HERLEWING: HAB.3:2“HERE ROEP U WERK IN DIE LEWE (LAAT DIT HERLEEF) IN DIE MIDDE VAN DIE JARE”

INLEIDING:

Waneer die kerk afvallig geword het, is dit nodig dat so ‘n kerk weer moet herlef. Dit is die enigste oplossing in sulke tye. Die wat weer-gebore is moet weer hulle eerste liefde ontdek, en daarheen terugkeer. Daar moet ‘n beslisde keuse wees om afstand te doen van alles wat koudheid in die siel gebring het, alle goddeloosheid en boosheid.

Voordat ons weer die Here sal gehoorsaam moet daar weer ‘n deeglike ontwaking plaasvind. Dit gebeur deur doelbewuste wêreldse begeertes afstand van te doen, en alles wat my verhouding met die Here blokkeer wegwys.

Juis hierom moet die Here ons weers sensitief maak en die skuldgevoel van sonde weer wakker maak. Vleeslike begeertes waar-in ek myself behaag moet kruis toe gaan sodat die teenoorgestelde begeertes nl. die na die Here weer in my wakker gemaak moet word.

Hierdeur sal die mag van wêreldse begeertes gebreek en word ek vrygemaak om die Here te gehoorsaam.

Daar bestaan dikwels ‘n behoefte aan herlewing in die kerk, maar in die laaste tyd leer die Bybel dat die kerk wakker gemaak word, en dan weer aan die slaap raak en weer wakker word en weer slaap. Laat die Here ons help dat ons sal opstaan en weer ons lewens aan die Here sal weggee. Wanneer die Here herlewing bring sal dit nie vir predikante nodig wees om hulle af te sloof en om voortdurend wal te gooi teen die vloed van wêrelds gesindheid wat die kerk voortdurend tyster nie.

Die volgende is belangrike kenmerke van geestelike herlewing:

• Herlewing lei daartoe dat Christene onder sonde oortuiging kom. Mense wat aanspraak maak dat hulle gered is en teruggeval het sal nie ontwaak om die Here te dien, tensy hulle nie hulle harte sal deursoek nie. Die mag van sonde moet gebreek word.

• Christene bekeer hulleself opnuut van sonde wat lei tot ‘n nuwe begin van gehoorsaamheid aan die Here. Met gebroke harte moet Christene diep in die stof buig en hulle sondes bely en daarvan afstand doen.

• Herlewing breek die mag wat die wêreld en sonde oor die mens gehad het. Hulle kry ‘n nuwe visie en ywer vir die Here en ‘n nuwe begeerte om die Here met ‘n volkome hart te dien.

• Geloof van Christene word herstel. In my teruggevalle toestand is ek blind vir my toestand van sonde. Harte is verhard en die beloftes van die Bybel is nie meer ‘n lewende realiteit vir my nie. Hoewel ek nog erken dat die Bybel waar is, het ek nie daardie onwrikbare geloof wat die ewigheid waarneem nie. Wanneer ek ontwaak word ‘n nuwe ywer om die verloregaande wêreld te bereik uitgestrot. Hulle beywer hulle vir die redding van siele en dra hulle bure en familie, vriende, en vyande in arms van geloof na die Here toe. Daar onstaan ‘n gebedslas en sal ek in trane en ywer vir siele begin bid.

• Wanneer ‘n klerk op hierdie wyse ontwaak sal sondaars daarvan hoor en sien en sal begin inkom. Verlorenes se harte word gebreek en deur die Here Jesus verander. Die grootstse afvalliges kom na die Here Jesus toe, prostitute, alkoliste en skeptici ontwaak, en word gered. Die mees verharde deel van die samelewing word sag en vir die Here gewen.

Wanneer het ons herlewing nodig?

• Wanneer daar ‘n tekort aan broederliefde en onderlinge vertroue tussen belydende Christene is. Daar is nie meer die warm liefde teenoor mekaar nie, wat bestaan wanneer ons lewendig en ywerig vir die Here is nie. Daar is nie meer die verblyding in mekaar se teenwoordigheid nie.

• Wanneer daar twis en tweespalk, jaloesie, kwaadpratery onder Christene is. Dit is ‘n bewys dat ons ver van die Here afgedwaal het, en dit yd is om ernstig te herleef. Ware Christendom kan met sulke dinge nie herleef nie. Niks bring ‘n einde hieraan soos herlewing nie.

