HEILIGMAKING IN KOLOSSENSE: Kol.1:9-14
Vir die kerk van Kolossense het Paulus die Here hartlik bedank, vir hulle geloof, hulle liefde en hoop. Dit is meer dikwels so dat kinders van die Here mekaar se foute uitwys, sonder om die werk van die Gees van God in ‘n persoon op te merk en die Here innig daarvoor te dank. Dit is wanneer ‘n persoon met so ‘n oog na ‘n mede kind van God kyk, dat ‘n persoon kan bid dat die Here sal voortgaan en Sy volle doel in daardie persoon sal bereik en dat Hy so ‘n persoon ryklik sal seën.
Ons begeerte moet vir die beste wees in elke mede broeder en suster se lewe. Ons kan nie iemand lief hê in wie ons nie iets van die genade van God kan sien en vir wie ons nie kan bid dat die Here meer moet gee en in wie die Here meer moet inwerk, ten goede nie. Hy moet krag en sterkte, daagliks vir ons inwerk, omdat ons uit eie stoom nie die mas kan opkom nie, en omdat ons daagliks tot ‘n min-dere of meerdere mate geestelik ‘getap’ word en hervul moet word.
Paulus het intens gekyk na die Kolossense gemeente en hulle wandel waargeneem. Hy het opgemerk dat ten spyte van die seën wat hulle is, daar tog iets skort in hulle lewens. Paulus het nie begeer dat hulle in enige opsig agter moet raak in enige iets wat tot hulle heil kon strek nie, en hy het vir hulle gebid het dat hulle vervul mag word met al die volheid van God en mag toeneem in die genade en kennis van God, sodat hulle dit kan onderskei waarop dit aankom.
In hierdie gebed toon die apostel sy geloof in die alvergenoegsaam-heid van God, as hy vir die ”broeders in Christus…” bid, dat hulle geseën sal word met alle kennis van sy wil in alle wysheid en geestelik insig…”. Laat ons in gedagte hou dat ons dieselfde Here het, wat ‘n rykdom het vir almal wat Hom aanroep.
1. WAT DIE HERE VIR ONS GEDOEN HET
a. Hy het ons verlos
“…in wie ons die VERLOSSING het deur sy bloed, naamlik die
vergifnis van die sonde…” v14.
Titus 2:14 “…wat Homself vir ons gegee het om ons te VERLOS
van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te
reinig, ywerig in goeie werke.”
Die prys wat betaal is vir ons verlossing is onverganklik.
I Pet.1:18 “…omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge
silwer of goud, LOSGEKOOP is uit julle ydele lwenswandel wat
deur die vaders oorgelewer is nie…” en dit het ewigheidswaarde.
Hy het ons VERLOS, wat ‘n geweldige prys gekos het. As ons in ag
neem dat dit uit die mag van die bose is en dat aan ons vergifnis ge-
skenk is, weet ons dat dit ‘n ondenbare prys was, wat betaal is.
Dit beteken ook noodwendig dat dit ons in gemeenskap met Hom-
self gebring het. Ons deel in alles wat Hy het en is. V14 “…in wie
ons die VERLOSSING het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van
die sondes…” Dit is ‘n baie peroonlike saak en ‘n versekering wat
aan die kind van God gegee word.
b. Hy het ons vergewe
“…naamlik die VERGIFNIS van die sonde…” v14.
God het, om Christus wil, dit gedoen en Hy was gewillig om ons te
vergewe en vir ons alles te doen wat ons as gereddes nodig het.
Efe.4:32 “…vergeef mekaar soos God ook in Christus julle VER-
GEWE het.
c. Hy het ons bevry
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis…” v13.
Verlos van die greep van die sonde, van die vrees van die dood en
die skrik van die donkerte en die heerskappy en die misleiding van
die bose.
Hy het ons BEVRY van die duisternis (en hierdie duisernis word
verpersoonlik), en ons oorgebring in/na die lig. Net die Seun van
God kan ‘n persoon verlos van die duisternis en van die magte van
die bose, wat die mens blind hou vir die dinge van God en vir die
waarheid van verlossing en vergifnis.
Deur Sy bloed en in Sy kosbare Seun het ons die verlossing en vry-
making. Hy het die losprys vir ons betaal, sodat ons sondes uitge-
kanselleer kan word en ons waardig mag wees om die ewigheid te
beërwe. Al die skuld en aanklagte van die bose, wat ‘n uitwerking
op ons het, neem Hy weg. Enige invloed en uitwerking van sonde,
neem Hy weg.
Hy begeer om saam met ons te deel in die heerlikheid wat kom. Dit
is die begeerte van ‘n hart van liefde.
d. Hy het ons tot rus gebring
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorge-
bring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde.” v13.
Ons wat vreemdelinge en bywoners was, is deur die genade van God
uitgehaal uit die duisternis en oorgebring in ‘n nuwe koninkryk, met
totaal en al nuwe voorwaardes. Ons het oor beweeg van dood na
lewe.
II. WAT DIE HERE VIR ONS WIL DOEN
a. Ons vul met die kennis van Sy wil
“…dat julle vervul mag word met die KENNIS VAN SY WIL en
alle wysheid en geestelike insig…” v9.
Ons moet kennis van God hê om Hom te kan gehoorsaam. Ons ken-
nis word wysheid as ons dit toepas in die praktyk van die lewe. Kin-
ders van die Here moet nie net daarna streef om die wil van God te
ken nie, maar om daarin toe te neem.
Efe.1:9, 10 “…deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil
bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem
het, om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge
wat in die hemele sowel as op die aarde is, onder een hoof in Chris-
tus te verenig…”
Kennis is ‘n seën net as dit toegelig word met geestelike insig.
Daar was niks wat Paulus so behaag het, as dat ander die volheid van
die Gees kon smaak nie. Alhoewel die Kolossense kennis het, het
hulle meer nodig, totdat hulle vervul is met al die kennis van God.
Hulle moes toeneem in kennis van die Waarheid. Volgens hierdie
wandel voorsien die Here die nodige krag. Volharding in alle om-
standighede.
Die feit dat ‘n mens se lewe Hom behaag, bring groot berusting by
die persoon.
Soos die helder strale van die sonlig die aarde vul met lig en hitte, so
sal die Son van Geregtigheid hulle hele wese vul met goddelike heer-
likheid, sodat hulle die wil van God kan ken, in alle wysheid en
geestelike insig, dat hulle so ‘n mate van kennis van die dinge van
God mag hê, dat die Gees van God hulle daarin kan onderrig.
Met die karakter van God in gedagte gehou, is daar geen plek vir
blote spekulasie nie. Sy wil vir ons is duidelik in Sy Woord geopen-
baar en Sy Gees is gewillig om dit aan ons te openbaar en ons daar-
in te onderrig. Hy gee wysheid en geestelike insig. As iemand wys-
heid kortkom, kan hy dit van God afbid.
b. Ons om waardig te wandel
V10 “…sodat ons WAARDIGLIK met Hom kan wandel om Hom in alles te behaag…”.
Om te wandel, is om aktief te wees in my verhouding met die Here.
Om waardig te wandel, is ‘n wandel wat pas by die hoë en eerbare
roeping waartoe die Here vir ons geroep het. Dit dui ook op die
reinheid van die Een wat ons geroep en ons eie reinheid en heilig-
heid in Hom.
Dit pas by ‘n kind van God se lewe, wat getuig van Hom, omdat die
lering van heiligheid, deur ‘n heilige lewenswandel bevestig word.
Dit bring sin in die lewe van die gelowige.
Ons moet alles doen op die beste moontlike manier, in die beste tyd
tot ons beskikking en met ‘n gesindheid wat God sal behaag. Selfs
‘n goeie daad kan op ‘n verkeerde tyd en met ‘n verkeerde gesind-
heid gedoen word en oneer bring op die Naam van die Here en die
Gees van God bedroef.
Daar is baie verwysings in die Woord van God rakende die christen
se wandel, wat die uiterlike en sigbare weerspieëling van hulle elke
dag lewe voor die mens is, wat God moet behaag.
“Dat ons waardig sal wandel, die roeping waartoe ons geroep is.”
Efe.4:1. Dit gaan gepaard met dankbaarheid.
Rom.6:4 “…so in’n nuwe lewe kan wandel…”
Efe.5:15 “…nie as onwyse nie, maar as wyse…”
HENOG het getuienis ontvang dat hy God behaag het. Heb.11:5
“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien
nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het;
want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God
behaag het.”
“…maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag…hulle wandel
en word nie moeg nie…” Jes.40:31.
c. Ons vrugbaar te maak in elke goeie werk
V10 “…en in elke goeie werk VRUG MAG DRA…”
Om bloot onskuldig te wees rakende verkeerde dinge is nie voldoen-
de nie. Die Here saai in ons harte goeie saad en verwag goeie vrug.
Alle werk moet vrug voortbring, nie net sommiges nie.
Wat ‘n bemoediging is dit nie vir elke moedelose kind van God nie.
Dit is moontlik omdat dit God welgevallig is.
Joh.15:8 “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug mag
dra…”
‘n Onvrugbare bediening bring oneer op die Naam van die Here.
Waar die Gees van God beheer het, is die vrug van die Gees werk-
saam. Gal.5:22, 23.
Die Gees van God is vrugbaar in al Sy werk. Bly in Hom en laat Hy
in u bly, dan sal u vrug dra wat sal bly.
Joh.15:6 “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos
die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die
vuur, en dit verbrand.”
Die Here moet ‘n behae vind in dit wat ons doen, ook die manier en
motief waarmee ons dit doen.
Hoe meer vrug ‘n mens voortbring in goeie werke, des te meer sal
‘n mens toeneem in die kennis van God.
d. Ons bekragtig met alle krag
V11 “…en met ALLE KRAG bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid…”
Waar daar geestelike lewe is, is daar ook krag nodig om daardie lewe
te kan lewe. Alle krag is beskikbaar vir die wat in Hom glo en wat
Hom nodig het. Dit hou ook in dat ek toegerus sal wees vir elke
goeie werk maar ook krag sal ontvang om elke ongeregtigheid teë te
gaan.
