HINDERNISSE IN DIE GEESTELIKE LEWE:

INLEIDING:

In die verhaal van John Bunyan: “Pelgrim se reis na die ewigheid” vergelyk John Bunyan die Christen se lewe met ‘n reis vanaf die stad van verwoesting tot by die ewige heerlikheid.

Die gedagte is dat ons vandag na ons lewens sal kyk en sien watter struikelblokke of hindernisse daar is wat u en my verhinder om by die volheid van die Here uit te kom. Daar is beslis ‘n hoër en voller lewe waarin die Here Jesus ons wil lei as wat ons tans ken, ‘n lewe van oorvloed wat die Here Jesus vir ons in Joh.10:10 belowe.

Jes.64:4 Sê Jesaja vir ons: “Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.”

1) KOM ONS KYK NA DIE EERSTE HINDERNIS IN ONS LEWENS: ONGELOOF:

In Jes.57:14 lees ons die woorde: “Vul op, vul op, berei die weg, ver-wyder die struikelblokke uit die weg van my volk.”

In die dae van Jesaja was dit die gebruik dat voordat ‘n koning ‘n dorpie sou kom besoek sou daar reeds weke voor die tyd mense wees wat die plek skoon en netjies gekry het. Werkers sou die paaie regge-maak het, om seker te maak dat die koning en sy gevolg tevrede sou gewees het met hulle dorp.

Die Midde Ooste omgewing in bekend met sy valleie, met skielike klein koppies wat voor jou veskyn. Krak wat in die berg rotse onstaan het gevaarlike gevolge waar van die rotse tot in die dorpe sou beland het. Sonder die toersuting van vandag was die paaie dan versper gewees.

As die koning nie die pad genoegsaam voorbereid gevind het nie, sou hy die dorpie net bloot verby gegaan het, sonder dat die dorpie die seën van die koning ontvang het.

Die Here het Jesaja geinspireer om juis hierdie gedagte by die volk tuis te bring, om ‘n ander les by hulle tuis te bring. In hierdie prentjie is dit duidelik dat die Here Sy kinders opdrag gee om hulle paaie skoon te maak sodat Hy ons kan kom besoek.

Die Here vra dat die sturikelblokke van Sy volk verwyder moet word. Hy wil geen struikelblokke hê wat Sy pad kan verberg nie, Hy wil ons in Sy teenwoordigheid kom besoek.

Kom ons kyk na ‘n paar struikelblokke wat verwyder moet word om die volheid van die Here te smaak. Ons hoef nie te twyfel of Hy vir ons die werk gaan doen nie, Hy is magtig om te doen ver bokant wat ons vra of verwag.

Die vraag is, of ons saam met die Here gaan saamwerk om Hom toe te laat om die werk vir ons te doen.  Daar is basies 5 hindernisse waarna ons gaan kyk.

Jes.43:10 Gee vir ons duidelik deur dat ons ‘n Here het wat ons ken.  “Julle is my getuienis, spreek die Here en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie”

Die heerlikheid wat ons het om te weet dat Hy ons ken, geen aan ons die vrymoedigheid dat ons Hom kan glo.

Die grootste probleem om die Here te glo is ongeloof. Ons praat nie daarvan om van die Here te weet, maar om die Here te glo.

In Gen.15:6 en Rom.4:3 kry ons die lewe van Abraham.

“En hy het in die Here geglo; en dit het hom tot geregtigheid gereken.”

Ons sien dat beide die O.T en die N.T. dieselfde beginsel geld. Die woord vir geloof in die O.T. (Hebr) “Aman” beteken om sterk te staan , of om die toets te deurstaan, of om te vertrou, of te glo. Die woord word dikwels vertaal as ‘n gelowige, of getroue.

Die Griekse of N.T. woord is “pisteo” wat as ‘n sterk oortuiging in dit war ek glo, en is gekoppel aan die gedagte van hoop met ‘n sekere verwagting. Die oorsprong van die woord is aan geloof gekoppel.

In beide die Testamente is geloof en vertoue aan mekaar gekoppel.

Om hierdie begrip te verstaan kom ons kyk na:

In Mark.9:21-24 lees ons van die die seun wat maansiek was.

Hier sien ons ‘n pa wat wanhopig is en tog hoop dat daar verlossing vir sy kind sal wees. In vs.23 sê die Here Jesus aan die pa as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Die regte antwoord help nie veel vir ‘n vertwyfelende hart nie. Die vader kon in die teenwoordgheid van die Here Jesus nie anders as om sy hart eerlik bekend te maak nie.

Vs.24 Ek glo Here, kom my ongeloof te hulp.

Die woord vir ongeloof wat hy hier gebruik is die woord “apistos” wat beteken dat hy nie werd is om vertroue te hê nie.

Wat leer ons uit hierdie les: Ons kan van die Here glo aangaande die waarhede van die Skrif sonder om in Hom te glo.

U sien ongeloof sal my geestelike lewe mank laat lê, dit is soos groot klippe wat in die pad is.  2 Kor.5:7  Hebr.11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag”

“Want ons wandel deur die geloof en deur aanskouing nie.”   

Die woord wandel verwys daarna dat daar nie twyfel in die hart is nie.

Dit kan wees dat jy reeds lank in jou lewe worstel oor aspekte in jou lewe, of jy weet werklik nie wat jou terughou in jou geestelike lewe nie, Jou benadering mag wees, as U iets vir my kan doen, doen dit, dit is nie geloof wat spreek nie. Glo die beloftes van die Here.

As jy dieselfde probleem het as die pa met die seun, spandeer tyd op jou knieë en vra die Here om jou ongeloof te oorwin.

2) DIE STRUIKELBLOK VAN TROTS:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00