• Wanneer wêreldsgesindheid die kerk infiltreer, is die kerk duidelik in ‘n teruggevalle toestand. Wanneer ons houdinge en optredes soos die van die wêreld raak. Wanneer ons weer wêreldse tydskrifte en programme begin luister.

• Wanneer lidmate van die kerk toenemend in skandelike sondes verval. Wanneer die kerk in die tyd ‘n slegte naam begin ontvang.

• Wanneer slegte mense oor die kerk begin te heers, en dit aftakel, moet die aangesig van die Here gesoek word.

• Wanneer die sondaars onbesorg hel toe strompel, is dit tyd dat die kerk weer moet herleef. Net soos brandweermanne wakker moet skrik as daar brand is, sal die kerk wakker moet skrik as ons die lewende realiteit van siele wat vir ewig gaan brand sal besef.

Hoe moet herlewing bevorder word?

HOS.10:12

“BRAAK VIR JULLE ‘N BRAAKLAND, WANT DIT IS TYD OM DIE HERE TE SOEK, TOTDAT HY KOM EN GEREGTIGHEID OOR JULLE LAAT ReëN”

Soos Israel is Suid Afrika ‘n boere gemeenskap en gebruik die Bybel illustrasies wat bekend is met landbouers. Wanneer Hosea Israel as ‘n terugevalle volk aanspreek, en hulle afgodediens ten strekste afkeur en hulle met die oordele van die Here dreig  gebruik hy ‘n braakland as ‘n voorbeeld. Dit is ‘n ou land wat voorheen bewerk was, maar waarin die woeste en die onbenutte toestande ingetree het. Die grond het hart geword en moet weer gebreek word voordat daarin geplant kan word. Al die onkruide ne klippe moet eers daaruit verwyder word, om dit weer vrugbaar maak.

In die geestelike sin is dit ook wat in ons harte moet plaasvind. Die ploeg van die Hemel sal moet kom om hierdie harde kors in ons harte te breek, sodat die saad, dit is die Woord van die Here met vrug in ons harte ontvang kan word. In die Bybel word die hart van die mens dikwles met grond vergelyk, en die Woord van God met saad vergelyk.

Die omploeg van die land is die proses waardeur die hart sag en ontvanklik gemaak moet word, sodat die saad kan indring, ontkiem en veel vrug kan dra.

Soms word ons harte gevoelloos, droog en hard en verval ons in ‘n woeste toestand. Dit sal geen vrug dra voordat dit gebreek en voorberei word om die Woord te ontvang nie. Dit is hierdie sagmaak proses waarna die profeet verwys het wanneer hy praat van die braak van die braakland.

Om hierdie harde grond in jou lewe raak te sien moet jy jou hart ondersoek. Baie mense dink nooit hieraan nie, hulle gee nie aandag aan hulle eie harte nie, en weet nie of hulle geestelik geod doen nie, of hulle vooruit of agteruit gaan nie. Neem tyd en gaan stel vas of jy elke dag met die Here wandel, of met die duiwel, en of jou lewe onder die heerskappy van die Here Jesus is, of onder die mag van die duiwel. Om dit te kan doen sal jy sondes moet edentifiseer en hulle neerskryf en hulle van harte bely.

Met self ondersoek moet jy al jou dade beoordeel, sodat jy die geskiedenis en ware karakter daarvan kan leer ken. Kyk na jopu verlede en bestudeer jou sondes een vir een. Moet nie so vinnig oor jou lewe blaai en dit haastig bely nie, dit is ernstige sake. Jy het die sondes een vir een gedoen, en moet jy hulle een vir een in oënskopu neem en teenoor die Here bely, en jou van harte daarvan bekeer.  Alle bande van sonde moet verbreek word.

Maak ‘n lys van sondes van versuim en van daad:

A) SONDES VAN VERSUIM:

Ondankbaarheid:

Tel al die seëninge wat jy van die Here ontvang het, waaroor jy geen of min dankbaarheid toon. Gaan op jou knieë en dank die Here daarvoor vir dit op jou lys aangeteken.

Gebrek aan liefde teenoor God:

Bely al die kere wat jy nie liefde teenoor God betoon het nie, dink hoe seer jy voel wanneer geliefdes koud en afsydig optree teenoor jou. Hulle gee meer aandag teenoor iemand anders en dryf jou tot jaloersheid. Die Here is nog veel meer jaloers teenoor ons.

