HERLEWING: KEN TERHOVEN: 1) DIE BELOFTE VAN HERLEWING:
Ps.85:6 “Will you not revive us again,
That your people may rejoice in you.”
2 Kron.16:9 “want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om die-gene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is: “
Dit is die uitroep van die ware kinders van die Here, deur die eeue heen. Daar is ‘n behoefte aan ‘n geestelike wakkerword en ‘n in-grype deur die Here self. Daar is sekere eienskappe wat aan alle her-lewings gekoppel is. As ons saam met Dawid sal uitroep sal die Here ons verhoor.
In die 18 de eeu toe Brittanje die tyd van uiterste donkerheid beleef het, en die land in ‘n bloedbad van revolusie gedompel was, iets soortgelyks soos die Franse revolusie, het baie mense hoop opgegee.
Dronkenskap en imoraliteit, diefstal, bedrog het Brittanje uiters plof-baar gemaak. Daar was net ‘n paartjies wat ernstig begin bid het, wat teen die einde van daardie eeu verhoor was, toe die hele volk in ‘n magtige herlewing gedoop was, wat die kerke gevul het en produk-tiwiteit en voorspeod die land getref het. Lewens was verander huis-gesinne en gemeenskappe was aangeraak, en het die kinders van die Here weer eens hulle verbly in die Goddelike besoeking vanuit die hemel.
Die herlewing van 1786-91 was gekenmerk vir die draai van die land Dit was in 1786 dat Sondagskool begin het, onder Wilberforce en die begin van die vrylating van slawe. Dit was ook die begin van die William Carey sendingwerk.
1786 Het Helperus van Lier by die Grote Skuur aangekom in Kaap-stad en hom vir 7 jaar in die bediening daar toegewy, hy het op 29 jarige ouderdom gesterf. So kan ons voortgaan en vertel van een na die ander gesant wat hulleself gegee het en hoe die Here magtiglik gewerk het.
Sommige dink dat herlewing ‘n instinktiewe resep van kerkgroei is, maar mense bly steeds in sonde leef. Herlewing is die Here se sorg vir Sy eer, en ‘n natuurlike gevolg van die uiteelf van die voorwaar-des van die Woord van God. Die asem van die Here moet kom om die doodsbeendere weer te herleef.
Dink aan Andrew Murry snr. wat nagte voor die Here geween het vir siele en sy seuns die gevolg van sy gebede gesmaak het.
Met die 1858 herlewing was die kerk so gepak en plekke so gevul met die teenwoordigheid van die Here dat mense gered geword het sonder om in ‘n diens te wees, en het hulle heiligheid verstaan sonder dat iemand iets aan hulle verduidelik het.
In Noord Ierland het ‘n paar boere bymekaar gekom en die Here het die hele dorpie gevul, met Sy teenwoordigheid.
1859 Was daar ‘n brief vanuit Stellenbos gestuur aan alle Christene in Suid Afrika, met ‘n oproep om te bid. Andrew Murry het die boekie Krag van gebd versprei, en teen 1860 het daar ‘n diepe honger na die Here onstaan. Daar was deur van die leiers, Neetling, Hofmeyer, en John Murray ‘n saamroep gereel by Worcester in April. Drie honderd en sewentig was teenwoordig en was diep onder die oortuiging van sonde. Soos die verslae van Sy genadebesoek in-gekom het, het vele in gebroke dankbaarheid die Here geëer.
Die eerste bewegings het in Motequ begin. Jemes Cameron ‘n Metodis skrywe in sy verslag in 1860 hoe die Here neergedaal het en daar daagliks bidure was en mense gehonger en gedors het na die teenwoordigheid van die Here.
Hierdie ontwaking was gekenmerk deur ‘n diepe oortuiging van sonde, en mense wat hulle lewens met die Here regemaak het.
2) DIE DOEL VAN HERLEWING:
In Jes.64 vs.1 roep Jesaja dit uit: “Ag as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal dat die berge mag wankel voor U aangesig. As U maar wou neerdaal.
