DIE HEL. Luk.16:19-31+ Openb.14:10-11.

I.   INLEIDING:


Heb.9:27  “Net soos dit vir die mens bestem is om een maal te


                   sterwe en daarna die oordeel.”


Vriende die oomblik wanneer ek my laaste asem uitblaas, begin die ewigheid vir my.  Elkeen van ons se pad loop na ‘n einde – die dood.  Vername of eenvoudige, ryk of arm; ons sal almal voor God staan om van ons lewens, aan Hom rekenskap te gee.


Wanneer ek te sterwe kom, gaan my onsterflike siel na die voor-portaal van die hemel of na die voorportaal van die hel.  Die dood maak nie met ‘n mens ‘n afspraak nie.  In ‘n begrafplaas vind ons grafte van babas, jongmense in die fleur van hulle lewens, middel-jariges en ou mense, waarvan soveel in ‘n onbeplande oomblik weg-geruk is, die ewigheid in.


1.  WAT IS DIE HEL?


     In die Grieks is daar drie woorde wat die hel beskryf.


     a.  Gehenna: 


          Hierdie woord vind ons 12 keer in die evangelies en 11 van die 12 keer word dit deur die Here Jesus self gebruik.  Dit is die poel van vuur wat vir die mense en gevalle demone wag, na die Wittroon Oordeel.


          Matt. 25:41 “Dan sal Hy vir die aan Sy linkerhand sê:  Gaan weg van my, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”


     b.  Tartarus:


          Dit is die plek waar die gevalle engele wag om na die Wit-troon Oordeel ingewerp te word.  II Pet.2:4  “Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word.”  Judas v6  “En die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisernis bewaar.”


     c.  Hades:


          Dit is die tydelike verblyfplek van al die goddeloses om ten einde in die poel van vuur gewerp te word met die Wittroon ootdeel – ook ‘sheol’ in die N.T.  Hierdie woord kom 4 keer voor in die N.T. en is elke keer deur die Here Jesus gebruik.  Luk.12:46  “…dan sal die heer van daardie dienskneg kom.. op ‘n uur wat hy nie weet nie, en hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.” Deut.32:22  “Want ‘n vuur is aange-steek in My toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrengs verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.”


2.  WAT KAN EK VERWAG IN DIE HEL?


     II Pet.2:4  “Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duis-ternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word.”  Judas v6  “En die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisernis bewaar.”    Ons sal gevalle engele daar vind. 


     Judas v7  “..terwyl hulle die straf, die ewige vuur ondergaan.”  Ons kan die ewige vuur daar verwag.


    


     II Thes.1:9  “Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van Sy sterkte.”  Ek sal daar vir ewig van die aangesig van die Here geskei wees. Nooit weer sal ek die stem van die Here kan hoor of die geleentheid hê om my saak met die Here reg te maak nie.


     Luk.16:28  “…want ek het 5 broers – om hulle dringerd te waar-sku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.”  Daar is pyniging.


     Mark. 9:44, 46 en 48  Daar sterf die wurm nie.  “skoleks” ‘soenedatis’ ‘n wurm wat knaag.


     Jes.14:11  “Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe;  onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.”


     Luk.16:24  “…ek ly smarte in hierdie vlam.”  Dit is die tydelike verblyf vir die ontslapenes wat reeds ‘n voorsmaak van hierdie dinge ondervind.


3.  WIE GAAN MY VRIENDE WEES?


     Matt.25:41  “Dan sal Hy ook vir die aan Sy linderhand sê:  Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”


     Jouende, skreeuende demone, deurweek in hulle vuilheid van sonde, sal my vriende wees.


     Open.21:8 “..die vreesagtiges…”  Hulle wat bang is vir mense.  Wat sal hulle van my dink as ek eerlik moet raak oor my sonde?  Hulle wat bang was om hulle stand vir die Here in te neem.


     Ongelowiges – mense wat met hulle mond die Here Jesus bely, maar in hulle harte vêr van Hom af is.  U wat nie ‘n persoonlike ontmoeting met die Here Jesus gehad het nie – al lei u ‘n fatsoenlike lewe.


     Gruwelikes – mense wat hulle besig hou met vuil en smerige dade.