Verwaarlosing van die Bybel:

Skryf die tye neer toe jy vir dae of selfs weke en maande nie die Bybel gelees het nie. Nie eers een hoofstuk gelees nie, of dit gedoen op ‘n wyse waarop ek glad nie die Here behaag nie. Wanneer jy geval het was dit omdat jy onkonsekwent was.

Ongeloof:

Lys die kere toe jy die Here gewantrou het, deur nie Sy beloftes en uitsprake te glo nie. Hy het beloof om die Heilige Gees te gee aan die wat daarom vra. Het jy geglo en gewag op die belofte om dit te verkry toe jy daarvoor gebid het.

Die afskeep van gebed:

Dit sluit al my persoonlike gebede, gesinsgebede, en bidure wat ek bloot oorslaan, asook gebede waadeur jy ‘n aanstoot was vir die Here.

Die geringskatting van genademiddele:

Die nietige verskonings wat ek gebruik om van dienste weg te bly, waar ek gered of opgebou moet word. Wanneer ek iets vir die Here moet doen doen ek dit sonder geloof en daar is nie inpak in my optrede of woorde nie. Die gebede is baie oppervlakkig.

‘n Gebrek aan liefde vir my bure se siele:

Dink net hoe min meegevoel ek vir my bure en familie het. Jy het toegekyk hoe hulle oppad hel toe is, en dit het jounie regtig gepla nie. Hoeveel dae het verbygegaan sonder om ernstig vir hule te bid.

Belangloosheid vir ‘n verloregaande wêreld:

Jy gee so min vir siele om dat jy nie eers ‘n sending tydskirf of boek sal lees nie. Tot hoe ‘n mate is jy bereid om by sending betrokke te raak. Ontsê jy jouself onnodige luukshede sodat jy groter bydraes kan maak vir die saak van die Here. Woon jy sending beidure by, as jy dit nie doen nie het jy nog nie ‘n passie vir siele nie.

Verontagsaming van gesins verpligtinge:

Hoe leef ek voor my gesinslede. Hoedanig is my gebedslewe, watter voorbeeld stel ek vir hulle, en watter pogings wend jy aan om hulle te verryk. Waar versuim jy jou plig.

Ontrouheid om mede gelowiges te ondersteun:

Hoe dikwels het jy jou plig versuim om ander vir die Here te versorg. Wat weet jy van hulle geestelike lewe. Gee jy om. Die Here het uitdruklik opdrag gegee om na hulle om te sien. Wat het jy gedoen om hulle beter te leer ken.

Hoe dikwels het jy gesien dat andere se liefde verkoel, sonder dat jy iets daaraan doen. Jy het gemerk hoe hulle hul pligte begin ontduik, maar jy het hulle nie in liefde vermaan nie. Jy het gesien hoe hulle in sonde verval, tog gee jy voor dat jy hulle liefhet. Dit is skynheilig-heid. Sal jy toekyk hoe jou vrou of kind in die vuur val en niks daaromtrent doen nie.

Die nalaat van self verloëning:

Ons sal enige stap neem solank ons nie onsself hoef te verloën nie. Selfverloëning is een van die hoogste pryse wat van ‘n kind van die Here verwag word.  Selfs die gedagte om gerief en gemak eenkant te skuif om dinge ter wille van die diens van die Here te doen.

Ek sal nie eens ‘n T.V. program eenkant toe skuif t.w.v. die feit dat ek vir iemand kan bid of besoek nie. Mense spandeer die geld van die Here vir tabak, en allerhande ander dinge i.p.v. gehoorsaamheid. 

B) SONDES VAN DAAD:

Behalwe wat die mens nalaat om te doen bestaan daar ook aktiewe sondes van daad, soos volgende.:

‘n Materialistiese ingesteldheid:

Wat is jou verhouding tot jou besittings? Dink jy daaroor as jou eie en behou jy die eie reg daaroor. Indien jy ‘n besittinguit ‘n gesindheid van inhaligheid behou is dit sonde en moet ek myself daarvan bekeer.

Hoogmoed:

Dink aan al die kere dat hoogmoed en ydelheid die oorhand gekry het. Wanneer jy kerk toe gaan omdat jou eie voorkoms belangriker is as jou geestelike welstand. Jy vestig graag die aandag op jouself, en verheerlik jouself eerder as dat jy die Here sal verhoog, en is daardeur vir ander ‘n struikelblok.