Dit is ‘n uitroep wat baie selde vandag gehoor word.
1) Daar is geen visie van verlore siele nie, en ‘n heilige God, of die moontlikheid dat die Here ons kan besoek nie.
2) Daar is min lering oor hierdie onderwerp en mense weet nie dat dit die plan van die Here vir die mens is nie, en baie word oningelig gelos, van wat die Here begeer om te doen, en wat Hy belowe om te doen.
3) Ons het lou gemaksugtig geraak, omdat ons nie tye van besoeking meer ken nie, en daarom het ons onverskillig geraak.
4) Ons het verwar geraak rondom die doel van herlewing, en onseker in ons verwagtinge geraak.
Daar was jare gelede ‘n span wat byna onoorwonne was in hulle prestasies en soos altyd kom daar ‘n tyd dat die piek verbygaan omdat die afrigter getrek het. Daar is mense wat langs die bed van ‘n geliefde kind sal staan en verwag dat die kind weer moet herleef. Ons verstaan die betekenis van die woord, en tog verstaan ons nie die geestelike betekenis van hierdie woord nie.
Sommige dink dat herlewing met aktiwiteite verwar word, ander met evangelisasie of met opgewondenheid en manipulasie verwar. Dit is ‘n genadige besoek van die Here self. Dit word deur die Here beplan, geinisieër, gegee, beheer, en die Here word deur alles verheerlik.
Geen mens sal enige krediet daarvoor kan neem nie, of dit organi-seer nie, of beheer nie. Dit is totaal die hand van die Here wat in beweging kom.
Die Here wil tog hê dat ons onsself moet voorberei sowel as ons gemeenskap en Sy Woord bly gestant tot Sy volk.
2 Kron. 7:14 “As My volk oor wie My Naam uitgeroep is, hulle ver-oodmoedig en bid en bekeer, dan sal ek uit die hemel hoor, en hulle sondes vergewe en hulle land genees.”
Evangelisasie is ‘n uiting van die kerk, maar herelwing is ondervin-ding binne die kerk.
Duncan Cambell noem dit ‘n doping met heiligheid, en ‘n uitlewing van goddelike lewens. As ons God bewus gaan begin lewe, sal ons Goddelike vertroue hê, wat ons voor die Here sal bely, wat ‘n oor-tuiging sal bring, van sonde en van ‘n heilige God.
Samuel Chatwick bid dat die kerke nie deur manne bestuur moet word nie, maar deur die Here, anders sal die liggaam van die Here Jesus stagneer.
Met elke herlewing was die kerk terug gebring na geestelike reali-teite. Daar was ‘n liefde vir die Woord van God, en vir siele, en ‘n heilige liefde vir die Here.
DOEL: VERANDER TE WORD
NA DIE WIL VAN DIE HERE:
Leonard Ravenhill sê: Die tragedie van die tyd is dat daar te veel dooie predikers in die preekstoel is, wat te veel dooie boodskappe bring, aan te veel dooie persone. Dit is om toe te laat dat ons aan andere sal doen wat ons verwag dat hulle aan ons moet doen.
Die Here wil nie hê dat sommige verlore moet gaan nie maar dat almal tot bekering moet kom. 2 Pet.3:9.
Want dit is die wil van die Here, julle heiligmaking. 1 Thess.4:3.
Nie my wil nie maar U wil geskied. Luk.22:42.
‘n Mens gemaakte godsdiens is aan die orde van die dag. As herle-wing kom sal die lewe van die Here elke aspek weer in regte pers-pektief bring.
Wesley se herlewing het ‘n vakman by sy huis gekom en sy vrou gered gesien en op haar begin slaan en gevloek, terwyl hy haar geslaan het, het hy haar herhinder dat hy ‘n lid van die kerk was en dat hy godsdienstig was. Hy neem ‘n slagtersmes met die doel om Wesley dood te maak, en regoor Engeland gereis om hom te soek en dood te maak, en vind hom uiteindelik in Kensington Common in London. Terwyl hy deur die skare beweeg om Wesley te wil dood-maak en sy hand op die mes rus, kom hy onder oortuiging van sonde, terwyl Wesley hom in die oë kyk. Nie wetende dat die man hom wil doodmaak nie sê hy: U is die man.