     Moordenaars -mense wat fisies moord gepleeg het, maar ook hulle wat met hulle tonge mense vernietig het, deur skinder-praatjies.


     Hoereerders – baie mense sal sê dat hulle nog nooit gehoereer het nie terwyl Matt.5:28 sê “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.”  Hoeveel persone se oë brand nie in wellus nie.


     Towenaars – Mense wat verlei word deur allerhande valse dinge bv. fortuinvertellery, handpalm lees, glasie-glasie speel, homopate raadpleeg en sterre te lees, om hulle toekoms te voorspel.


     Afgodedienaars – Mense wat hulleself, hulle motors, die T.V. ens. aanbid.  ‘Wie die sonde doen is ‘n dienskneg van die sonde of  ‘n slaaf van die sonde.’


     Leuenaars – ‘n wit leuen is ‘n leuen.  Open.21:8  “…al die leuen-aards – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swael…”


II. NET ‘N PAAR FEITE:


     Statistieke toon dat daar elke sekond minstens 1 persoon in die wêreld sterf.  Veronderstel dat die helfde christene is, dan sterf daar 30 persone elke minuut, wat die ewigheid ingaan sonder God.  Elke uur 1800 persone en elke dag 43 200 persone en elke maand 1 300 000 persone.  Die Here Jesus het twee keer meer oor die toekomstige oordele gepraat as oor liefde.


     In die laaste boek van die Bybel, wat soveel mense nie lees nie, is daar 404 versies, waarvan 198 praat oor die toekomstige oordele praat.


     Klaagliedere 1:12  “Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan?  Aanskou en kyk of daar ‘n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die Here my bedroef het op die dag van Sy toorngloed.”


     Daar is gevalle waar daar in dieselfde vertrek waar die Bybel oën-skynlik bestudeer word, bloufilms gekyk word.  Daar is plekke waar, op ‘n Vrydagaand ‘sleutelpartytjies gehou word, en wie is daarby betrokke?  Ouderlinge van die kerk.


     Eseg.3:18   “As Ek aan die gloddelose sê:  Jy sal sekerlik sterwe – en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe;  maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.”


     Eseg.33:18  “As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.”


     Matt.25:1-23  Die tien maagde, waarvan 5 agtergebly het.


Heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde Luk.12:45 en 46  “Maar as daardie dienskneg in sy hart sê:  My begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig enhom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.”


     Kind van God, as u lewe nie op datum is met die Here as Hy kom nie, waarsku ek u, dat u agter sal bly.


     Sê vir my, watter aanspraak kan u maak, as u in sonde lewe, nadat u tot bekering gekom het en nie met sonde gebreek het nie.  U leef soos die ongeredde.


     Open.20:15  “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”


     Open.3:5  “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor Sy engele.”


     Dit impliseer dat daar persone is wie se name nie in die boek van die lewe gevind kan word nie.  In Open. word daar dikwels meld-ing gemaak van die wat oorwin. Vriend wat daarvan as u nie gaan oorwin nie?


     Joh.10:28  “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.”  V27  “My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”


     Wat gebeur as u ongehoorsaam is?


     Gal.5:19-21  Hier lees ons van die werke van die vlees…


     Vriende, Galasiërs is aan christene geskryf.  In hoofstuk 5:17 sê Paulus dat die vlees teen die Gees begeer.  In dieselfde konteks word die werke van die vlees aangehaal.


     Matt.7:24  “Nie almal wat vir My sê Here, Here nie..”


     Heb.6:4-6  “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte va die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot saknde maak.”


III.    KOM ONS KYK NA LASARUS SE LEWE.


          Hier word van twee persone melding gemaak.


          Die een duskant die graf (Lasarus)


          En die ander een anderkant die graf (die Ryk man)


     a.  Al die ryk man se sintuie kon ten volle waarneem.  Hy het sy


         oë geopen in ‘hades’.


          SIEN – hy neem die ewige kloof tussen hom en Abraham


          waar.  Hy sal dit nooit kan oorsteek nie.


          VOEL – hy roep uit:  ”Ek ly smarte in hierdie plek..”  Vir die


         eerste keer na sy dood het die werklikheid tot hom deurgedring.


