GODDELIKE LEIDING Jes.42:16

1.   DIE SEKERHEID VAN GODDELIKE LEIDING

            Een of ander tyd sal elke kind van God worstel met die tema van Goddelike leiding. Die belangrikheid daarvan kan nie oorbeklem-toon word nie.  Vrede, blydskap en krag vloei uit die wete dat u in Sy volmaakte wil is.  Dit is balsem vir die siel en noodsaaklik vir die Christen se welsyn om sag gelei te word langs stille waters en groen weivelde.

            Die Christen sal natuurlik na die Woord sy toevlug neem om die wil van God uit te vind. Hier word hy verseker van talle bewyse dat God veilig en seker lei deur die warboel van verwarrende omstandig-hede. Het Hy nie aan Sy volk in die woestyn die wolk gegee om hul-le te lei nie?

Sy teenwoordigheid was in die wolk. Hy het met hulle vanuit die wolk gespreek; die wolk was hulle beskutting;  wanneer die wolk op-gestyg het, het hulle vertrek; die wolk het hulle veilig gelei; die wolk het hulle die hele pad gelei; die wolk het hulle nooit in die steek gelaat nie! 

Sal God ons minder as dit in die bedeling van genade gee?  Die Nuwe Testament verseker ons dat Christus in die gelowige woon.  Ons het nie slegs ‘n vuurkolom om te sien en ‘n hemelse stem om hoorbaar te verneem nie maar ‘n innerlike lig om te vertrou en ‘n innerlike stem om waar te neem.

“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan.”  Ps. 32:8;  “En die Here sal jou gedurig deur lei.” Jes. 58:11;  “Ek is die Lig van die wêreld, wie My volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”  Joh.8:12

            God lei ten spyte van ons absolute onkunde.  Hy sê:  Jes.42:16 

 “En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is…” Al het ons geen onder-vinding wat geestelike waarhede betref nie en is ons onkundig in Goddelike weë, staan Sy belofte vas – Hy sal ons lei. 

Al voel ons traag om te verstaan en beskou ons nie onsself as pilare in die kerk nie – sal Hy ons lei.  Al is ons so ernstig dat ons deur ons intense begeerte om die wil van God te doen en ons vrees dat ons dit moontlik nie sal doen nie, ons eintlik die uitsig versper en die saak nog verder verwar – sal Hy ons nog lei.  Al voel ons verward, dom en in verleentheid, uitgeput en moeg – sal Hy lei.

            God lei ten spyte van skynbare duisternis.  “Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit…” Jes.42:16.  Met tye sal dit voorkom of geen lig op die pad skyn nie.  Die siel is in algehele duisternis gehul.  Daar skyn geen weg vorentoe te wees nie.  Geen oop deure nie.  Ver-warring bring hartseer en neerslagtigheid. Nogtans straal God se be-lofte deur dit alles – “Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit!”

Ag, vertrou Hom in die duisternis; hou aan om Hom te vertrou en Hy sal die lig laat flikker en straal.  Binnekort sal dit begin om op u pad te skyn totdat die duisternis verdwyn het en God ‘n nuwe dag van vreugde en vrolikheid in Homself laat aanbreek met Sy leiding.

            God lei ten spyte van hinderlike struikelblokke. “Ek sal… die hob-bel agtige plekke gelyktes maak” Jes.42;16. Struikelblokke pak soms die weg toe, belemmer die uitsig en skyn soms ontoeganklik te wees.  Liggaamlike swakheid of ongesteldheid mag ‘n blokkasie wees vir sommige afdelings van God se diens.  Timotheüs egter met sy “her-haalde ongesteldhede” het nie toegelaat dat dit hom weerhou van God se wil vir hom nie. 

Daardie onverskrokke krygsheld, C.T. Studd, wie se liggaam beskryf was as “’n museun van siektes”, het desondanks homself in die hart van Afrika geplons om ‘n wêreld wye sendinggenootskap te stig.  Amy Carmichael, die lydende heilige vrou van Indië, het die wêreld geseën met haar geskrifte. Siekte en swakheid mag terdeë die in-strument in God se hand wees om Sy kind te lei na ‘n ander ver-takking van Sy diens.  Tog moet dit getoets word om seker te maak of dit nie deur Satan gebruik word om die siel te laat afwyk van God se hoogste doel nie.

PERSOONLIKHEDE verskil en terwyl een persoonlikheid onder die jeug inpas, mag ‘n ander onder die siekes gebruik word.  ‘n Onbe-holpe en kleurlose persoonlikheid mag ‘n struikelblok wees, maar as dit met God se liefde vervul is, sal daardie persoonlikheid ‘n plek in God se oes vind.  Hy kan op God vertrou om deure te open waar hy die beste gebruik kan word.

            Vir sommige is hulle OUDERDOM ‘n struikelblok.  Hulle is of te jonk (Jeremia se klag) of te oud.  Hoe dit ook al sy, God se leiding ken geen ouderdomsbeperking nie, en ten spyte van hierdie oënskyn-like beswaar is Sy leiding onfeilbaar.

            Die gebrek aan FINANSIES was altyd en sal altyd ‘n struikelblok wees. Dit wil egter voorkom dat as ons in God se volmaakte plan beweeg, hoef ons nie bekommerd te wees oor hierdie kant van die saak nie.  Hudson Taylor se leuse is nog geldig:  “God se werk ge-doen op God se wyse sal verseker dat God se voorsiening nooit ont-breek nie.”

Hierdie moeilikheid is nie onoorkomelik nie en duisende getuies kan opgeroep word om te getuig dat God getrou is aan Sy belofte en genadiglik voorsien. Sy Naam is steeds Jehova-Jireh – “die Here sal voorsien.”

            OMSTANDIGHEDE mag lyk soos versperrings van wat ons voel wat God wil hê ons moet doen, maar juis daardie omstandighede mag die dinge in God  se Hand wees om ons te lei in die weg van Sy keuse.  Het ‘n sendinggenootskap u afgewys?  Moontlik wil God u in ‘n ander genootskap of veld hê;  miskien om in ‘n ander rigting in Sy diens te gaan.  In vandag se gekunstelde samelewing is daar so baie maniere waarop mense die Here kan dien. Hy wat geroep het, is getrou. Hy wat u sover gebring het, sal u nie alleen laat om onafhanklik te worstel nie. 

Waar u ook al is – in watter omstandighede u u ook al mag bevind – God se bloftes bly waar – Hy sal u God wees.

            God lei ten spyte van aktiewe teenstand. “Here lei my in u gereg-tigheid om my vyande ontwil.” Ps.5:9. Satansiese teenstand is voortdurend en meedoënloos.  Ons sal nooit hiervan vry wees nie.  Satan haat God se lig en soek altyd om verwarring te saai en duis-ternis te bring terwyl hy elke moontlik hulpmiddel tot sy beskikking gebruik.

Ons verlossing is in voortdurende toevlug na die Bloed van Jesus, na die saam kom plek met God, na die plek van stille rus in Hom.  Selfs al sou daar skade of pyn wees, sou ons siele onverstoord en heerlik bewaar word in Sy blywende teenwoordigheid. Ons sterkte en tevre-denheid is in God.

            ‘n Meer geslepe vorm van teenstand kom van die ongekruisigde vlees. Jaloesie, naywer en hoogmoed in die lewens van mede-ge-lowiges mag ook ontmoediging en afwyking bring van God se plan vir u.  ‘n Aanval van buite kan weerstaan word in die Naam van die Here, maar geslepe vorms van skindery, sluwe skimpe, skandelike gesindhede en soms openlike konfrontasie met Christene, wanneer motiewe en dade bevraagteken word, kan mens se siel in die kerker van wanhoop gooi en dit regkry om hom van God se volmaakte wil weg te hou.