Nelson het op die grond geval en uitgeroep om genade. Hy was die eerste leke prediker van Wesley se bediening.
Sy hele lewe het verander en dit is die doel om ons na die wil van die Here te verander. Die eerste doel van herlewing is om ons te veran-der na die wil van die Here. Dan tweedens sal ons konstant word in ons wandel met die Here.
‘N KONSTANTE CHRISTELIKE WANDEL.
Dit verklaar sonde. Die meeste van ons leef ‘n onder gemiddelde Christelike lewe. Voor die herlewing in 1904 was Wallis ‘n siek land Die kerke was leeg, en was Christene ontmoedig. Gebedstye was nie ontmoet nie, dronkenskap en kriminele oortredinge was aan die orde van die dag. Christenskap sal eens en vir altyd sy vuur dra as daar net ‘n paar Christene herleef. Die herlewing het soos ‘n veldbrand versprei. Die koerante het verklaar:
Dat streke in die greep van die Here was, en mense tekens van ont-spannenheid openbaar, kerke het verenig, bidure het vol geloop, sommige dienste het tot agt ure geduur, met geen sessie van gebed of sang nie. Uit die lippe van die nederiges het daar net versoeke gekom wat harte geskud het en het dit gelyk of aardse dinge nie meer saak gemaak het nie. In die strate en treine, in die huise en by die werk was dit die tema van gesprekke, die Here in hulle midde.
Wys dit nie op ‘n konstante Chritelike getuienis nie. Om tot die Here verander te word, en die begeerte om die verlorenes te bereik is ons doel. Die oortuiging van sondaars en die uitreiking na andere is ‘n byproduk van herlewing.
1859 Was met die koferensie by Worcester besorgd oor die redding van menigde siele nie, maar die honger van elke siel was die herle-wing van elkeen se eie hart, en vir die herstel van elkeen se eie geestelike toestand. Kort daarna het die Here begin werk in Motagu deur die Metodiste prediker nadat hy en die N.G prediker saam gebid het. Ongereddes het na die Here begin vra, en het kort daarna mense van ooral begin kom om dit te sien.
In die jeugsaal by Andrew Murray se kerk het jongmense liedere opgegee en het die plek skielik gevul geword met die teenwoordig-heid van die Here, sodat Jan de Vries vertel dat dit soos ‘n vloedgolf hulle getref het, en drie jaar later sal hy steeds nie kan vergeet wat gebeur het nie.
Kort hierna het groepe begin deur die land beweeg en die evangelie aan die mense gebring. Suid Afrika was deur hierdie vloedgolf ge-raak gewees.
3) DIE PATROON VAN HERLEWING:
Die woord herlewing maak die harte wakker vir ‘n behoefte na die Here. Wat is dit. Dit is ‘n evangeliese beweging van die Heilige Gees wat in die N.T. tyd die individu en dan gemeenskap raak, dit mag ook ‘n gemeente raak of stad of selfs ‘n distrik, en selfs wyer.
Dit raak die kerk wat weer herleef, en die wakkerword van Christene en dan die massas, en elke keer word die kerk geraak om te gaan evangliseer, en mense in die geloof te leer, en om sosiale gedrag in lyn met die Woord van die Here te staaf. – Edwin Orr.
Onrus en teenstand is aan die orde van die dag, verskille en koudheid en formaliteit onder die kerke en geloofs belydenisse dui op ‘n ge-brek aan geloof. Dit is altyd gedurende sulke tye dat klein groepe herleef, deur die las van die hart van die Here op hulle harte te dra, in erkentenis dat die mens nie by magte is om die situasie te verander nie, die Here moet in Sy soewereine krag werksaam wees. As sulke mense begin om te buig, kan die Here begin nader kom, soms word daar vir jare eers gebid voordat die beker van verhoring gevul is.
