HEILIG AAN DIE HERE:1, 1 PET.1:13-16
Gedate van aangord is om as soldaat myself weerbaar te maak teen die aanslae van die duiwel. Petrus gebruik hierdie beeld om te se dat ons ook ons gedagtes op so ‘n manier weerbaar moet maak. Wees gereed om te dink, wees nugter en wees op die waak, en hoop op die einde van die openbaarmaking van die Here Jesus Christus.
Gehoorsame kinders laat hulle nie meer wegvoer in eie begeertes nie, maar soos Hy wat julle geroep is heilig is, moet ons ook in ons hele lewensstyl heilig wees. Dit verwys na gesindhede en handelinge en in my hele lewenswandel.
KOM ONS KYK NA DIE
BETEKENIS VAN HEILIGHEID:
Wat verstaan u onder heiligheid?
A) HY GEE ONS ‘N BEVEL:
Kyk na die konteks waar dit in die O.T. voorkom.
Dan gaan ons die karaktereienskappe van heiligheid bekyk.
Die (Konstrains) wat oor ons lewens kom.
WAAROM MOET ONS HEILIG WEES?
Daar is ten minste drie redes waarom heilig moet wees. Dit was die bevel en plan van die Here in Efe.1:4 Die Here beplan het beplan dat die mens heilig moet wees.
Dit is deel van God se plan 11Tim.1:9. Die Here het ons met ‘n heilige roeping geroep daarom dat Hy ons gered en geroep met ‘n heilige roeping voordat die wêreld begin het.
Ons moet heilig wees, want Hy roep ons daartoe. Dit is ‘n bevel. Wees heilig. Hierdie word is in die teens-woordige voordurende tyd geskryf.
Dit is in die meervoud geskryf wat bevestig dat die Here van ons verwag om heilig te wees en dat ons daarin moet groei. Deur Sy magtige hand stel Hy ons instaat om dit te verkry en te behou.
Dit is in die imperatiewe tyd geskrywe wat daarop dui dat dit nie ‘n voorstel of opsie is nie, maar ‘n moet. En dit is vir nou. Die moet ons help om dit te wees.
Geen Bybelse Christen sal die balangrikheid van heilig-heid miskyk nie. Hebr.12:14 bevestig ook: “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie”
Heiligheid is nie opsioneël nie, dit is vir die mens beplan.
Alhoewel daar baie antwoorde mag wees oor wat heiligheid is: moet daar duidelike antwoorde hieraan gekoppel word.
Die basis van heiligeheid is om die lewe van die Here Jesus te bestudeer. Die finale openbaring van dit wat die Here aan ons wil sê is in die Here Jesuis Christus. Die vraag kan maklik gevra word hoe moet ek dit word aangesien ek nog nooit die Here gesien of aangeraak het nie, ek sal dit graag in vlees en bloed sien funksioneer.
Hoe werk dit in my wandel en in my praat. Daarom dat die Here Sy Seun Jesus na die aarde gestuur het om vir ons presies te wys hoe heiligmaking is en lyk. Daarom dat Johannes die Here Jesus as die Woord aanspreek. “In die begin was die Woord en die Woord was by God, en die Woord was God, Hy was in die begin by God”. Joh.1:1+2. Vs.14 sê: “En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon- en ons het Sy heerlikheid, genade en waarheid aanskou… soos die van die Vader”
In Joh.1:18 sê Hy dat die Here Jesus die Vader aan ons geopenbaar het. Hy het aan ons kom openbaar hoe God die Vader lyk. Joh.14:8 Vra Fillippus; “Toon ons die Vader” Vs.9 “Jesus sê vir hom; Ek is so lankal by julle” Die Here Jesus wil vir hom sê as jy My gesien het, het jy die Vader gesien. Wat Hy sê is nie dat Hy die Vader is nie, maar dat Hy niks doen tensy die Vader dit aan Hom bekend maak nie.
Oor en oor sê Hy dat Hy nie sy eie woorde spreek nie, maar die woorde wat die Vader aan Hom gee.