            Maar erger nog is ons eie ongeheiligde harte.  Tensy die siel vol-kome oorgegee is, geheel gereinig, en algeheel beheer word deur die Here, kan ons ons eie vyand word.  Ons vleeslike begeertes kan ons standaarde verlaag en ons lewens na inhamme vol staande water lei,  weg van die vol stroom van God se primêre plan vir ons lewens. 

Ja, ons sal nog gebruik word, nog ‘n seën wees, maar o, God het soveel meer vir ons in voorraad gehad, soveel meer as wat ons ver-loor het!

            ‘n Ander bron van teenstand is die sterk idees van hulle vir wie ons op geestelike gebied ‘n hoë agting het. Hulle mag heeltemal verkeerd wees in hulle beoordeling van sake as gevolg van hulle agtergrond, opvoeding of begrip van die situasie.  In die sterk houding wat hulle mag inneem, mag hulle die soekende hart laat wegdraai van wat God aan hulle sou openbaar het van Sy plan en doel. 

            God lei ten spyte van pogings om te vlug.  “Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei…”  Ps.139:9, 10.

Die laste word swaar, die siel wil vlug – vlug selfs van God af – om alles op te gee.  Maar u kan nie, U kan u nie skei van die Een wat in u woon nie.  Vlug van omstandighede soos u wil, vlug van God soos u mag, Hy sal u lei. U kan nie wegvlug van God nie. Hy ken u ge-dagtes van ver af.  Hy loop u elke beweging vooruit. 

Hy word nie onverhoeds betrap nie.  O, werp uself op Sy liefde, ont-ferming en genade en laat Hom toe om u te lei.  Verwelkom Sy teen-woordigheid, Sy hand wat lei, Sy veilige leiding.  God sal u lei.  Ons kan Hom heel die weg vertrou.

2.   DIE KENMERKE VAN GODDELIKE LEIDING.

Van die kosbaarste ondervindinge in die lewe, mag daardie tye wees wanneer ek van God se teenwoordigheid bewus word die oomblik as ek in ooreenstemming met Sy volmaakte wil, ‘n stap neem. Hierdie kosbare belewenisse volg heel dikwels wanneer ek Sy leiding ge-hoorsaam.  Dit gee dan ook vir ons die vaste oortuiging dat ons in Sy wil beweeg. Hier volg ‘n opsomming van die aard van Goddelike leiding:

2.1 Dit is Goddelik.

            “U sal my die pad van die lewe bekend maak.”   (Ps.16:11) Die ge-heim van die leiding van God, is die God wat lei. Sy             karakter is vol-maak – Hy sal ons nooit bedrieg nie.  Sy liefde sluit die ganse mens-dom in – Hy sal niemand benadeel nie.  Sy kennis ken geen perke nie – Hy weet van eie valstrik en sal ons reg lei. Sy begrip is eindeloos – Hy ken ons begeertes, ons swakhede, ons versoekings, ons gebreke.  Ons kan geen beter Gids begeer nie. Hy het belowe om ons te lei. Wat meer kan ons dan begeer?

            2.2. Dit is Duidelik.

                        Wanneer God van die hoofweg vir die heiliges praat, sê Hy:  

“…geen onreine sal daarop voorttrek nie, selfs die dwase sal nie dwaal nie.”   Jes.35:8  “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.” Spr.3:6   “Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies” Ps.25:12.

Die Here is gretiger as onsself dat ons absolute duidelikheid moet hê betreffende Sy wil. ‘n Oormatige besorgdheid om die wil van God te doen, mag soms duisternis veroorsaak en gebondenheid, begrips ver-warring, spanning in die liggaam en droefheid van hart ten gevolg hê 

Die vrees om uit God se wil te stap, kan iets morbieds word en my weerhou van daadwerklike aksie. Maar aan die anderkant kan ek ook in duisternis verval en my hart verhard deur God se leiding te wan-trou.  Maar Hy begeer innig om ons Sy duidelike leiding te gee.  Hy kan dit doen!  Laat ons Hom vertrou.

2.3 Dit is Altyd-durend.

Sy leiding is tot ons beskikking dwarsdeur ons ganse lewe.”Hierdie God is ons God, vir ewig en altyd. Hy sal ons lei tot die dood toe”  Ps.48:15  Dit is nie net met betrekking tot roeping dat ons God se leiding nodig het nie, maar dwarsdeur ons hele lewe sal ons dit benodig, en Hy sal dit voorsien; ons het Sy waarborg hiervoor.  Ons lewe is veilig met Hom.

            2.4 Dit is Individueel

                                                Nie twee persone word eenders gelei nie.  Hy het die wyse                                                                                                       manne deur ‘n ster gelei, maar ons het geen verslag dat Hy enigiemand anders op dieselfde manier gelei het nie. Vir Moses was dit die bran-dende bos, vir Paulus ‘n lig uit die hemel, wat vir hulle rigting aan-gedui het. God se leiding word aangepas by elke individu se behoef-te. Persone met haastige temperamente sal moontlik omsigtige lei-ding ontvang en die skaam en teruggetrokkene sal waarskynlik woorde van bemoediging en aansporing ontvang. God ken ons same-stelling en behandel ons volgens ons behoefte.

2.5 Dit is Uniek.

Dit gebeur nie altyd soos ons verwag nie.  Dit mag soms vir ons as vreemd voorkom. Was dit nie vreemd om Filippus weg te neem, te midde van ‘n Heilige Gees-besoeking, na ‘n eensame pad in Gasa om ‘n swart man, wat na God soek, te ontmoet nie?

Toe God Ananias beveel om na die bloeddorstige Saulus van Tarsus te gaan, het hy gehuiwer. Dit was vreemde leiding! Tog het God daarop aangedring en Ananias het gehoorsaam, en hy word die in-strument om groot seën oor te dra na die man wat magtiglik gebruik sou word. God lei die Israeliete reguit na die onoorbrugbare Rooi See, tog was dit die regte leiding.  Later laat Hy die volk wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. Ex. 13:18.  Die gewo-ne pad vir reisigers was al langs die Middellandse-See na Ghasa, ‘n betreklike kort pad. Die Sinai-roete was baie langer.  God lei Sy volk langs die langer pad vir dissipline en skoling.

“Jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is…”  Deut.8:2 Die vorming van ons karakters is vir God van die grootste belang. Sy weë is nie ons weë nie. Sy leiding is uniek.

2.6 Dit is Omvattend.

Ons word vermaan om “nie onverstandig te wees nie; maar verstaan wat die wil van die Here is”  Ef..5;17.  God is bereid om ons in elke detail, groot of klein, te lei. Geen saak is te klein of te groot om na Hom toe te bring om Sy wil daaromtrent te soek nie.  Hy stel belang selfs in die kleinste dingetjie wat my lewe raak.

2.7 Dit is Progressief.

“Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig.” Ps.37:23 Jes. 58; 11.  God lei stap vir stap.  Dit is minsame, tere leiding.  Dikwels gee Hy net genoeg lig om een stap op ‘n slag te neem en as ek die stap geneem het, vind ek genoeg lig vir die volgende.  Dikwels is ons bewus van Sy leiding maar baie kere word ons ongemerk gelei en sal ons, as ons ‘n terugblik gee, saam met Abraham se kneg kan sê:   “Die Here het my op die weg gelei.”  Gen.22

2.8 Dit is Intiem.

“Ek wil jou leer aangaande die weg…My oog sal op jou wees” Ps. 32:8.  Geen woord is nodig nie – net ‘n blik. Hy gee die rigting aan op so ‘n intieme wyse, as ons die oë op Hom hou.  Slegs wanneer die oë “van ons hart” die blik in Sy oog vang, kan Hy ons weg rig, en dit gebeur alleenlik in die intimiteit van goddelike gemeenskap.  Hy be-geer vurig dat ons op die weg van Sy keuse sal voortbeweeg. Daar-voor is dit nodig dat ek digby Hom sal bly, algeheel tot Sy beskik-king, sodat Hy my die regte weg kan aanwys.

