HEILIGMAKING 1 KOR.2:14-3:8

INLEIDING:

Ons het al so dikwels na die onderwerp van reiniging gekyk, en dit is die gebed van ons harte dat die Here nie net lig sal werp in ons lewens nie, maar dat ons sal reageer en doen wat Hy van ons verlang.

Kom ons kyk na die drie groepe onder:

A)    DIE ONGEREDDES:

Hulle is die wat nog nie die sekerheid dat die Here hulle siele gered het nie, en wat dood is in sonde en in misdade. Onder hier-die groep is daar basies drie groepe nl:

i) Die Goddeloses:

Hulle is die wat skelm, rowers, in growwe sondes leef, wat drink en dobbel en die lotto kaartjies invul ens.  Hulle bewandel die breë pad en sê dat hulle net een lewe het en elke oomblik daarvan moet geniet. Hulle begrip van genietinge is totaal verdraaid.

Volg die breë pad.

ii) Die goeie kerkmens:

Gaan elke Sondag kerk toe, hou matigheid voor oë en drink en dans net matig.  Hulle sal vloek en growwe taal gebruik en sal hulle hande afwerk as hulle dit vir die kerk kan doen.  Gemeet volgens hulle persepsie leef hulle nie roekeloos en so sleg soos die sondaars nie. Tog sou jy hulle oor hulle verhouding tot die Here vra is hulle onseker.  Hierdie mense is dikwels liggeraak, en oor sensitief vir elke tipe aanhaling wat iemand van hulle sou maak.

iii) Die goeie ongeredde:

Hulle het dikwels baie goeie normes en kan selfs baie voorbeeldig lewe.  Hulle doen niemand enige kwaad aan nie, gaan nie kerk toe nie, lewe ‘n fatsoenlike lewe, en is baie eerlik in hulle besigheid. Iemand het eens gesê dat hulle ‘n skaap moet gaan steel om te weet hoe dit voel om skuldig te wees, sodat hulle hul verlorenheid kan besef.

B)    DIE GEREDDE:

Hierdie persoon het reeds by die plek gekom waar alles in sy lewe nuut geword het. Hy is gered en leef nou totaal nuut. Kom ons kyk na sommige eienskappe van so ‘n persoon.:

Verlos van sondes wat hy gedoen het.

1)      Eienskappe van weergeborene:

i) Hy lei ‘n regverdige lewe: 1 Joh.2:9.

ii) Hy het oorwinning oor sonde:1 Joh.3:9.

iii) Het sy broeders lief: 1 Joh.3:14.

iv) Hy het ‘n medelydende gees: 1 Joh.3:17.

v) Erken die Godheid van Jesus: 1 Joh.5:1.

vi) Oorwin die wêreld: 1 Joh.5:4.

vii) Innerlike getuienis van die Gees: 1 Joh.5:13.

2)      Gevolge van wedergeboorte:

i) Daar is lewe.

ii) Daar is liefde.

iii) Die ou natuur word onderdruk.

iv) Ek het vrede met God.

v) Die lote van sonde is vernietig.

vi) Wedergeboorte gee my die reg om hemel toe te gaan.

vii) Neem die nuwe mens in die Here Jesus aan.

viii) Daar is afwisselende blydskap.

ix) Daar is vergifnis deur oorgawe en belydenis en geloof.

x) Hier was die aanneming tot kinders van God.

xi) Ek het die Goddelike natuur ontvang maar besit ook nog die

      sondige natuur.

xii) Dit neem ons uit die wêreld.

xiii) Dit maak ons vry van uiterlike sondes en oordeel.

xiv) Ons is met die loot verenig.

xv) Daar is die fontein van water.

3)      Wedergeboorte se verhouding tot sonde:

i) Is vergewe en toegedek. Ps.32:1; Jes.55:7; Jer.33:8;

1 Joh.1:9.

ii) Sondes is verwyder. Ps.103:12.

iii) Sondes is in die diepste see gewerp. Miga 7:19.

iv) Agter God se rug gewerp. Jer.38:17.

v) Word uitgevee. Jes.44:22-23.

vi) Word nie meer gevind nie. Jer.5:20.

vii) Nie meer onthou nie. Jer.31:34.