Hy doen nie Sy eie werke nie, maar dit wat die vader aan Hom openbaar. Hy het nie eens op Sy eie innisiatief gekom nie. As jy wil weet hoe die Vader is, kyk na die Here Jesus, en Hy is dieselfde as die Vader. Jy kan nie meer heilig as die Here Jesus wees nie.
HEILIGHEID IS DUS CHRISTUS GELYKVORMIGHEID:
Baie mense sal heiligheid interpeteer as spreek in tale, en letterlik enige iets. Dit kan goed selfs in skere kringe vrot beteken. Dit beteken om Christus gelykvormig te leef, dat ons Christus gelykvormigheid in die huis, in die familie en in elke aspek van die samelewing uitleef, waar dinge verkeerd loop by die werk, onder druk, ons verwys na heiligheid is Christus gelykvormig.
Ons kan deur verkeerde defenisies foute maak in die verklaring van heiligheid. Ons kry woorde soos heilige, heiligheid, reinheid toewyding en oorgawe, reinging heiligmaking ens. Veel meer woorde word in die Engels gebruik. Al hierdie woorde het sy oorsprong in een Hebreeuse word wat van die Kodesh familie afgelei word. In die Grieks is die familie word Hag Hagias Hagiasmos ens.
Die verskeidenheid van Engelse en Afrikaanse woorde laat soms verwarring veroorsaak, en mense maak teg-niese stellinge soos daar is ‘n verskil tussen heilgmaking en heiliging is ens.
Die vertalers van die Bybel het die woord Kodesh en Hag as annoniem gebruik in hulle vertalings, sonder sterk teologiese onderskeide. Daar is mense wat reken dat heiligheid van hartsreiniging geskei kan word. Heiligheid sê hulle is ‘n staat of ‘n kondisie, en heilig-making is die proses, waardeur iemand hartsreiniging ondervind. Ons bevestig dat heiligheid is ‘n staat of ‘n kondisie, en neem toe, die woord Heiligmaking, sê dat dit na askie verwys, en dan word daar verwarring gebring. In die heilige lewenswandel is daar ‘n groei in heiligheid.
Heiligmaking is ‘n staat, en is nie in Engels geskrywe nie, maar in Grieks en Hebreeus. Dit bly altyd belangrik dat ons na die konteks van die Woord sal kyk, soos bv. Reis en rys kan twee uiteenlopende betekenisse hê en alleen binne die konteks sal ons die regte betekenis van rys kry. Die konteks bevestig die betekenis.
Kom ons kyk na bv.11 Kor.7:1 “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons, ons van, alle besoede-ling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring”
Die word volbring is die word volmaak: wat die teens-woordige voordurende tyd aandui. Heigheid is iets wat jy in jou lewe ontwikkel en die vrees van die Here ondervind en met die Here wandel, word meer en meer heilig en word soos die Here Jesus.
KOM ONS KYK NA DIE KONTEKS:
Petrus het uit Lev.11:44 is die konteks baie interresant.
Vs.44; 45 “Want Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. Want Ek is die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle heilig wees, omdat Ek heilig is”.
Petrus haal nou ‘n O.T. bevel aan uit Lev.11 en sê nou in die N.T. dat ons heilig moet wees, soos Hy heilig is. Hierdie gedeelte handel met rein en onrein voedsel. Wat het kos met heiligheid te doen. Hy verwys na die diere wat herkou en hoewe het, visse wat nie vine het nie mag nie geëet word nie.
Wat was die doel daarvan. Kom ons kyk na Israel en die probleem wat die Here gehad het om die Israelliete te leer wat heiligheid werklik is. Toe die sondeval plaas-vind het die woordeskat van die mens ook in gedrang gekom.
Heelwat eeue het verby gegaan voordat die Here vir Abraham geroep het en wat daarna gebeur het. 70 het na Egipte afgegaan en het daar vermeerder, en het omtrent 2 en half miljoen mense volgens Num.1+26 was daar 600 000 man van 21 jaar oud en ouer wat militêr en het ouers vir hulle en kom by om en by 2 en half miljoen Israelliete, in Egipte.