Finney ‘n geharde prokureer, was in 1824 gebore, en direk na sy bekering het hy begin te preek. Father (Abel) Nash, het saam met Finney beweeg en vooraf gebid in plekke waar Finney die dienste moes hou. In die plekkie Evans Mills in New York het Finney 20 keer gepreek sonder enige reaksie, na dae van gebed het hulle die laaste diens aangekondig en was die resultate finominaal: die hele dorpie het gered geraak.
A.g.v. hierdie besoeking het die herelwing vuur soos ‘n veldbrand versprei, en het streke onder oortuiging van sonde gekom. Die liberale kolledges het gered geraak, Hulle kon nie meer klas gee nie omdat die studente so onder sonde oortuiging gekom het en hulle tot die Here bekeer het. Finney het Engeland besoek: William Wilberforce het gered geraak en was deur hom slawe vrygelaat.
In 1857 Jeremia Lanphier het hy met die N.G Kerk in New York. Die kerk se ledetal het uitgesterf, kopudheid het die kerk bereik en was daar ‘n sorg oor die behoefte van die kerk en het hulle besluit om ander te nooi om te deel aan hierdie las, en het spesiale tye van gebed gereel, een maal ‘n week.
Die eerste byeenkoms was daar net ses mense, die volgende Woensdag het 20 gekom, die week daarop 40 en binne ses maande 10 000 bymekaar gekom on te bid op ‘n Woensdag. Binne twee jaar was daar 1 000 000 gereddes by die kerke gevoeg sonder dat die meeste van hulle ‘n diens gehoor het. Gebede het volgehou totdat die herlewing die hele Amrika bereik het.
Soos verslae ingekom het deur dit wat in New York plaasgevind het het daar ‘n herlewing wat die hele geskiedenis van Noor Ierland verander het, uitgebreek. ‘n Jong man met die naam van McQuilkin in die vallei van Kells naby Ballymena het die lewensverhaal van George Muller gelees en gesien watter wonderlike dinge die Here vir hom gedoen het McQuilkinsê: Waarom mag ons nie so iets ondervind nie, as Hy dit vir Muller kon doen kan Hy dit vir ons doen.
McQuilkin en ‘n paar ander Christene het elke aand begin saam bid in ‘n plaasskuur. Op 14 Maart 1859 het hulle die grootste kerk gehuur in die omgewing vir ‘n diens. Daar was so ‘n geweldige opkoms dat die gallery gevrees het om in te stort, en moes verskeie huis toe wys. Hulle het in die strate bymekaar gekom en leke preikers het sommer daar begin preek en oor die 3000 het in die koue reën gestaan en luister na die Woord van die Here. Daar was so ‘n oortuiging van sonde dat honderde net daar in die strate op hulle knieë geval het en tot die Here begin roep het.
Die volgende dag het ‘n skool onderwyser die gesnik van ‘n kind in die klas gehoor en vra wat sy probleem was: Die kind het uitgebars en geroep dat hy gered wil word. Die onderwyser vra ‘n geredde kind om die kind huis toe te neem en te help om gered te word. Net daar in die skool red die Here die kind. ‘n Uur later hoor moeders die gesnik van kinders, en het gehaas om hulle manne te kry . Die hele skool was op hulle knieë, op die speelgronde besig om tot die Here te roep, om hulle te red. Ouers het langs hulle kinders gekniel en het die hele dag daar gebly. Die hele dorp was geraak deur die besoek van die Here.
Teen Mei 1859 was die hele Noord Ierland geraak en het koerante op die voorblad verslag gegee van wat die Here in Sy genade kom doen het. Belfast was so geraak dat die kerke vir ‘n gesamentlike diens gereel het. Bidure was tot 20 000 mense en by elke biduur het mense gered geraak. In een van die sale was daar oor middagete oor ‘n 3 000 mense bymekaar met ‘n gemiddeld van 100 wat in die bidure gered geword het. Daar was gereken dat binne ses maande 100 000 mense gered geword het.