Hy bid dat hulle krag sal ontvang deur al hulle beproewinge heen,
maar dat hulle ook hulle vreugde in die Here sal vind.
Hierdie lewe waarin die kind van God hom bevind bied aan hom ook
die outoriteit oor die mag van die bose en krag om:
i. Geduldig te wees – en ons lyding te ontvang, asof die Here dit ook oor ons toelaat en Hom te dank, dat Hy ons sal deurdra.
ii. Lankmoedigheid te wees in al ons werk – om ons in staat te stel om nie net lyding vir die oomblik te kan dra nie, maar so lank as wat die Here dit oor ons toelaat.
iii. Om vreugdevol te wees – dat ons waardig geag word om vir
Hom te ly. Om vreugde en geduld te hê te midde van stryd.
Dit is nie moontlik uit ons eie krag nie, maar net deur die
krag wat God vir ons voorsien.
“…tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap.” Dit
verg sterk geloof om geduldig en vreugdevol te wees, te midde van
langdurige lyding. Baie van God se heiliges het in die verlede onder
-vind dat hulle in hulle swakhede krag ontvang. Heb.11:34 ”…krag uit swakheid ontvang…”
Die genade van God, in die harte van die gelowiges is die krag van
God en daar is heerlikheid in hierdie krag. Die spesiale gebruik vir
hierdie krag, was om deur loutering te kon gaan. Almal wat hemel
toe gaan, word voorberei daarvoor terwyl hulle nog op aarde is.
Deur geloof in Christus ontvang ons vergifnis van sonde en deel ons
in alle geestelike seëninge in Christus. Aan die einde van die dae,
wanneer Jesus terug kom, sal alle smart en lyding neergelê word en
sal ons in Sy heerlikheid en Sy teenwoordigheid ons verlustig.
e. Ons geskik maak vir die erfdeel van die heiliges in die Lig
V12 “…en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om
DEEL TE HÊ AAN DIE ERFDEEL VAN DIE HEILIGES IN
DIE LIG…”
‘Om ons geskik te maak, is nie ‘n proses nie, dit is nou hier, in ‘n
oomblik en vir altyd.
Niks wat ons ontvang het is uit onsself nie, dit is alles uit die genade
van God. Verniet het ons dit van Hom ontvang, verniet moet ons dit
gee. Ons dank moet aan Hom gaan, wat ons waardig gemaak het.
Die gelowige het ‘n voller lewe met meer lig betree in die teenwoor-
digheid van God en het hulle erfdeel gevind in hulle gemeenskap
met hulle Verlosser.
“Lig” in die Woord van God, is gebruik om kennis, geluk, reinheid,
vertroosting en vreugde wat uit die hand van die Here ontvang word
uit te druk.
Soos dit in Egipteland stikdonker was, ook a.g.v. die gebrek aan lig
en geestelike lig, maar by die Israeliete lig was, so is dit vir ‘n wêr-
eldling donker en het die kind van God die voorreg om in Sy Lig te
wandel. Duisternis dui op blindheid, haat en ellende. En die bose
het mag en outoriteit oor sy prooi.
Die geredde se ewige tuiste sal LIG wees. Dit is die realm waain
Christus vir ewig sal heers.
Ons is kinders van die Lig en van die dag, en in ons behoort geen
rede tot struikeling te wees nie.
OM SAAM TE VAT, MOET ONS DIE HERE DANK VIR:
1. DIE WERKING VAN DIE GEES VAN GOD IN ONS
LEWENS
2. DAT HY ONS OORGEBRING HET UIT DIE DUISTER-NIS, NA DIE KONINKRYK VAN DIE SEUN VAN SY LIEFDE – ons deel nou in ‘n staat van reinheid en lig
3. HY HET ONS WAARDIG GEMAAK OM TE DEEL
IN DIE ERFDEEL VAN DIE HELIGES
SLOT
Die inleiding van die Brief aan die Kolossense is nou afgesluit. Paulus het die Here gedank vir die lewens van die christene in Kolosse, soos hy dit verneem het van Epafras. In sy dankgebed het hy gebid dat die Here hulle sal vul met die kennis van sy wil en met sy volheid, sodat hulle waardig, hulle Meester, kan wandel.
Ook sodat hulle vrug kan dra en kan groei, dat hulle met vreugde sal volhard, in dankbaarheid teenoor God. Hierdie gebed was op die lippe van Paulus, van die eerste dag af dat hy gehoor het van die Kolosse.
Hy dank die Here ook dat hierdie Kolosse deelgenote is van die erfdeel van die heiliges, dat hulle hoop en toekoms in die realm van die Ewige Lig is, deurdat Hy hulle verlos het uit die duisternis en hulle oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde – in die koninkryk van Lig.
Hulle staan reeds in die nouste verhouding tot die Seun. Hulle vryheid is in Hom, want in Hom het hulle vergifnis van sonde.
******************