Wat het in Egipte met die Israellite gebeur sien ons in Eseg.20. Isrealliete het valse gode aanbid, die gode van Egipte aanbid. Hfst.20:5-9 Die Here wou hulle in Egipte uitroei, maar Hy het gelofte gemaak dat Hy hulle sou uitlei en nou om hulle uit te bring sal die Here die volk eers moet opvoed.
Waarom het die Here ‘n reeks van 10 plae gestuur: Dit was objektiewe lesse wat die Israelliete moes leer dat die gode van Egipte krag het, maar dat die Here veel groter as hulle is. Hulle het ook die gode aanbid en saam met dit opgegroei.
Hoe moes die Here hulle leer dat daar net een God is. Hy het stelselmatig elke god en godin van die Egipte-nare verwoes, en elke mag in die Egiptiese bestuur uit-gewis, sodat daar geen twyfel in die Israellite se hart was, wie die God van die hemel en aarde is nie. Jambres en Jambries het ook hulle stawwe neergegooi, maar Moses se slang het hulle opgevreet.
Toe hulle uit Egipte gekom het was daar geen God soos die Here nie. Die Here open die Rooi see en ses honderd soldate plus hulle lyfwagte was in die waters verwoes. Die Here moes die gedagtes van die volk laat verander deur al die wonderwerke dat hulle moes besef dat die Here God is.
Berg Sinai Ex.19 en Ese.16; Jer:3; Hos.2 Israel was soos ‘n jongvrou wat net begin ontwikkel het, en sy was heilig aan die Here. OT berg Sinai het die Here met Israel in ‘n huweliks verhouding ingetree. Israel word die vrou van die Here en kla die Here hulle aan van hoerery.
Geestelik gebeur dieselfde as fisies as ek van die Here wegbeweeg, ek leef in hoerery. In hfst.20 gee die Here Sy wette en die volk hoor die trompette en Ex.21-23 verduidelik die Here wat Hy van hulle verwag. Hfst.24:3 kom alles tot ‘n klimaks toe die volk gesê het dat hulle al die woorde sal doen. Hulle het dit bedoel. Hfst.24:6-7 en word bloed op hulle besprinkle. Moses gaan weer op die berg van die Here, en Moses se Aaron en Hur is daar om na julle behoeftes om te sien. Volk moes leer dat daar net een God is en dat Hy hulle God is.
Moses is oor ‘n maand weg, en hulle bly die rook op die berg sien, en volk wil nou weer ‘n diens hou. Hoe moet hulle God aanbid. Ons begin met ‘n lied, dan afkondiges en offergawe, en wat nie alles nie, ons het ‘n sekere prosedure. As in diens kom waar nie gewoond is aan wat doen nie, voel soms vreemd ens.
Ons ondervind in kultuur skok as ons nie gewoond is aan manier van aanbidding nie. Nou wil die Here hulle leer hoe om Hom te aanbid, en te verstaan wat heiligheid is. Hulle wil die Here aanbid.
Al wat hulle geken het was sigbare beelde van gode en godinne en dit was al wat hulle weet, en kom nou na Aaron en Hur en vra, gee ons ‘n beeld sodat ons ons god kan aanbid. Aaron wou ‘n ware beeld van die Here gee, en was nie vanplan om ‘n Baal of iets anders te skep nie. Hy sê hier is ‘n verteenwoordiging van die ware en lewende god. Hulle kom uit ‘n immorele vorm van gods-diens aanbidding en hulle wou geestelik aanbid.
Hulle het oorgegaan in aanbidding van vrugbaarheid aanbid, en wat gebeur. Hulle het hierdie gou kalf gemaak omdat hulle nie beter geweet het nie, dit was waarmee hulle opgegroei het.
Was dit reg, nee, was dit aanvaarbaar: nee, het hulle willens en wetens gerebeleer? Nee. Die Bybel sê nie vir ons so nie. Die Here het ‘n probleem gehad om Sy mense leer wat heiligheid is.