Dit begin alles wanneer iemand die nood sien dit begin aanspreek en die Here aan Sy verbond begin herhinder, en hulleself voor die Here begin veroodmoedig en ander begin saamroep om te bid.
a) Laat ons: DIE NOOD RAAKSIEN:
Laat ons met ons eie lewens begin, en familie en die kerk en besighede.
b) DIE SITUASIE EVALUEER:
Gaan dinge beter of slegter raak. Hoe sal ons hierdie situasie kan beantwoord.
c) BID VIR HERLEWING:
Besprekinge, debatte, en oproepe tot gebed sal niks verwerf nie, totdat ons waarlik begin om te bid. Ons mag klein begin, maar laat ons beghin.
d) MOEDIG ANDER AAN OM SAAM TE KOM BID:
Roep die saam wat eenders voel en gewillig is om die prys te betaal.
e) LAAT ONS ONS VISIE VERNOU:
Moet nie regoor die wëreld bid nie, maar laat ons by onsself begin, en ons kerk en ons gemeenskap.
f) NEEM DIE HERE OP SY WOORD:
Bestudeer die Woord van die Here, en eis SY beloftes, as die Here sê dat Hy dit sal doen verwag Hom daarvoor en hou Hom daarvoor vas.
Dit is waar die Here sal kan begin werk as ons daar sal begin.
11 Kor.7:14.
4) DIE PITIESIE VIR HERLEWING:
Herlewing kos iets, en is baie selektyief in die begin. Die Here soek na ‘n man en ‘n vrou wat bereid sal wwes om die prys te betaal. Gebed speel altyd ‘n belangrike rol in herlewing, daarmee saam kom berou en ‘n visie. Spreuke 29:28 “As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos, maar hy wat die wet onderhou, gelukkigis hy.”
Dit wys vir ons dat menigde sterf rondomons, omdat ons as Christene nie ‘n visie het nie. Is koester in ons nessies, gerus en gelukkig, en ons hou ons dienste, en bring ons boodskappe, en neem een of ander vorm van klasse, en dink so min aan die duisende wat sterwend is.
Elke eeu het sy herlewing, omdat daar mense is wat afvallig leef, en dan is daar die wat ‘n visie van die Here ontvang. Hulle sien die Bybel in die belang van die Here, duidelik en beslis. Hulle handel daarop en sien die effek wanneer die Here begin werk. Niks anders as ‘n Godgegewe herlewing sal ons probleme oplos nie. Sonder her-lewing is daar maar min wat van kerk sal oorbly.
Ooral begin mense oor die wêreld tot die Here uitroep vir ‘n genade besoek van die Here. Gaan hierdie gebede onbeantwoord bly. Wat gaan dit ons kos om hierdie gebede beantwoord te kry. Wanneer het ons ‘n herlewing nodig?
DIT IS ‘N VERLIES VANONS EERSTE LIEFDE:
Kan u onthou hoe u gevoel het, net na u redding. Alles was wonderlik. Jy het die liedere lief gehad, die koortjies, die boodskap-pe, en om met ander te praat oor die Here het jou hart aangegryp. Hoe bly was jy nie om iets vir die Here te doen nie. Hoe het jy nie Sy Woord gelees nie, wat van vandag. Het daardie eerste liede weggekwyn?
‘N VERLIES AAN DIE LAS VIR ‘N
VERLOREGAANDE WêRELD:
Dit is moeilik om in hierfdie wêreld te leef wat so stukkend geslaan is deur sonde, van haat en wanhoop, en onrus. Hoe kan ons nie oor ons eie lewe besorgd wees nie, en vir die wat vir die hel bestem is. Ons het elders met ons lewens kompromie gesluit.
Herelwing is die normale N.T. lewe. As ons nie meer ‘n las vir ‘n verloregaande wêreld het nie, is ons nie meer kerk nie.
ONS HET ONS ERNS VIR GEBED VERLOOR: