HEILIGMAKING: INSIGHTS INTO HOLINESS DIE BEGRIP VLEESLIKE NATUUR:

INLEIDING:

Daar is redelike konsensus rondom die gedagte van wedergeboorte binne die evangeliese bewegings. Die beginsel van jou verlorenheid, dat jy moet weet dat niks of niemand anders hierdie leemte kan vul nie, dat jy as ‘n sondaar na die Here Jesue moet kom en Hy jou siel uit genade moet red, dat jy daarna die getuienis van die Heilige Gees ontvang dat Hy vir jou die werk kom doen is redelik eenvormig.

Waar die probleem egter is, is die wyd uiteenlopende sieninge wat daar is in die proses en selfs in die gedagte van die Gees Vervulde lewe.

AAN DIE MEER PASSIEWE KANT:

Daar is aan die eenkant die wat glo dat ons alles met wedergeboorte ontvang, en dat daar niks anders nodig is in jou lewe nie. Dat jy maar elke dag net bloot sal groei totdat jy eendag jou kop neerlê. Die vervulling en wedergeboorte het alles in een daat gebeur. Dit is nie Skriftuurlik nie aangesien soveel beelde en tipilogië die teenbeeld in die Bybel bewys.

Daar is die wat beweer dat ons maar sondaars bly, en maar met al die begasie tot in die graf moet voortleef en eers by die opstanding sal alles vir ons verander. M.a.w. die fisiese dood bring vir ons die oplossing vir al ons probleme. 

AAN DIE AKTIEWE KANT:

Is daar die wat sê dat daar beslis iets met my moet gebeur na my redding. Daar s die wat sê dat die water doop die oplossing is, dat as jy deur die water gaan, jou sondes afgewas word, of dat jy saam met die Here Jesus sterf, en as jy uit die water opstaan is jy nuut. Dit is nie skriftuurlik nie want die water kan my nie red nie.

Dan is daar die wat beweer dat ek een of ander fisiese ervaring deelagtig moet word, een of ander ondervinding wat vir jou omskrwe word, bv. die spreek in tale, as jy dit gekry het, het jy die vervulling ontvang.

Dan is daar die wat sê dat ek bloot net in die Gees Vervulde lewe ingroei en eendag by wyse van spreke as ek wakker word, ontdek dat ek Vervul is.

Dan is daar die wat duidelik en spesifiek die vervulling omskrywe sonder dat daar iets anders nl. die reiniging moet plaasvind, ook dit is nie Skriftuurlik nie.

WAT IS DAN DIE BYBELSE BEGINSEL

VAN DIE GEES VERVULDE LEWE:

Wel die Bybel is duidelik. In al die tipes en voorbeelde wat gegee word is daar aspekte van hierdie een Bybelse beginsel wat voort-durend herhaal word nl. die mens word van sy daad sondes, dit wat ek gedoen het by bekering vergewe.

Na sy bekering begin ‘n geestelike lewe en groei plaasvind waarin ek ontdek dat daar iets anders in my lewe begin posvat nl die vlees.

Jessop omskrywe die vlees soos volg: “Die mens het ‘n sondige natuur, waarmee hy gebore is wat neig na sonde of die bose. Sy hart is verkeerd, en verkies sy eie weë bo die weg of die wil van die Here. Hierdie vervallenheid of misplasing tot sonde affekteer elke aspek van die mens se wese, en diskwalifiseer hom vir sy eie pogings om homself daarvan te kan verlos.

Dit so tipies die uitrope wat Paulus in Rom.7 verklaar: Die geoeie wat ek wil dit doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

Orton Wiley Sê weer aangaande die sondige natuur:

Hierdie toestand van die weergeborene, voor sy reiniging van inwonende sonde is niks anders as ‘n gemengde staat. Daar is binne die hart van die ware Christen beide genade en inwonende sonde.

WAT IS DIE SONDIGE NATUUR?

Dit is belangrik dat ons in ons gemoedere uitsluitsel sal kry oor begrippe anders gaan ons nooit weet waarmee moet gehandel word nie. Die sondige natuur of vleeslikheid is iets wat ons moet verstaan.

Dit is ‘n neiging na sonde, dit is die sondige natuur, die infeksie van ons God gegewe natuur, die geneigdheid na dit wat boos is, ‘n aangetrokkenheid na die bose. In al hierdie termes is die fondasie daarvan dieselfde.

In kort is sy aard of natuur teen dit wat geestelik is en daarom word die terme vleeslik meer gebruik as sondige natuur.

Ons het nou by die plek gekom waar ons ‘n defenisie van vleeslik-heid gaan beskrywe:

‘n Algemene defenisie onder die terme vleeslik is: Nie geestelik, of meer beklemtonened anti geestelik. Om van ‘n vleeslike natuur te praat as iets wat in wese anti-geestelik is, is ‘n paar of vele aspekte is meer akkuraat.

Die woord watas vleeslik vertaal word is Sarx wat in sy velkaring as vlees vertaal kan word.

Daarom kan ons sê dat die terme vleeslik toepaslik is vir die persoon wat ongered is. Ons weet dat hierdie geneigdheid by die ongeredde deel van sy lewenswandel is, en bly vrug sal voortbring na redding, todat daar spesifiek met hierdie natuur gehandel word.

Ons weet dat daar nie met hierdie natuur by wedergeboorte gehandel word nie, want Paulus spreek die Christene aan as vleeslik in 1 Kor.3:1-8.

Die natuur is die basis van iemand se wese of karakter. As ons dit na die praktyk wil deurtrek sal on sê dat hierdie persoon se karakter of natuur is van so ‘n aard soos ons hom of haar sien.

As ons hierdie begrippe bymekaar bring sal ons opmerk dat ons in ‘n defenisie die volgende kan sê: Die vleeslike natuur kan gesien word in die karakter van ‘n mens wat nie aan die Here totaal oorgegee is nie, en merk ons op dat die persoon nie geestelik is nie.

Uit die definisie kyk ons op ‘n horisontae vlak en sien ons dit in menslike optredes, en sien ons dit in Christene wat in kort die werk van die Heilige Gees bedroef.

Ons is in die kol as ons sê dat menslike optredes on geestelik is. As jy onbewus is van die leringe van die Bybel soos die van Ro.7:14; 8:7 15;27 1 Kor.3:1-4 sal ons saamstem dat so’n defenisie aan Christene gekoppel kan word.

Om hierdie begrip beter te wil verstaan is dit nodig dat ons na die elemenete wat in ‘n mens se optrede voorkom wat geestelik georienteerd is te identifiseer.

Dink aan die wyse waarop ons reageer of nie reageer nie. Ons weet dat menslike optredes ‘n konstate patroon volg.  Iets wat stimuleer plus die reaksie is gelyk aan die teenreaksie, of dit wat die reaskie veroorsaak.

Ons ontvang almal stimulasie of voorstelle wat iets gaan voortbring. Dit kan selfs meer as een stimulasie op een slag wees wat ons ontvang wat botsens teen ons natuur mag wees, waarin ons moet kies of ons gehoorsaam of ongehoorsaam gaan wees.

Die sterkte van hierdie stimulis sal van die begeerlikheid daarvan  afhang. Dit sal ons na die volgende aspek lei.

Wat die reaksie wat gaan volg bepaal is die persepsie van die stimulis, wat die waarde daarvan gaan bepaal. Ons kry dikwels reaksies van persone of situasies wat ons nie verwag nie.

Wanneer ons die toepassing op ons geestelike lewens maak Die vleeslike natuur het met ‘n lewensoptrede te doen t.o.v. geestelike dinge Die vleeslike natuur is die doolhof van ons menslike optrede.

Ons sien dit begin by begeertes wat aan die self gekoppel is, wat deur die wil gedryf word. Om dit in praktyk te omskrywe kan jy by begeertes, wil en self elkekeer die vleeslike natuur plaas.

VLEESLIKE BEGEERTES:

Alle optredes is aan begeertes gekoppel. Jy kry begeertes van fisiese aard soos eet drink en rus en ons daaglikse roetine leefwysens (gewoontes.)  Dan is daar die morele en geestelike aspekte, wat deur die Heilige Gees geblaas of geinspireer word.

Dit is logies dat na redding daar ‘n begeerte na die Here en Sy Woord is, maar dit word dikwels gedemper omdat die fisiese behoeftes meer aan aandag geskenk word as die geestelike.

In die Woord van die Here, Sy huis en Sy mense is die plek waar die geestelike behoeftes gevoed en gevul kan word. Dit is ook waar dat die weergeborene nie spontaan sal reageer tot diensbaarheid nie, wat ons dikwels in die praktyk kry.

Ons sal eerder ‘n geklag en kla hoor. Dit wys dat die begeertes verkeerd georinteerd is, en hoor jy die vleeslike hart wat kla i.p.v. dankbaar te wees dat ek iets vir my Heiland te doen. ‘n Tipiese lou hart wat met komprmie gevul is omdat die hart verdeeld is.

Dan kry jy ook hierdie gesindheid wat onwillig is om om die Cheristen se standaard te lewe. Suiwer liefde sou nie kla as daar enige aanspraak op my toewyding gemaak word nie.

Daar kan nie regte keuses of gesindhede geopenbaar word solank hierdie vleeslike natuur in my hart lewe nie. Kortliks het ons nie lief soos ons behoort lief te hê nie.

DIE VLEESLIKE SELF:

Met die geboorte van ‘n baba is hy basies in ‘n  vakuum waarin hy homself nou moet begin vind. Een van die belangrikste dinge wat hy begin leer is die self.

Dit is ‘n opvallende dag wanneer hy sy tone ontdek, wat aan hom behoort, en nie aan die wêreld rondom hom in die algemeen nie. Dan is hy verder verward as hy binne die eerste jaar ontdek dat sy skoene afgetrek word wanneer hy gaan slaap, en nie sy voete ook nie.

Later begin die ontwikkeling van die self hierdie vlak te bereik dat alles wat gevra word aan my vereistes moet voldoen, soos ek daaroor voel. Dit is nie iets wat veroordeel kan word nie, omdat hy besig is om homself te vind in die komplkse samestelling van alles wat hy moet leer en verwerk.

By ‘n baba sal hy huil vir ‘n bottel of ‘n doek wat geruil moet word. By tieners sien ons soms die aaklikge wyses waarop hulle sou optree om hulle sin te kry, en aanvaar dit soms as normale groei patrone van ontwikkeling. By volwassenes kry ons ook hierdie optredes wat net self gesentreerd is.

Keuses word gemaak om myself te bevorder of te bevredig. Nou word hierdie aspekookna my geestelike lewe deurgetrek waar die self onvermydelik is en bring baie onstabiliteit in die geestelike lewe. Die ongeheiligde Christen het nou ‘n waardesisteem in sy sisteem wat keuses teen geestelike belange neem.

Ons ervaar hierdie optredes dikwels met pyn in ‘n mens se hart. Kom ons kyk na ‘n paar van hulle:

1)      Self regverdiging: – wil nie die wil van die Here aanvaar of Sy teregwysing nie.

2)      Self evaluering: – soek na krag of erkenning, trots, of aansien.

3)      Self toewyding: – luiheid, sesnasie gebonde,en alle vorme van gemaksug.

4)      Self verheerliking: – vreemde optredes waar die wil van die Here ter sprake is, en die persoon nie vereer word vir sy of haar optrede nie.

5)      Self vryspraak: – Ek is reg, niemand durf my teenstaan nie.

As ons na die werke van die vlees lees sal u baie van hierdie sondes binne hierdie katogorieë gewaar. Al hulle eienskappe kan sover as Adam en Eva na die sondeval terug getrek word.

DIE VLEESLIKE VERSTAND:

Kom ons kyk hoe dit nou werk: Daar word ‘n besluit geneem t.o.v. watter stimulasie ons gaan gehoorsaam as ‘n resultaat van gekombineerde invloede op die self en die drange, moet daar nou ‘n besluit geimplimenteer word. Hier kom nou die wil ter sprake, wat deur ‘n stimulis gekonfronteer word wat deur ‘n eie waardesisteem gemeet word word daar nou ‘n spesifieke soewereine besluit geneem.

Die bron van hierdie outoriteit kan ons nie verstaan nie, en mense omskrywe dit net bloot as een of ander vorm van motivering, maar raak die totale spektrum van menslike optredes. Dit is in die wil waar die Here Jesus verklaar het sonder My kan julle niks doen nie.

Paulus wys daarop dat die vleeslike hom nie aan die wil van die Here kan onderwerp nie, want die keuese word in die gedagtes gemaak. Die vleeslike gedagte gaan hom nie onderwerp aan die wil van die Here nie, so ook nie aan die begeertes van die mens nie. Daar is dus ‘n militêre konflik wat binne die hart van die mens aangaan, wat die geestelike doel van die Here in ons kortwiek.

Die mees basiese vereiste vir Sy kinders is dat ons Sy wil sal doen. Daar is die drang in ons lewens om Sy wil te doen, maar dan is daar die stryd wat die vlees bring om teen Sy wil in te gaan. Sal u saamstem dat hierdie stryd teen die vlees seker een van die mees moeilikste areas is in die kind van die Here se lewe. Ons stem volkome daarmee saam dat ons die wil van die Here moet doen, maar daar is nie die vryheid om dit te doen nie.

Dit is die weking van die vlleslike natuur, dit is die opsigtelike optrede van weergebore kinders van die Here waar daar die menslike begeertes wat in stryd is met die wil van die Here. Dit is die ontkenning van die voorsienigheid van Sy oorvloed op Golgota.

Hierdie neiging sal lei tot ‘n verlies in geestelike dinge, ‘n onwillig-heid om my in elke opsig met die Here Jesus te identifiseer, en Sy lewenswandel.Die self georienteerde optrede gee ‘n liefdelose optrede mee wat Paulus in Gal.5 as bewyse van vleeslike optredes deurgee, wat deur die soewereine wil van die vlees bestuur word.

Laat ons dit vir mekaar reguit sê: weergebore persone is nie verlos vandie vleeslike natuur by wedergeboorte nie, en is daar ‘n duister wolk oor so ‘n persoon se lewe. Ons word uitgedaag om ‘n lewe van oorvloed te lewe, wat beteken die vernietiging van die sondige natuur. Nou dat ons hierdie feiete weet, wat kan met die vleeslike natuur gedoen word.

WAT KAN MET DIE VLEESLIKE

NATUUR GEDOEN WORD?

Enige iets wat met gemak probleme veroorsaak en nie met ‘n oplossing kom nie, moet as betekenloos beskou word. Ons moet die probleem in die gesig staar en weet dat daar ‘n oplossing daarvoor is.

Daar is net een oplossing van die vleeslike natuur en dit is my toestemming dat die Here met hierdie natuur kan handel. Daar is die handeling van toewyding van die wil, wat nie beteken dat my wil vernietig of gebreek word nie, maar ‘n wil wat maklik onderdanig sal wees aan die wil van die Here.

Die toewyding van die wil is nie die enigste antword nie. Ons beste begeertes en hoë waarde sisteem kan nie sonder die toegewyde wil, wat gebruik word waarin die he\art van die mens geheel heilig. Dit beteken Hy stel ons instaat om alle onskriftuurlike begeertes en sy waarde sisteme mee te handel.

Die wil word nie by hartsreiniging vernietig nie, want sonder die self sal ons nie kan bestaan nie. Die Here reinig die self van verkeerde optredes en bring bemoedigende standaarde na ons harte. Dan is die stimulasie om die verkeerd lief te hê van my verwyder. Die waardes wat tot on Skriftuurlike oordeel lei sal dan nie meer bestaan nie.

WATTER AREAS VAN GEESTELIKE UITDAGING

BLY OOR NADAT DIE HERE MET DIE

VLEESLIKE NATUUR GEHANDEL HET:

Om hierdie aspek reg te verstaan moet ons weet dat dar sekere aspekte is waarmee die Here nie kom handel binne die vleeslike natuur van die mens nie.

Die vleeslike natuur moet nie met morele verantwoordelikhede en keuses verwar word nie. Baie verwarring het al bestaan omdat mense nie hierdie onderskeid maak nie. Daar is die wat dink dat ek van immorele verantwoordelikhede verlos word, m.a.w. dat ekgeen keuse mee het om reg of verkerd te kies nie.

Daar is die tipiese vraag: As iemand gereing is, hoe kan hy ooit weer sondig? Hy hoef nie solank sy wil aandie Here oorgegee is nie. Wanneer ons traag raak om die Here te gehoorsaam sal daar weer gevolge wees, waarin hy weer terug beweeg na dieselfde standaarde en beginsles van vleeslikheid as waarin hy geleef het.

Kom ons kyk na Adam en Eva: Hulle was na die beeld van die Here geskape en was rein gewees, op ‘n standaard wat aan ons totlla vreemd is. As hulle vry van sonde bly leef het sou hulle voortgegaan het in heerlikheid, tog het ons die vreeslike verhaal van sonde in hulle lewnes van gelees. Hoe kon hulle dit gedoen het. Dit was die vlees wat ingetree het Dit was ‘n keuse van die wil omdat hulle mislei was deur die duiwel was hulle hele optrede wat gehandel het oor die wil van die Here te doen of nie. Ons weet wat die keuse was wat hulle gemaak het.

Ons is ook familiêr met die gevolge van hulle besluuit. Van daardie oomblik tot vandag het u en ek die netuur ontvang wat ons vleeslikheid noem, wat deel van ons lewens van geboorte af is. Dit word deur vleeslike begeertes gedomineer, wat veroorsaak dat ons soos skape is wat weggedwaal het. Hulle het dit gedoen deur verkeerde keuses. Deur die wil gekies.

Gen.8:21  “Want die versindsels van die mens se hart is slegvan sy jeug af.”

Daar is die wonderlike oorwinning wat ons deel mag wees die oomblik wat ons ons wil toewy, en die Here toelaat om ons te reinig. Die geheiligde lewe is ‘n lewe wat ooreenstem met die wil van die Here, en wat ons skoon hou, en voortdurend in hierdie reinheid bly lewe, deur toegewyd te bly lewe.

Ons sal steeds tekortkominge ondervind en steeds ondervind dat ons versoek sal word en verliese ondervinden daar is steeds die moontlikheid van die vleeslike natuur wt wil inkruip teen die wil van die Here is. Terwyl daar geen verlossing is nie, is daar nie genade om oorwinnend te bly lewe nie, maar bly ek aan die Heilige gees oorgegee lewe sal ek ‘n toenemende ondervinding van vrede en oorwinning ervaar.

Dit beteken ook nie dat daar interpersoonlike verskille mag wees nie. Die geheiligde het ook die verantwoordelikheid om te weet hoe om in spanning met ander mense saam te leef. Omdat mense is wat hulle is en wie hulle is sal daar ‘n veskil in metode maniere en motiewe wees. Daar sal nog spanning en verskille wees en selfs verskille.

Die sleutel word vir ons in Hand.15:8-9 beskrywe waar ons liefde getoon word en waar ons vermoeëns ontwikkel word en ons kuns om met ander oor die weg te kom. Ons moet die vleeslike natuur nie met die fisiese natuur verwar nie. Terwyl daar verlossing is van die mag van vleeslikheid is die teenwoordigheid van os fisiese lewe nog ‘n realiteit. Paulus gee die sleutel vir ons in 1 Kor.9:27

Hierin lees ons dat die begeertes en behoeftes van die fisiese mens onder die geestelike dissipline van gehoorsaamheid gebring word.

Noudat ons die vleeslike natuur verstaan en die voorsiening wat die Here vir ons bewerk om deur Sy genade hierdie mag in ons te vernietig en om te onderskei tussen die fisiese behoeftes en die vlees-like natuur en die oorblywende uitdaging om om heilig te leef, het ons ‘n boodskap om aan andere te vertel. 

LES 2

SONDE:

Dark the sin that soiled man’s nature,

Long the distance that he fell.

Far removed from hope and heaven,

Near to deep despair and hell.

But there was a fountain opened,

And the blood of God’s own Son

Purifies the soul, and reaches

Deeper than the stain had gone.

INLEIDING:

Sonde is ‘n fundamentele feit in die Christen teologie. Dit is die leer-stelling wat alle ander leerstellinge onderskrywe. John Wesley het eens gesê dat in elke godsdiens is daar ‘n beginsel van waarheid en verkeerdheid, wat lei tot die volgende skakel wat almal onlosmaak-baar van mekaar is. Die hoof leerstelling in Christenskap is die ver-lorenheid van die mens.

Die sonde probleem is ten nouste verbind aan die feit dat daar verlossing in die bloed van Christus is, wat die kronende waarheid van die Woord van God is. Enige neiging om sonde te minimaliseer het ernstige gevolge, en het ‘n beperkte siening aangaande die Persoon en werk van ons Verlosser. 

Die drie groot sentrale tema’s van die Bybel is Die Here, Sonde en Verlossing, is so in mekaar geskakel dat die sieninge aangaande enige van hierdie primêre leerstellings, die een die ander raak.

Dit is onvermeidelik dat ons begrip aangaande sonde so duidelik moontlik bewoord moet word, sodat daar geen onduidelikheid in ons harte heers aangaande hierdie onderwerp nie.

Sonde is die belangrikste leerstelling van die drie, omdat ons begrip van sonde ons totale uitkyk op ons geestelike lewe sal bein-vloed. Die Wesliaanse siening aangaande sonde vermy juis die twee uiteenlopende sieninge aangaande sonde.

Daar is die wat voel dat ons maar sondaars is en dat geen dieper werk is wat die Here in ons harte kan kom doen waarvan ons verlos moet word nie. Dit is uit voeling met die duidelike stellinge van die Bybel wat daarop wys dat ons verlos word van sonde.

Sonde is ‘n diep gesetelde boosheid in die hart van die mens. Jer. 17:9.  “Bedrieglik is die hart bo alle dinge wie kan dit ken.”

Aan die ander kant is daar die wat glo dat ons ‘n staat van sondeloos-heid kan ervaar soortgelyk aan Adam en Eva voor die sondeval. Dit is ook onskriftuurlik.

Om te sê dat die Christen en die krimineël een ding in gemeen het nl. dat beide sondaars is, is om die grootheid van verlossing tot beperkte genade te probeer minimaseer. Dit is om die kind van God tot ‘n geestelike rystoel te verbind en sonde ‘n reus te maak wat ‘n mag oor jou het waaraan jy verslaaf is.

Dit is teenstrydig teen dit wat 11 Kor.5:17 verklaar dat ons ‘n nuwe skepsel is en dat die ou dinge verby gegaan het.

Daarom is dit nodig dat ons vyf aspekte aangaande sonde moet aanspreek.

1)      DIE OORSPRONG VAN SONDE:

Sonde se oorsprong was buite die mens, met die val van Lusifer en het deurgegaan na die mens wat sy vryheid prys gegee het deur ‘n beslisde keuse. Sonde het sy oorsprong in die oortreding van die vryheid van die mens deur sy eie wilsbesluit.

Hoe het sonde in die wêreld gekom: Dit het deur die duiwel ge-kom, omdat hy van die begin af gesondig het, en is die outeur van sonde. Hy was self versoek deur te veel van homself te dink, en het vrywilliglik aan hierdie versoeking toe gegee, deur trots.

Die een heilige wese het ‘n bose persoon en mag geword is Skrif-tuurlik. Die sondeval het die mens wat na die beeld van die Here geskape was geskend (Gen.1:26-27).    

Die mens was tweeledig na die beeld van die Here gaskape nl. na-tuurlik, of die essensiële beeld wat as persoonlikheid en geestelik-heid insluitend moreel wat as heilig opgesom kan word.

Die beeld van die Here beteken die gelykheid aan Homself, soos Efe.4:24 “en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid” verduidelik, waarmee ons in die nuwe mens beklee word in ware heiligheid. Kol.3:10. “en julle met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper.”

Die Here het die mens as ‘n intelegenete wese geskape soos die engele en vry om tussen goed en kwaad te kies.  Toe die mens in die tuin van Eden was, was daar een wet om te gehoorsaam nl. die wet van lojaliteit en gehoorsaamheid.

Die verhaal van die mens se probleem en die sondeval volgens Gen.3 wat ryk is in simboliek is ‘n geinspireërde verslag van historiese feite Paulus verwys in 11 Kor.11:3 “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus”

1 Tim.2:13-14 “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortre-ding gekom.”  Rom.5 Wys Paulus dat die Here Jesus op ‘n unieke wyse gekom het om in die plek van Adam sonde vir ons op Hom te neem.

Soos die mens oorspronklik na die beeld van die Here geskape is in kwaliteit heilig en moreel rein, was die eerste Adam ‘n vrye agent en was met vermoëns en krag bekragtig om heilig en volmaak te leef met die vermoeë om keuses uit te oefen om sy oorspronlike staat te behou. Toe hy deur die duiwel gekronfronter was, het Adam geson-dig deur ‘n self gekose keuse wat verwydering gebring het. Sy val het nie net ‘n verlies aan heiligheid teweeg gebring nie, maar ook ‘n verdraaidheid in ons natuur.

Die oorsprong van alle sonde en boosheid lê in die vryheid van ons wil. Rom.14:12 sê terreg dat elkeen vir homself voor die Here reken-skap moet gee.

2)      DIE AARD VAN SONDE:

Die aard of wese van sonde lê in hoogmoed wat aan rebellie gekop-pel is. Dit is self gesentreerdheid, wat uit ongeloof ontstaan wat in rebellie teen God is. Ons het reeds in die mens waargeneem dat hy as ‘n intelegente wese geskape was, met die mag om te kan kies, en net een wet was aan hom gegee, die wet van lojaliteit en gehoorsaam-heid  Dit was die misbruik van vryheid wat die mens in hierdie trage-die laat beland het.

Die oorsprong van sonde lê dus binne in die mens en nie buite nie. Ons kan nie geraak word deur die influistering van die duiwel as ons nie gehoor gee aan sy stem nie. Adam het teen sy Skepper gerebe-leer, deur eerste in sy hart te sondig, voordat hy uiterlik gesondig het. Dit was die sonde van innerlike afgodery, wat die sepping hoër as die Skepper het.

Sonde het ‘n tweeledige oorsprong: nl. die handeling van sonde waarby ekself betrokke is en sonde as ‘n beginsel of staat waarmee elke individu gebore is. N.T. genade en verlossing kan nie reg ver-staan word sonder die begrip wat ons rondom sonde het nie. Die mees subtiele aspek van Bybelse sonde is die sondigheid van die mens wat nie na die handeling van sonde verwys word nie, maar die morele staat wat sonde veroorsaak.

Terwyl sonde as ‘n handeling beskou word wat in rebellie teenoor God is, en in die aard van sondigheid as ‘n staat gesien kan word, moet ons besef dat sonde eerstens ‘n doelbewuste oortreding teen die wil of wet van die morele wet van die Here is. 

Sonde is in twee komponente nl. sonde as ‘n staat, en as rebellie. Inwonende sonde is ‘n verdraaide natuur, waarin die mens in sy eie wese na die sonde neig. As ‘n Christen bestaan daar steeds nog sonde maar dit oorheers nie die Christen nie. Daar is ‘n duidelike verskil tussen uiterlike sondes en sondes binne in die hart van die mens. 1 Joh.3:9 verwys na uiterlike sondes waarin die Christen nie meer leef nie.

Die sonde wat in die hart van die mens na bekering leef is inwonen-de sonde wat niegings tot sonde is, en passies wat nie tot eer van die Here is nie. Dit is in self, trots eie wil, liefde vir die wêreld in enige graad. Gal.5:17 verwys na die vlees wat teen die Gees van God rebe-leer. Die twee nature, die vlees teen die Gees leef in ‘n ongereinigde kind van God.

3)      DIE EFFEK VAN SONDE:

Die direkte gevolg van sonde kom in twee voorstelle: Uiterlike wat verwydering van die Here beteken, en verslawing aan die duiwel innerlik. Dit is die verlies van Goddelike genade waardeur die mens  onderworpe was aan morele korrupsie. Daar is twee gedeeltes wat ons herhinder aan die verwydering van die Here nl. Adam en Eva en die gelykenis van die verlore seun.

Adam was nie net ‘n individu nie maar het die totale mensdom ver-teenwoordig. Sy rebellie en onwettige dade het persoonlike verant-woordelikheid en skuld wat die mensdom bereik het geraak. Sonde het sy as handeling of oorsprong wat in twee vorme nl. skuld en korrupsie. Skuld is persoonlike skuld, wat toestemming aan sonde koppel en tweedens en dan die gevolg van straf.

Daad sondes sluit beide hierdie state in terwyl die tweede na die oorsprong van sonde verwys.

Oorspronklike sonde het te doen met ‘n korrupte natuur, wat van Adam af bestaan. Adam en Eva het van die Here die waarskuwing ontvang nl. dat wanneer hulle van hierdie verbode vrug sal eet, hulle sekerlik sal sterwe Gen.2:17. Geestelike dood tree in wat die ontrek-king van die Heilige Gees beteken wat die band tussen die siel van die mens en van die Here beteken. Ewige dood is die finale oordeel van die Here, en die verwydering van die siel van die Here vir ewig.

As ek gered word beteken nie dat ek volmaak in liefde, nie foute kan maak nie. Ek gaan nie van foute gevrywaar word nie, tot die hierna-maals nie.

4)      DIE OOR-ERWING VAN SONDE:

Ons aanvaar die genetiese oordrag van sonde. Dit is die natuurlike wet van oorerwing, waar sonde oorgedra word van ouers na kinders  Gen.5:3 na die sondeval is die mens na die beeld van Adam geskape.

Vandat Adam deur sy eie sonde verwyder was, is die verwydering ook in elke nageslag ervaar, en is dit die dood waarin ons gebore is, en daarom van nature rus te toorn van God op ons. Efe.2:1-2.

Die menslike familie is onderworpe aan infeksie deur die bose waar-van nie een individu kan ontvlug nie.. Dit kan nie anders as demonie-se beskrywe word nie.

5)      DIE OPLOSSING VIR SONDE:

Die hartklop vir teologie is Christologie wat die leerstelling van die Persoon en werk van die Here Jesus beskrywe, wat die verlossing van die verlore mens soek. Die drie groot verlossings feite rakende Christus is die geboorte, kruisiging, die opstanding.

Een van die wonderlikste stellinge van die Bybel is: 11 Kor.5:19 “…God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons te vertrou.”

Die Here deur Sy Seun tot ons gespreek Hebr.1:1-2. Die kerk sal bly staan as hy sal bly verkondig dat die Here en Christus Jesus gelyk is as deel van die Drie – Eenheid. Die Seun van God het die Seun van die mens geword, sodat ons ook seuns van God kan word.

Gal.4:4-5. “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.”

Rom.5:20 Verklaar waar sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword. Die genade sluit: Regverdigmaking, heilig-making en die verheerliking in.

Dit begin met genade wat redding voorafgaan, wat ‘n vrye gawe van geregtigheid is Rom.5:16-18, wat alle mense die vermoeë of genade gun om om te draai, na die Here toe, en dit wat van ons deur die sondeval gesteel is nl. ‘n verhouding met die Here terug te win. Dit is ‘n onvoorwaardelike voordeel vir alle mense.

Die eerste voordeel van die versoening is: 1) Om die mens te bewaar om weer weg te sink in sondes waaruit ek uitgehaal is. 2) Om die skuld en oordeel oor ons lewens af te weer en ‘n lewe van gemeen-skap met die Here te gun. 3) Om die Heilige Gees in ons lewens te herstel sodat Hy ons kan lei en bewus maak van die Here.

Die Goddelike voorsiening open die weg vir redding.

Daar is drie handelinge wat by bekering plaasvind: 1) Regverdig-making: Die Here kom red my sel en herstel my asof ek nooit ge-sondig het nie. Hand.20:21 “die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.”

2) Totale heiligmaking: Die Here deur die versoening van die Here Jesus ons deur ‘n beslisde tweede genadewerk ons volkome herstel na die beeld van onse Here Jesus Christus in ware heiligheid en geregtigheid.

3) Die verheerliking sluit die mens se verheerliking en die volle herstel wat die finale stap van die mens se verlossing insluit, om vir ewig gered te wees, van die huidige teenswoordige effek van sonde en om aan ons ‘n verheerlikte liggaam te gun waar ons vir ewig by die Here sal wees, waar die omstandighede van lewe volmaak sal wees.

Die saamgaan seëninge van redding of aanvanklike sekerheid is: 1) Regverdigmaking; 2) redding: 3) aanneming; 4) aanvanklike heilig-making. Verwerfde vervallenheid is a.g.v. die persoonlike handeling van sonde, word met aanvangs heiligmaking mee gehandel.

Algehele heiligmaking is die verwydering van inwonende sonde of te wel die kruisiging van die vlees, dan positief is dit die doping met die Heilige Gees. Die krises van regverdigmaking en heilgmaking is nie end resultate opsigself nie, maar lei die gelowige tot ‘n lewe van aanhoudende groei tot volle volwassenheid.11 Pet.3:18; Efe.4:13.

Die verlossing van inwoende sonde wat stryd gevoer het teen die Gees van God word duidelik in die volgende verse opgeteken. Gal. 5:24; Rom.6:6 waar die woord gekruisig gebruik word is dit nood-saaklik om te onthou dat die tyd waarin dit geskrywe is is die aoriste tyd wat nie tyd aandui nie, maar ‘n punt handeling, wat bevestig dat die uitverkorenes in Christus was wettiglik gekruisig saam met Hom.

Sarx wat as vlees in hierdie verse gebruik word beteken: krag van die mens wat boos maak. Paulus leer dat vlees wys op die motive-rende beginsel van boosheid, wat vernietig kan word of uitgeban word, terwyl die fisiese liggaam bly steeds voort lewe.

Op die verse “Reinig ons van alle sonde…” 1 Joh.1:7 dit dui op beide daat en sonde van handeling. Wat beteken dat die skuld weg-geneem word en sy krag.

10 Punte wat Atkinson gemaak het om te wys hoe volkome reiniging is:

1)      Paulus sê aan die Korinte gemeente dat sommige in die Here Jesus geestelik is, en ander vleeslik 1 Kor.3;1. In hfst 2 verwys na die wat volkome (volwasse) is word na as geeste-lik verwys of volkome.

2)      Die totale reiniging van gelowiges word gepraat van as ‘n doel in die apostel se werk in die bediening van prediking. Efe.4:11-13; Kol.1:28; 1 Thess.3:10.

3)      Die N.T. wys altyd op die handeling van die Here met sonde in ‘n beslisde radikale manier, in die Christen se lewe Kol.2:10-12; 1 Joh.1:7; +3:8; Joh.8:34-36

4)      Die N.T. verwys na die gelowige wat herstel word na die beeld van God of Christus soos in 11 Kor.3:18; Rom.8:39.

5)      Daar is die al inspirernde belofte van volheid van die godde-like inwoning wat sonde uitskakel soos Efe.3:19; Kol.2:9-10; Joh.1:16.

6)      Twee uistaande gedeeltes in 1 Thess.3:10-13; 5:22-24 om-skrywe ‘n alegehele werk van genade.

7)      Daar is drie verwysinge in die eerste drie Evangelies van Johannes waar dit genoem word dat die liefde in ons volmaak word. 1 Joh.2:5; 4:12,17. Liefde oorwin sonde.

8)      Voorbereiding vir die Here Jesus se wederkoms is dat ge-lowiges moet gereing wees en blaamloos voor die Here wan-del en gereed wees om Hom te ontmoet Hebr.9;28; Titus.2:13-14; Fil.1:6.

9)      Daar is geen teks in die N.T. wat wys dat sonde in die Christen bly tot sy dood nie.

10)  Die werk van die Drie- Eenheid in ons redding is die ini-siatief van die Vader, die geboorte van die Seun, en die inwoning van die Heilige Gees eis beide ‘n waarborg vir redding van sonde. Ese.36:36 Ex.15:11

Die hele N.T. lui met klokke van volle verlossing. Sonde moet nie heers nie maar genade moet heers.

 LES 3

TOEWYDING EN KRUISIGING:

INLEIDING:

1 Thess.5:23 Volokme heiligmaking is Bybelse teme; Wat word daarmee bedoel. Volkome heiligmaak is die woord Holoteleis.  Bestan uit holos wat geheel beteken. Geheel tot die end.

Luther het dit as durch and durch (deur en deur vertaal.

Heilig word verwys dat dit onmiddeik gebeur  M.a.w. die Here heilig jou onmiddelik deur en deur.

Kom ons kyk na hierdie brief Thess.

Vs.9 Het van die afgode bekeer.

Vs.7 Hulle het voorbeelde geword

Vs.8 Hulle het die boodskap verkondig.

Hulle het van heidendom tot die Here bekeer en het ‘n voorbeeldige lewe gelei.

Tog skrywe hy aan hulle in 1 Thess.4:3 dit is die wil van God Julle heilgmaking.

Vs.7 Die Here het ons nie tot onreinheid geroep nie maar tot heiligmaking.

5:23 verwys na heiligheid as reinheid.

TOEYDING EN KERUISIGING:

Daar is belangrike verhouding tussen die twe. Kruisiging is afhanklik van toewyding. Dink aan die Here Jesus:

Golgota moes Hy bereid wees om gekruisig te word en Homself daarvoor toewy, maar Golgota was was die fisiese pyn en smarte wat Hy vir ons deurgegaan het.

Joh.17:19 bid Hy dat die Vader hulle in die waarheid moet heilig. En dan bid Hy nie Sy wil nie maar U wil geskied. Luk.22:42.

Golgota het Getsemane vooraf gegaan. Net soos met my g\bekering was daar die tiewyding voor redding.

Sien Hand.26:18 “om hulle oë te open dat hulle van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die heiliges kan ontvang.”

Gal.3;3 Is paulus verwonderd dat hulle in die Gees begin het en in die Heilige Gees geeindig het.

Ons word alleen deur genade deur die geloof gered, soos volkome maak ook na die daad verwys waarin ons volkome gemaak word tot op Sy wederkoms.

Deel van hierdie redding is daardie werk waarin die Here my siel verlos van hierdie mag wat my verhinder  om die Here met ‘n volkome hart te dien en dan my te bekragtig om Hom voortdurend te behaag.

DIE VERHOUDING TUSSEN TOEWYDING EN HEILIGMAKING:

Die verhouding tussen toewyding en heilgmaking is meer komplelks. Daar is beslis ‘n verskil tussen tyoewyding en heiligmaking.

Toewyding beteken om heilig te maak en eenkant gesit te word vir ‘n spesifieke doel.

Heiligmaking gaan veel dieper. Dit beteken om ioemand vry te maak van sondes en te reinig van morele vervallenheid. M.a.w. om ons vry te maak van sonde, of om ons te reinig. Joh.17;17 gee ‘n voorbeeld.

Verskeie kere in die O.T. word van die dissipels verwag om hulleself te heiligIn Lev.11:44 kom dieselfde woord Kadesh na vore wat beide as toewyding en heiliging beskrywe word.

TOEWYDING GAAN HEILIGMAKING VOORAF:

Daar is die menslike toewyding en Goddelike reiniging. Een van die belangrike N.T. gedeeltes oor toewyding is Rom.12:1-2.

Word nou voortdurend verander na die beeld van ons Heiliand deur die vernuwing van julle gemoed of verstand.

Daar is die totale toewyding en aanhoudende vernuwing.

Daar is ‘n aanvanklike toewyding wat deur vvortdurende oorgawes gekenmerk word.

Dit beteken nie net ‘n eenmalige ja nie, maar ‘n aanhoudende ja vir die Here.

Terme liggaam in Rom.12;1 Verwys na die hele menslike wese.

Dit verwys ook na my gedagtes moet ten volle aan die Here oorgegee wees en die dinge wat daarbo is bedink.

Rom.6:13 Moet nie julle lede tot beskikking van die sonde stel nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het.

Dit beteken toegewyde oe, hande voete spraak elke afdeling van my lewe I aan die Here toegeywd.

Hou op om jou lede diensbaar te stelas instrumenete van ongeregtig-heid tot sonde,

Liggaam is die instrument waardeur ons liggaam werk.

Liggaam siel en gees.

KRUUISIGING:

Die tweede aspek van ons onderwerp in die kruisiging.

Paulus verwys na homself dat hy met Christus gekreuisig in in Gal.2:20

Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. Ek is gedood en leef as ‘n gestorewene, dit gaan nie meer oor my eie ego nie, maar die wil van die Here in my lewe.

Rom.6:6 Aangesien ons weet dat die oue mens saam met Christus gekruisig is sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak kan word.

En ek vir die sonde dood is.

Le5ring sonder lewe is dood.

Wat gekruisig I, is die oue mens. Adam se natuur. Dit is soos ‘n sterfbed waar ienmand geleidelik mag sterwe, maar daar kom ‘n punt waar die liggaam van die siel skei, soos die kind van God sterf aan homseldf en by die plek kom waar hy van sonde verwyder is.

Die dood is sy regvedigmaker en verlosser. Nie die fisiese dood nie.Geestelik.

Paulus verwys na die dood as ons vyand 1 Kor.15:26.

Paulus verwys in Rom.6:11 hoe ons van die dood aan self aan ‘n einde kom.

Reken jouself dood vir die sonde, maar lewend vir God.

Die Here Jesus as sê as ons agter Hom aan wil kom: Moet ons onself verloën en agter Hom aan bvolg Matt.16:24.

Dit verwys na ‘n spesifieke ondervinding en keuse Hy wie ‘n dissipel wil word, moet homself verloen om die wil van die Here te doen.

Baboes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00