Al die nasies van Kanaan spreek Hebreeus, en al hierdie lande het reeds die betekenis van die word Kodesh geken sien Gen.37. Jy mag nie ‘n hoer gebruik om offer te bring by geestelike rituele nie. Jy mag nie ‘n man prostetuur gebruik om geld in te bring vir geestelike doeleindes nie. Die word Hoer in ons taal is die word Kodesha wat letterlik ‘n heilige vrou beteken. Die word vir die manlike prostetuut is die word Kadesh: ‘n heilig man.
Hoe moes die Here aan hulle dit deurgee dat heilig moet wees want Hy is heilig, terwyl die word heilig met die verkeerde betekenis gevul is. Hoe gaan jy die kinders van Israel opvoed om die regte betekenis van die word heilig te kry.
Die Here het die word heiligheid net een keer in die 50 hoofstukke van Genesis gebruik, waar hy in hfst.2 se dat die Here die Sabbat dag geheilig het. Sien hoe die Here die volk nou moet opvoed om die konteks van heiligheid te verstaan. Hoe doen Hy dit?
Ex.3 Moses se roeping, sien die brandednde bos, en hoor die stem van die Here wat sê: Moses: “Trek die skoene van jou voete af want die grond waarop jy staan is heilige grond” Wat het die grond heilge gemaak. Die basis begrip van heiligheid omsluit die teenwoordigheid van ‘n heilige God, maak grond wat algemeen maak dit nou afgesonder.
Die eerste bestandeel van heiligheid sluit Sy teenwoordigheid daarin. Sy teenwoor-digheid maak ons heilig, en sonder ons af van die algemene. Teenoorgestelde van heiligheid is ‘n algemene lewe, Lev.10:10.
Die Here gebruik vergelykings om Sy heiligheid te illustreer, en Hy doen dit deur deur gewone diere te gebruik en hulle te onderskei tussen rein en onrein.
Voor sondeval was Adam en Eva was vegetarius. Daar was nie dood nie, want sonde was nog nie daar nie. Na die vloed Gen.9:3-4 Alles wat asem het kan jy eet. Die bloed mag julle nie drink nie, omdat daar ‘n besondere leerstellige tipe hierin geopenbaar gaan word, om uiteindelik die Bloed van Sy Seun te verstaan. Kan verder enige iets eet.
In Lev. sien ons maak die Here die onderskeid tussen rein en onrein diere, waarom:
Lev.10:10-11 onderskeid tussen heilig en die algemene. Dan word daar ‘n volgende vergelyking getref dat tussen die rein diere daar net sekeres kan wees wat vir offers gebruik kan word. Dan is daar ‘n verdere indeling nl. Dat hulle in volmaakte toestand fisies moet wees, nie jonger as 8 dae nie, en geen gebrek hê nie.
Die Here probeer hulle leer dat Hy ‘n onderskeid maak tussen die wat heilig is. Die voedsel was vir Heiligheid. Mark.7:2. Ons sien hier dat die disciples nie hulle hande gewas het soos die Fariseërs in hulle eie reëls gehad het nie, sien vs. 3 Hulle hou aan die oorlewering van die ou mense vas.
Die Here Jesus in vs.5-9 wys hulle dat hulle die menslike instellinge eerder gehoorsaam as die geestelike of Bybelse instellinge. Terfergeefs onderhou julle die tradisie. Dan verwys hy na hulle gebrek aan toewyding teenoor die wat die naaste aan hulle is. Reinheid is niks met Goddelikheid te doene nie. Die Here Jesus in vs.18 kom met ‘n meeserlike wyse weerlê Hy dit vs.20. Die Bybelse illustrasie was alleenlik om te wys dat die Here ‘n defenitiewe standard het tussen heilig en algemeen. Wat Hom tevrede stel en wat Hom nie tevrede stel nie.
Vs.20 Bewys Hy dat wat uit die mens uitkom maak die mens onrein. Die Here het geen grys areas, wat reg is reg en wat verkeerd is is verkeerd. Die saak het nie oor voedsel gegaan nie, maar dit wat heilig is moet heilig wees. Die voedsel aspek was nie meer van belang nie, maar wat heilig aan die Here is.
