HERLEWING IS NODIG, IS MOONTLIK, IS BELOOF: ESEG.37:1-10.
INLEIDING:
As daar een gebed is wat meer as enige iets anders vanuit die harte van die wat in kontak met die Here is, is dit die God geiinspireerde uitroep wees nl.: “Come…O Breath, and breath” Vs.9
As ons van ‘n geestelike besoek van die Here praat sal dit goed wees om dit onder die volgende vyf punte te sien soos in die gesig van Esegiël.
1 Pet.4:17-18 “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by
die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God gehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaars verskyn?”
Hebr.10:26-27+31 “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die
kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting oordeel en ‘n vuurgloed wat die teënstanders sal verteer”
“Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God”
Daarom die uitdaging teenoor Esegiël:
1) DIE HAND VAN DIE HERE WAT OP ONS LEWENS MOET
WEES: Vs.1
Daar moet eers ‘n duidelike getuienis van redding wees alvorens ek die hand vand ie Here op my kan smaak, en dan moet daar die dieper werking van die Gees van God wees waarin Hy my reinig sodat die salwing van die Heilige Gees op my lewe kan rus.
Vir die nood wat in ons lewe, vir die verskriklike vloedgolf van sonde wat ons tyster is dit nodig dat u en ek naby genoeg aan die Here moet leef, dat ons onder Sy bewustelike teenwoordigheid moet leef.
1Pet.5:6 Sê: Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd”.
Trots weerhou die vloedgolf van die hemel om ons te besoek. Trots aangaande onsself, ons organisasie, of kerk se pogings, ons regsinnig -heid, ons heiligheid en ons werke. Trots is ‘n teken van geestelike doodheid en nie van lewe nie.
2) ONS MOET DIE NOOD VAN MENSE OM ONS SIEN: Vs.2
Dit is alleen in die tyd wat ons in die teenwoordigheid van die Here sal verkeer dat ons die nood van mense om ons sal sien. Vs.1. Ons sal besef dat “daar ‘n groot menigde” mense is wat “geestelik baie droog is” . Die mens is nie net geestelik uiters arm nie.
Openb.3:17 “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en are en blind en naak is nie”
Dit is met hierdie staat wat die Gees van die Here met ons as ‘n gemeente mee moet deel.
3) ONS MOET IN GEMEENSKAP MET DIE HERE LEEF: Vs.3
“Toe sê Hy vir my…kan hierdie bene lewendig word. En ek antwoord: Here Here U weet dit” Vs.3
Wanneer ons die onsettende droeë toestand van ons mense besef sal ons na die Here in benoudheid vlug in smarte van my siel en Hom hoor tot my spreek en sal ek tot Hom roep vir ‘n ganade besoek vanuit die Hemel. Is dit nie Jes. wat uitgeroep het nie:
“Ag as U maar die hemele wou skeur”
4) GEHOORSAAMHEID: Vs.7
“Toe het ek geprofeteer soos my beveel was”
Gehoorsaamheid is hoër en heerliker as allerhande offers wat ek bring. ‘n Bereidwilligheid om te doen en te sê net wat die Here alleen van my verwag, beweeg u en my om wondere vir die Here te verrig.
Ek kan nie verwag om ‘n lidmaat van die kerk te word, en passief aan te gaan in my lewe nie. U moet uself bereid verklaar om te sê: dat ek alles van harte sal doen asof vir die Here Jesus , en so bietjie offers te bring om die bidure en die onderlinge byeenkomste van die gelowiges by te woon. Hoe klop u hart vir ons Heiland.
5) ONS MOET TOT DIE HEILIGE GEES ROEP OM ONS TE KOM BESOEK: Vs.(5-10;14)
Dit was die “Asem” wat die lewe en die opstanding gebring het. Wil u hemel toe gaan, wil u met krone in u hande staan en die goeie mooi so en getroue dienskneg van die Here hoor. Kom dan en stel sake reg wat tussen u en die Here ingekom het. U het na allerhande influister-inge van die duiwel geluister en gedoen wat mense behaag, en nie dit wat die here van u verwag nie. Kom gee u lewe aan die Here oor, dat Hy kan begin werk.