          Die Here wou hom tot bekering roep, maar hy wou sy hart nie


         open nie.  Gen.2:14 en 16  God sluit die deur van sy hart. 


         Hierdie mag u  laaste geleentheid wees, voordat die Here u hart


          toesluit…. omdat u Sy stem in u stil maak.


Illustrasie: Vertel van die jong man by die konferensie wat oor die


genadelyn getrap het.


Generaal Boots van die Heilsleer destyds, het gesê dat as hy sy


          studente net een minuut oor die helse vlamme kon hou, hy nie                           


           nodig sou hê om hulle te vertel van verlore gaande siele nie.


     c.  V27  Die ryk man bid skielik.  Hier waar dit vir ewig te laat is,


          het hy skielik ‘n las vir siele ontwikkel.  Hy vra dat sy broers


          gewaarsku moet word.  ‘n Christen wat nie op datum met die


          Here is nie, mag dalk te laat ‘n sielelas ontwikkel.


     d.  “Waarsku dringend…” ‘n Passie: As u iemand uit die hel sou


           kon vra of die hel ‘n werklikheid is, sou hy u dingend waarsku


           om u saak met God te skik terwyl u nog die geleentheid


           gebied word.


     e.  V29  “…hulle het Moses en die profete..”  Vriende, ons het die     


          hele Bybel en dit is die Woord van God wat ons gaan oordeel.


          U sal daardie dag nie kan sê dat u nie geweet het nie.  U weet


          nou wat vir u wag as u u saak nie met God skik nie.


         Hand.17:30 en 31 “God het dan die tye van onkunde oorgesien


          en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet


          bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in


          geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en 


        Hy het hiervan aan almal sekerlik gegee deur Hom uit die dode


       op te wek.”


     f.   “..stuur iemand uit die dood..”  As u nie onder die prediking 


         van die Woord van God, onder oortuiging van u verlorenheid 


         kan kom en u tot God bekeer nie, sal u dit ook nie doen nie,


         al sou iemand uit die dood na u toe kom, omdat u uit vrye


         keuse u hart vir die stem van God sluit.


WAT MOET U DOEN OM HEL TOE TE GAAN?


U moet niks doen nie. U moet uitstap asof die Here nie met u gepraat het of met u bemoeienis gemaak het nie.


****************


    


    


    


PROF MALAN SE FEITE:


Die Bybel is die enigste bron van kennis oor die Hel. Die Here Jesus verklaar self dat:


“…elkeen wat (vir sy broer) sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur”(Matt.5:22)


“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel en die liggaam kan verderwe in die hel”(Matt.10:28)


“Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?”


(Matt.23:33)


“En hulle sal weggaan in ie ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe”(Matt.25:46) 


Die duiwel laat die mens dink dat die Here sonde nie sal straf nie.


Die mens wil nie aanvaar dat hy inherent sleg en verdorwe is nie, en dat hy nie uithomself iets goeds kan produseer nie.


Hel is ‘n letterlike plek van smarte:


Ryk man roep uit: “Ek ly smarte in hierdie vlamme”.


Daar is geen onderbreking tussen die dood en die hel nie. “Toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedrana die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe, en toe hy in die doderyk sy oë ophef terwyl hy in smarte was”


Hulle was dadelik na hulle bestemmings geneem.  


Openb. 20:10 Wys vir ons daarop dat: “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is, en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid”


Dit is nie ‘n liefdevolle God wat die mens hel toe stuur nie, dit is ekself, omdat ek nie toegelaat het dat die Here my Sy kind kon maak nie, daarom dat ek nou as kind van die duiwel sal gaan waar ek hoort. Hel is die gevolg van my eie sonde. Rom.6:23 Sê: Die loon van die sonde is die dood”.


Die meerderheid mense gaan hel toe: Matt.7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê Here Here! sal ingaan in die konikryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe, en in U Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.”


Matt.7:13-14 “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind”


Matt.23:27-28 Waarsku ons: “So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid”.


Die Here het Sy Seun na die wêreld gestuur sodat ons gered moet word. U moet Hom toelaat om u lewe te beset.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00