Afguns:

Hoe dikwles is jy nie afgunstig op ander wat beter is as jy nie. Jy kan dit nie verdra as hulle geprys word nie. Jy kry lekker as jy aan hulle foute dink as aan hulle suksesse. As jy aan hierdie duiwelse afguns plek gegee het, bekeer jou daarvan.

Kritiek:

Jy het by tye aan ander bittere woorde van kritiek uitgespreek, wat van alle liefde en genade ontdaan was. Jy veroordeel almal en skep wantroue in almal se gemoed, en vind nie oplossings vir probleme nie.

Skinder:

Jy geniet dit om onnodige en sonder rede iemand agter sy rug sleg te maak. Jy hoef nie te lieg om te skinder nie, maar jy doen dolebewus iemand skade aan, deur hom of haar in ‘n slegte lig te stel.

‘n Gebrek aan eerbied:

Hoe dikwles het jy nie oneerbiedwaardig opgetree nie. Jy het vergeet dat daar ‘n God is en toon minder respek vir Hom as ‘n aardse heerser.

Leuens:

Dit is nodig om goed te verstaan wat leuens is. Dit is enige doelbe-wuste misleiding, waarin jy die indruk skep wat van die waarheid verskil. Skryf al jou leuens neer waaraan jy kan dink. Kla jouself aan en bekeer jou hiervan.

Bedrog:

Maak ‘n aantekening van al die kere wat jy andere se belange benadeel het en aan hulle gedoen het wat jy nie aan jouself sou doen nie.

Skynheiligheid:

Dit behels nie net onopregtheid in jou optrede na buite nie, maar ook in jou gebede en belydenisse. Hoeveel keer het jy al vir iets gebid wat jy nie regtig so wil he nie. Bekly van sondes wat jy nie regtig wil laat staan nie.

Berowing van God:

Maak ‘n lys van ure wat jy nie benut nie, wat die Here jou gegee het wat jy bloot te traag was. Jy het jou talente, intelekteule vermoëns nie benut nie en geleenthede bloot laat verkwis. Sinnelose gesprekke, die lees of kyk van gemors, of bloot net niks te doen nie.

Humeurigheid:

Jou selfgesentreerdheid veroorsaak dat jy jou humeur bloediglik verloor. Dit is ‘n vorm van ondermyning van andere.

Maak ‘n deeglike lys en indien jy ‘n oortreding teenoor iemand begaan het, en die persoon is binne bereik, gaan maak met die persoon reg of skrywe ‘n briefen bely die kwaad aan hom gedoen. As jy iemand bedrieg het, maak die betaling teenoor die persoon reg.

Doen ‘n geedlike werk en doen dit nou. Deur uitstel vererger jy die saak. Bely die sondes teenoor die Here wat teenoor Hom gedoen is, en aan mense soos aan hulle gedoen. Moenie moeilike sake vermy nie. Hanteer elke probleem en kry dit uit die weg. Dryf die ploeg reguit deur die probleme. As jy die sondes nie een vir een naspeur nie, sal jy nooit die volle omvang daarvan besef nie. Niks oet oorgeslaan word nie.

Neem jou voor om onmiddelik daarmee te handel. Neem ‘n beslisde besluit om daar en dan daarmee te handel en jouself daarvoor dood te reken.

As jy dit gedoen het en jou hart is nog steeds donker, moet jy begin kyk na ander aspekte. Jy het nie met jou hele hart hierdie ondersoek gedoen nie, hou aan totdat die lig deurbreek.

Hou aan totdat jy sonder skuldgevoelens kan bid. Jy sal nooit die gees van gebed kan verkry jou harde hart gebreek is. Die Gees van God sal nie in jou woning maak totdat jy gewillig is om alles te ontrafel en alles voor die here oopgesprei het nie.

OPMERKINGS:

Nou dat ek hierdie aspekte na die Here gebring het is dit noodsaaklik dat ek die here in gebed gehoorsaam sal wees. Dit is soos  Hos.10:12 sê dat ons ‘n braakland moet braak. Al die harde grond is nou omge-keer en kan die saad nou op vrugbare grond val.

As dit nie gebeur nie sal dit nie vrug dra nie, en daar is baie vrugte lose Christene. Daar is dikwels baie uiterlike aktiwiteite maar so min innerlike diep werkinge van die Here. Met baie aktiwiteite moet alles harder en woester gaan om te kompenseer vir die innerlike diepe werk wat die Here in die hart van die mens wil doen.