So is daar ‘n verdere afsondering in illustrasies geopenbaar: Die Leviete het met die offers gehelp, maar die spesifiek van die stam van Levi, en moet van die huis van Aaron wees, en hy moet aan al die vereistes voldoen wat die Here van ‘n priester verwag. Daar is ‘n verskil tussen die algemene en die wat heilig is. Verder kan jy nie jou offer enige plek doen nie, dit moet na ‘n spesifieke plek gebring word wat onderskei tussen ‘n heilige plek, en die aller heiligste plek. En dit nog verder net een persoon die hoë priester en dan ook net een keer in ‘n jaar.
Dan mag hulle ook nie normale klere dra nie, hulle moet ‘n heilige mantel dra. Hulle moes kon onderskei tussen wat heilig is en wat algemeen is.
Heiligheid vereis die teenwoordigheid van die Here.
Dit beteken die afsondering van die algemene, en
Heiligheid is dit wat aan die Here alleen belang.
1 Kor.6:19-20 Weet julle nie dat julle ‘n temple van God is nie. Wat ek het is ‘n gawe van God. Daarom moet ons die Here verheerlik, en daarom dat Sy teenwoordigheid my deel moet wees. Daar moet ‘n afsondering wees van alles wat besoedel. Heilige jouself, was jou klere, heiligmaking wys vir ons dat dit skoonheid of reinheid vereis. Hoe moet hulle reiniging anders verstaan as deur die was van die klere en die was van die offer. Ook die priester moes himself was voordat hy met die dinge van die Here besig is.
Wat is Christus gelykvormigheid; Hy het die teenwoordigheid van die Here gehad. Hy het geweet dat Hy aan die Here behoort. Rom.15:3.”Christus het Homself nie behaag nie”
Dit beteken nee vir self en ja vir die Here. Alles wat ek doen en leef is om myself aan die Here te wei en ander daardeur na die Heiland te trek. Dat jy afgesonder is van alees wat vuil en onrein is. Daarom dat ons in 1 Thess.4:3 lees dat dit die wil van die Here is julle heiligmaking, dat julle jul moet onthou van hoerery. Nie net sekseule imoraliteit nie, maar van die wêreld.
Dit gebeur by wedergeboorte. Die tekese wat ek nou na verwys verwys nie na heilgmaking nie, maar na die persoon wat gered is en hom van die wêreld afsonder. Ek doen nie meer my eie wil nie, want dit is beoedeld, ek doen die wil van die Here. Die Here het nie vir my so ‘n lewe gegee wat ek oor en oor moet bely nie, nee Hy het beloof dat Hy lewe en oorvloed kom bied. Ek wil jou nie net van sonde vergewe nie maar van daardie self gesentreerdheid, en wil jou met die Heilige Gees kom vervul, of bekragtig om meer as ‘n oorwinnaar te wees.
Daar is so iets soos algehele heiligmaking maar heiligmaking is nie net hartsreing-ing nie, heiligmaking begin by wedergeboorte, elke weergebore Christen begeer heiligheid want dit is wat die Here is ons harte kom doen. Jaag die vrede na met alle mense. Heiligheid waarsonder niemand die Here sal sien nie.
No.6 Heiligheid word in gehoorsaamheid aan die Woord van die Here gemeet. Sien Lev.20:7-8 In dieselfde asem van heiligheid kom gehoorsaamheid aan die Woord van die Here. Jy kan nie die Woord van die Here tenakom en dan nog heilig is nie. Jy moet in al die lig wat die Here jou bied wandel anders wandel jy volgens die bgeerlikhede van hierdie wêreld en soek jy net jou eie belang. Heiligheid is nie wat ek verdien of in myself opwerk nie, maar ‘n spontane reaksie van dit wat die Here in my lewe kom doen om uit liefde te gehoorsaam.
Ek is afgesonder van die algemene en die algemene en behoort alleen aan die Here en het net een doel edit is om die Here in my liggaam en siel te verheerlik. Ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor ‘n heilige God, ek moet suwer en skoon wees en moet gehoorsaam in elke fasset van die Woord van die Here en alles wat Hy beveel. Dit alleen sal die teenwoordigheid en die seën en die krag van die Here bring, binne in ons lewens.
