HEMELVAART 2006 JOH.13:31-38
INLEIDING:
In die donkerte van die dissipels se omstandighede word die gordyn van swaarmoedigheid oor hulle siele gegooie met die woorde van ons Heiland wat die wanhoop in hulle harte nog meer aanvuur deur te sê dat Hy hulle gaan verlaat.
Kan u uself indink, alles word alhoe dreigender en donkerder en dit moes vir hulle voel dat in die uur van hulle beproewing die Here nie daar is nie. Weet u hoekom, hulle moes die verlatenheid van die Here ervaar om desperaat te kon word vir nog meer in hulle lewens.
Hy het hulle nie net in duisternis gelaat nie, maar soos wat Hy die versekering gee dat die Heilige Gees uitgestort gaan word, gee hy nou vir hulle die versekering dat daar ‘n plek vir hulle berei word.
In die vyf hoof gebeurtenisse van die Here Jesus se lewe was daar telkemale een of ander profetiese vervulling wat spesifiek op een of ander tyds aspek van die Here Jesus se lewe, maar spesifiek aangaan-de die kerk se toekoms dui.
Die geboorte was daar om die O.T. in vervulling te bring. Die Kruisiging was daar om die kerk te vrsoen, die opstanding was daar om die kerk te verseël met die wete dat Hy leef. Die hemelvaart was daar om die kerk se verre toekoms, nl. die wederkoms te verseker en die uistorting was daar om die kerk te bekragtig.
DIE MATERIAAL AANGANDE DIE HEMELVAART:
Die Bybelse materiaal aangaande die hemelvaart is kort en bondig. Nie die eerste of die vierde Evangelie maak enigsins melding van die Hemelvaart nie. Markus se weergawe is so kort heel aan die einde van die hoofstuk.
Lukas wat die verslag van die hemelvaart in Luk.24:51 gee sê: Dat Terwyl Hy hulle geseën het, het Hy van hulle pad gegee. Hand.1:9 gee aan ons die meeste detail, dat nadat Hy vir hulle gesê het dat hulle met krag vervul sal word, het Hy van hulle weggegaan.
In die latere en langer verslag van Handelinge, word genoem dat Hy deur ‘n wolk uit hulle midde weggneem is, en dat die dissipels Hom dopgehou het en twee engele aan hulle aankondig “Dat die Here Jesus in die hemel opgeneem word, en dat Hy op dieselfde manier weer terug sal kom, soos Hy gegaan het.” (1:11)
Johannes Evangelie bevestig net die gedagte van weggaan. (Joh.13:3 14:2; 28 + 16:7)
Die hemelvaart van die Here Jesus beklemtoon drie dinge:
1) Verheerlikking : Die beloning van ‘n lang ondervinding van die hemel tot die onderste dele van die aarde tot die regterhand van die Vader. (Efe.4:8-9. 1Tim.3:16; 1 Pet.3:22)
2) Sy intrede: Die reddende doel vir ons met die oog op Sy navolgers ( Rom.8:34 1 Joh.2:1)
3) Die Gawe: Die uitstort van die Heilige Gees op die dissipels en die toekomstige kerk (Hand.2:33 Joh.15:26; 16:7)
Die hemelvaart is die vierde stadium in die verheerliking van die Here Jesus, en dui op die afsluiting van Sy bediening hier op aarde. Die opneem van die aarde na die hemel moet nie net bloot gesien word as ‘n oorgaan van een stadium van Sy fisiese lewe na ‘n volgende nie, maar was ‘n lokale ontrekking van wat bekend was as die teenwoordigheid van die Here.
Die hemelvaart was ‘n oorgaan in ‘n nuwe sfeer van handeling die fisies opneem van die teenwoordigheid van die Here met ons, en dus hiermee saam die onmiddelike vereniging van die Hoë Priesterlike rol. Hy het in die teenwoordigheid van die Here vir ons verskyn. (Hebr.9:24) “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.”
Hy het nou ook ‘n nuwe en ‘n lewende weg vir ons berei, deur die voorhangsel wat geskeur het; dit is te sê Sy vlees. Sy verheerlikte liggaam word die weg tot toegang waardeur Sy mense die vrymoe-digheid of krag het om in die heiligdom self in te gaan deur die bloed van Christus (Hebr.10:19-20).
Die hemelvaart dui op die ontrekking van Christus in die vlees, om die voorwaardes te stel waardeur die Heilige Gees aan die kerk ge-gee kon word. Om van die Vader die belofte van die Gees te ontvang wat op Pinkster vervul is, is daar nou die getuienis van die komende Trooster as ‘n blywende Bewuste teenwoordgheid van die Kerk.