.7
” Hy het in opstand gekom teen die koning van Asirieë en hom nie gedien nie”.
Die man wat mees afhanklik van die Here is is die minste afhanklik van die mens. Dit het tyd geword dat ons nie meer dinge van die vlees of die duiwel te behaag nie, maar al ons kragte inspan om die Here te behaag.
Ons moet opstaan teen ongeregtigheid en teen hierdie liberale invloede wat ons lande deurspoel, ons moet opstaan teen die goddeloosheid in ons eie dorp wat ons geinfiltreer het en one moet ons standpunt inneem vir die Here Jesus om die koninkryk van God te bevorder. En dit het tyd geword dat ons ons stemme laat geld teen dit wat verkeerd is.
Want Hy wat in ons is is groter as wat hy wat in die wêreld is. Want ons is die diensknegte van Hom wie ons gehoorsaam. Daarom moet ons onsself aan die Here wei en vir enige ander heerster sê soos die 3 Hebreeuse jongmense gesê het aan die koning van Babilon “Laat dit aan u bekend wees dat ons nie u gode sal aanbid nie”
8) In tyd van noot het hy die regte ding
gedoen .
In die hele tweede helfte van die hoofstuk sien ons hoe die vyand probeer om twyfel te bring onder die mense. Moenie na Hiskia luister nie( Moenie die Here met ‘n volkome hart die nie) Hy sal julle nie red uit die hand van die Aseriers nie. Gee oor en julle sal oorvloed hê. Kan julle die strategie van die duiwel hoor. Moet net nie die Here met ‘n volkome hart dien nie dan sal dit beter gaan. Maak net bietjie kompromie, moenie te nougeset wees nie, gee net bietjie toe.
a) Hy het homself verootmoedig.
2Kon.19:1 hy het sy klere geskeur. Hiskia het besef dit was ‘n aanval op die eer van die Here. Ons staan op die voorgrond van die wederkoms van die Here Jesus, ‘n tyd van afval, ‘n tyd van laster, van godeloosheid van morele losbandigheid, van materielisme, van wereldsgesindheid, van korupsie, van bandeloosheid.
Vir Hiskia het die eer van die Here saak gemaak.
b) Hy het gebid.
v14 en Hisjia het dit voor die aangesig van die Here uitgesprie. verder het hy die Here ge eer en hom op die HERE BEROEP.
c) Hy het die magtige oorwinning van die Here aanskou.
Die Engel van die Here het die aan
185 000 manne verslaan.
OUR GOD IS MARCHING ON!!!
****************************