1 Pet.1:14-15 Die Here verwag van ons om op te hou om die waardes van die wêreld na te volg, maar nou eties eerbaar te wandel volgens die standaarde van die Bybel en nie volgens die standaarde van die wêreld nie. Ons moet verander word in die vernuwing van ons gemoed en verander word na die Heiligheid van die Here in ons lewens.
DISSIPELSKAP
MATT.16:21-26
INLEIDING
Kom ons kyk na die omstandighede.
Die Here jesus en Sy dissipels is in Siseria – Filipi, en die Here Jesus het hulle net gevra, wie sê julle is Ek: Petrus het net opgestaan en verklaar dat die Here Jesus die Messias is, die Seun van die Lewende God.
Die Here Jesus seen Petrus deur aan hom te sê: “Salig is jy Simon Bar Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maat My Vader wat in die hemele is. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is ” Vs.17-20
Hy het aan Sy dissipels gewys dat Hy na Jersualem moes gaan. Dat Hy moes ly, en dat hy moet sterf, en dat Hy weer op die derde dag moet opstaan.
Die Here Jesus probeer Sy dissipels voor te berei vir die kruisig-ing, en is geskok en bedroef om te hoor wat Hy sê en Petrus reageer deur te sê: “Mag God dit verhoed… dit sal U nooit oor-kom nie” Toe bestraf die Here Jesus Petrus met hierdie kragtige vermaning: “Gaan weg agter My, Satan, jy is vir My ‘n struikel-blok, omdat jy nie die dinge van die God bedink nie, maar die dinge van die mens”
Petrus jy is ‘n struikelblok vir my omdat jy nie jou fokus op die dinge van die Here stel nie, die Here se program, en doel, vir My lewe nie. Jy fokus op jou belange en jou planne en wat jy dink moet gebeur.
Dit was in die lig van hierdie gebeure dat die Here Jesus vir Sy dissipels sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy himself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
Dit beheld drie dinge: 1) Jy moet ‘n keuse maak of jy ‘n dissipel van die Here wil wees. 2) Jy moet jouself verloën en jou kruis opneem en My volg.
Wanneer Ek van dissipelskap, verwys nie na iets supers of bo-natuurliks nie, iemand wat uiters bekwaam en wat nie alles besit nie. Dit verwys na ‘n persoon wat wedergeboore is en wat bereid sal wees om die Here Jesus na te volg. Dit beteken om ‘n student van die Here te wees, en om van die Here te leer, en my lewe so in te rig volgens die ahere se beginsels.
Om ‘n dissipel van die Here te wees is daar ‘n dood wat ek moet ervaar, en daar is ‘n doen wat ek moet navolg. Ons kyk nou na die eerste van die drie vereistes, vir dissipelskap.
1) DIE KEUSE WAT EK MOET MAAK:
“As iemand agter My aan wil kom.” Dissipelskap moet gemeet word in die lig van wie die Here Jesus is. Die navolg van die Here Jesus staan direk in verband met die erkentenis van die Here Jesus se identiteit.
Waarom wil iemand die Here Jesus navolg? Waarom sal ons die Here Jesus navolg? Die Here Jesus is nie maar bloot iemand anders nie, maar Hy verklaar self dat Hy: Die Weg, van die Here is, en die Waarheid, en die Lewe is en niemand kan na die Vader kom, behalwe deur My nie.
Petrus bevestig verder die rede hoekom ons Hom moet navolg omdat Hy die Messias, die Geslafde Een is, die een wat kom om te vervul, die vervulling van die Skrifte, die Verlosser, Hy is die Seun van God.
Die Here Jesus sê dat Hy die enigste bron van geestelike groei is. Sonder My kan julle niks doen nie, en dit verwys na geestelike lewe en vermoeëns. Luk. Noem Hy Homself Here. “En wat noem julle My: Here Here! En doen nie wat Ek sê nie” Luk.6:46