Daarom dat soveel prediking vermorste pogings is, omdat die braak-land nie behoorlik gebraak is nie, sloof predikers hulleself af en bereik so min. Daar is dikwels uiterlike vertoon mar so min innerlike verandering.

Christene wat vir die Here wil werk moet hulle harte deeglik en dip ondersoek en voor die Here breek. Wanneer jy werklik voor die Here breek sal jy bruikbaar vir die Here word. Die Bybel se nie verniet dat jy jou moet bekeer en jou eerste werke doen.

OORWINNENDE GEBED:

Jak.5:16 “Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.”

Daar is twee middele wat nodig is om herlewing te bevorder nl. mense wat aan die Here oorgegee is en die geheim van vurige gebede ken, en die gewilligheid om vanuit SY teenwoordigheid te getuig.

Die Here word nie beweeg om iets te doen omdat ek so wonderlik is nie, maar gebed bring in ons ‘n verandering teweeg, wat die Here wat onveranderlik in ons kom werk.

Wanneer ‘n sondaar hom bekeer maak die toestand van sy hart dit moontlik vir die Here om hom te red. Want dit is die voorwaarde van die Here om iemand te red. Ons kom dan net Sy voorwaarde na.

Op dieselfde wyse kom die Christen se gebed in werking omdat dit pas by die voorwaarde van die Here.

Gebede is ‘n noodsaaklike skakel in die ketting van oorsake wat na herlewing lei, net soveel as wat die waarheid ook noodsaaklik is. Somige Christene pas hierdie waarhede toe om ander vir die Here te wen, maar gee min aandagaan gebed. Die Heilige Gees word alleenlik gegee op grond van ernstige gebed.

Baie dikwels is die wat die waarheid verkondig nie besig om aan gebed aandag te gee nie, en kom daar ‘n wan belans.

EIESKAPPE VAN EFFEKTIEWE GEBED:

• Dit moet doelgerig wees. Dit si duidelike gedefinieerde gebede wat versoeke aan die Here is.

• Gebede moet in die Naam van die Here Jesus wees, en nie op grond van eie verdienste nie.

• Gebede moet in ooreenstemming met die geopenbaarde wil van die Here wees, soos Hy dit in Sy Woord bekend maak.

• Dit moet met die regte motiewe gebid word. Nie dat my man of vrou gered kan word sodat ek ‘n beter lewe kan lei nie, maar met die motivering dat hy die Here kan dien en ewig by die Here sal wees.

• Dit gaan saam met die Heilige Gees wat vir ons intree met onuitspreeklike versugtinge. Net soos wat ons heilig kan leef, kan ons oorwinnend leef wanneer die Heilige Gees ons swakhede te huilp snel.

• Oorwinnende gebed is volhardende gebed. Christene wat terugval verloor hulle gees van gebed, en keer nie dadelik na hierdie gewoon-te terug nie. Hulle moet aanmekaar terugkeer na die onder-werp omdat daar nie geloof en vertroue by die dad gevoeg kan word nie.

• Jy sal nie effektief bid as jy nie sonde versaak en van eiesinnig-heid afstand doen nie.

• Bid in die geloof, verwag om te verkry wat jy vra. Moenie ant-woorde op gebede verwag as jy nie sonder ‘n sterk verwagting bid nie.

DIE GEBED VAN GELOOF:

Mark.11:24 “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”

VOORWAARDE VIR WARE GEBED:

Dat geloof nodig is om te seëvier kan niemand betwis nie. Dit is moontlik om op grond van geoeie begeertes te bid, sonder ‘n vaste vertroue dat die betrokke seëninge verkry sal word. Die Here verhoor soms gebede wat uit goedhartigheid gebid is maar doen dit nie in antwoord op gebed nie.

Jak.1:5-7 “As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word. Want die mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”

Ons moet in Sy bestaan glo, “Hy wat tot gaan moet glo dat Hy is, en ‘n beloner van die wat Hom soek.” Hebr.11:6.

WANNEER KAN ONS DIE GEBED VAN DIE GELOOF BID?

Gebed moet vas gefundeer wees: Op

DIE BYBELSE BELOFTES:

Wanneer ons voldoende bewyse het, en kan ‘n Bybelse belofte op jou situsie betrekking hê. Daar is algemene beloftes soos die in Ps.103:17-18 waar ouers vir hulle kinders bid.