3)      DIE GEHEILIGDE:

Hy het by ‘n plek gekom waar hy met sondes klaar gespeel het en aan die einde van homself en sy belange gekom het, en gesterf het aan die effek daarvan wat in die sondige natuur gesetel is.  So ‘n persoon leef nou Christus gesentreerd.

1)      Hy het die vrug van die Gees:

i) Liefde                        ii) Blydskap                  iii) Vrede

iv) Lankmoedigheid      v) Vriendelikheid          vi) Goedheid

vii) Getrouheid  viii) Sagmoedigheid      ix)Selfbeheersing.         

2)      Eienskappe van ‘n geheiligde lewe:

i) Daar is lewe in oorvloed.

ii) Die volmaakte liefde wat die vrees na buite dryf.

iii) Die ou natuur is hier vernietig.

iv) Ek het die vrede van God.

v) Die wortel van sonde is vernietig.

vi) Is nou geskik om hemel toe te kan gaan.

vii) Lewer nou die ou mens uit.

viii) Konstante blydskap binne verdrukking.

ix) Reiniging bring my in ‘n priesterlike verhouding.

x) Verlos van onheilige geaardhede en abnormale praktyke.

xi) Wandel nou in die lig.

xii) Bring die heiligheid van God terug.

xiii) Neem die wêreld uit ons uit.

xiv) Maak ons volkome vry.

xv) Reiniging van die loot sodat dit veel vrug kan voortbring.

xvi) Strome van lewende waters vloei nou deur u.

3)      Verskillende sieninge rondom die volheidslewe.

i) Daar is die Plymoth brethern groep wat glo dat met redding ek

   vervul word.

ii) Die Kewick siening wat glo dat vervul word sonder reiniging.

iii) Die Pinkster siening wat glo dat ek een of ander ondervinding

      moet hê, sonder die reinging.

iv) Die Wesliaanse sienig of te wel die Bybelse sienig dat daar ‘n

      besliste ondervinding van reiniging van die inwonende sonde 

      is en dan die vervulling van die Heilige Gees wat my

      instaatstel om oorwinning oor sonder te smaak en ‘n kragtige

      getuienis te hê.

4) Die Bybel gee verkillende omskrywinge vir die begrippe:

a) WEDERGEBOORTE:

i) Geregverdig: Om die sondaar in die regte verhouding met die

Here te bring.

ii) Vergifnis: Die aspek van ‘n oppergesag wat genade aan ‘n rebel

betoon.

iii) Wedergeboorte: Die ouerlike aspek. Die ongeredde word

gered deur ‘n daad van Goddelike genade en

krag, en ontvang ‘n nuwe lewe.

iv) Aaneming: Die familie aspek: Die Here neem die belydende

siel aan as Sy kind.

C) HEILIGMAKING:

i) Gedoop met die Heilige Gees en met vuur. Matt.3:11

ii) Die liggaam van sonde vernietig. Rom.6:6

iii) Met Christus gekruisig. Gal.2:20

iv) Is dood vir die sonde. Rom.6:11

v) Volkome geheilig.1 Thess.5:23

vi) ‘n Rein hart. Matt.5:8

vii) ‘n Skoon hart. Ps.51:10

viii) Die ongeregtigheid verwyder. Jes.6:7

ix) Reiniging van alle vuilheid.Ese.36:25, 2 Kor.7:1

x) Gereinig van alle ongeregtigheid 1 Joh.1:9

4)      Tipe versoekinge verskil:

i) Lewe nou in subtiele aanslae.

ii) Het vervolging binne geledere van Christene.

iii) Beleef die reinigende werk van Golgota.

iv) Leef Christus gesentreerd.

Waar staan u vandag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00