“Die goedertierenheid van die Here is van ewigheid oor die wat hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dit te doen.

Indien ‘n ouer weet dat hy aan hierdie beloftes voldoen, het hy of sy die reg om hierdie beloftes op hulle familie toe te pas. As jy god-vresend wandel het jy reg om hierdie aard van beloftes te gebruik.

Daar is ‘n verstommende hoeveelheid beloftes in die Bybel wat on-geag omstandighede beloftes is wat die Here aan Sy kinders voor-sien, om in enige situasie toe te pas. Baie van die beloftes is breed geformuleer om al die moontlike behoeftes in te sluit.

Watter biddende Christen was nog nie in vervoering oor die lengte, breedte en volheid van God nie, wanneer die Heilige Gees aan jou dit kom openbaar nie. ‘n Oppervlakkige belyer van geloof sal nooit eers daaraan dink om al hierdie beloftes op sy eie lewe en omstan-dighede toe te pas nie, soos wat die gees vervulde kind vand ie here dit sal doen nie.

PROFESIë:

Daar is soms profetiese uitsprake dat die saak waarvoor gebid is in ooreenstemming met die wil van die Here is. Wanneer die here duidelik maak dat iets bepaals gaan gebeur is ek verplig om die profesie te glo en dit as basis vir ‘n gebed van geloof te gebruik.

Neem bv. die geval van Daniël, aangaande die terugkeer van die Jode uit hulle ballingskap. Hy sê: “In die eerste jaar van (Darius se ) regering het ek, Daniël in die boeke gemerk dat die getal jare waarvoor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was” Dan.9:2. Hy het op grond hiervan geweet dat die Babilonie-se ballingskap 70 jaar sal wees.

Daniël was a.g.v. hierdie profesie nie apaties nie, en nie geredeneer dat die tyd tog maar moet kom en gebeur. Nee hy het hom daarop ingestel om die aangesig vand ie Here te soek, in vas en rouklaag, en in as. Dan.9:3.  Hy het homself voorgeneem om te bid sodat verlos-sing verkry sou word. Hy het in die geloof gebid. Daniël het die beloftes van die Here geglo. 

TEKENS VAN DIE TYE:

Wanneer die tekens van die tye vir ons spesifieke dinge aanwys aangaande die nabyheid van Sy koms, kan ons in die lig van die tyd weet hoe ons moet bid. Nou is dit die tyd dat die bruid moet herleef en wederkoms gereed moet begin leef.

BEINVLOEDING VAN DIE HEILIGE GEES:

As die Gees van God oor jouis, en ‘n sterk begeerte vir ‘n spesifieke seën opwek, plaas dit ‘n verantwoordelikheid op jou om in die geloof daarvoor te bid. Jy sal weet dat hierdie begeerte die werk van die Here is, omdat dit heilige ideala is wat wakker gemaak is. Mense begeer nie die regte dinge tensy die Heilige Gees ons in di erigting beinvloed nie. Paulus verwys na begeertse wat die Helige Gees in ons harte plaas.

Rom.8:26-27 “Net so kom die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.”

As jy goeie dinge begeer dat die Here die besondere seën aan jou wil gee.

ONVERHOORDE GEBEDE:

Baie mense het probleme met Paulus se gebed teen die doring in die vlees, omdat die tekens herhaal maar nie verhoor is nie.

2 Kor.12:8-9 “Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg.”

Hierdie gebed was ie verhoor nie, omdat dit sy bruikbaarheid te verhoog.

Hy het hierdie gebed klaarblyklik uitsy eie hart gebid sonder om die wil van die Here te soek, en was dit buite die wil van die Here vir hom.

VOORWAARDES VIR GELOOFSGEBED:

• Kry bewyse uit die Bybel dat die Here sy seën op ‘n bepaalde saak rus. Lees die Bybel noukeurig deur.

• Toewyding aan die Here is die minimum vereiste. Jy moet heilig leef en alles aan die Here wy. Tyd, talente en invloed. Manne en vroue het tyd ingeruim om hulle verhouding met die Here te vernuwe, en hulleself opnuut aan Hom te wy.

• As jy in die geloof moet bid, moet jy elke dag met God wandel. As jy dit doen sal Hy jou sê waarvoor jy moet bid.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00