***********************

3. DIE METODES VAN GODDELIKE LEIDING:

3.1 Deur Sy Woord:

3.1.1 Toevallige aanwysing:

Soms spreek God tot ons wanneer ons sommer die Woord oopslaan en word ons ‘n rigting aangewys deur ‘n toepaslike teks, maar hierdie toevallige oop slaan van die Bybel om leiding te soek, word nie aan-beveel nie.  ‘n Man wat langs hierdie weg leiding wou soek, het die Bybel oop gemaak en die woorde gelees; “Judas het uitgegaan en homself opgehang…”

Hy het swaar gesluk en die bladsy om geblaai en sy oë val op die woorde: “gaan jy en doen net so…”. Ooglopend was dit nie God se leiding nie.  Hierdie metode kan ons heeltemal mislei en aanspoor tot algehele verkeerde houdings en dade. God spreek tot ons in ons normale daaglikse stiltetyd deur gedeeltes wat ons stelselmatig lees. 

As ons Sy aangesig soek, openbaar Hy Sy wil aan ons deur ons ge-reelde stiltetye.  Dit is nie vir ons nodig om in ons desperate soeke na die leiding van God, die Bybel net toevallig oop te maak in die hoop dat ons oog op ‘n geskikte vers sal val nie.  Die woord wat God ons sal gee, sal ons harte aangryp en ons lewens rig en lei.

3.1.2 Sataniese bedrog:

            Ons moet onthou dat die duiwel ook die Bybel ken en dat hy daar deeglik van bewus is dat die Christen die Bybel ken en daarop ver-trou. Daarom sal hy die Woord gebruik om die Christen te bedrieg. In Christus se groot versoeking het hy die Skrif aangehaal om krag te gee aan sy argumente.  Sy metodes is nog steeds dieselfde. 

Ons moet dubbel seker maak dat die Woord waarop ons ons besluite en aksies baseer, van die HERE kom en nie van die duiwel of van ons eie verbeelding nie.

3.1.3 Sekerheid van rigting;

                        Nietemin, God spreek seker en gewis tot ons deur Sy Woord. Daar-sonder sou ons verlore wees. Dit is ‘n weg-aanwysende lamp en ‘n skynende lig. Ps. 119:105  In sy bladsye openbaar Hy Sy wil aan ons.  Namate ons dit studeer, is God in staat om tot ons te spreek deur die wysheid en opdragte van Sy Woord; en kan Hy ons op die volgende maniere lei:

3.1.3.1 Deur duidelike voorskrifte en opdragte:

Die saak rakende moord, diefstal en owerspel word in die Tien Ge-booie behandel Ex.20. Die noodsaaklikheid van algehele toewyding aan God word by herhaling genoem en een hiervan is o.a. Rom. 12:1 “…stel julle liggame…aan God.” Die noodsaaklikheid van gebed is duidelik, Jesus sê: “Bid.”

Die vraag of ‘n Christen met ‘n ongelowige mag trou, word beant-woord in II Kor.6:l4 “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie…”  Dat die Christen afgesonderd van die wêreld moet wees, is eweneens duidelik gestel in 1 Joh.2:5,  “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie.”  Die Christen het dus nie nodig om te bid oor en te soek na leiding in sake waaroor so glashelder uitsluitsel gegee is in die Woord nie.  Die voorskrifte is gegee en moet gehoorsaam word. God sal nooit iemand lei om iets te doen wat lynreg in stryd is met Sy duidelike opdragte nie.

3.1.3.2 Deur algemene beginsels

            Rakende sekere kwessies gee die Woord nie ‘n duidelike en direkte uitspraak nie en hierdie sake moet oorweeg word in die lig van die algemene lering van die Skrif.  Slawerny word nie direk veroordeel in die Bybel nie, en tog, toe hierdie wrede praktyk teenoor die mens-liewende beginsels van die Bybel gestel is, is bevind dat dit lynreg staan teen die ganse strekking van wat die Woord leer, en is daarom afgelas.

Niemand het in Paulus se dae gerook nie en daarom is geen duide-like stelling omtrent hierdie gewoonte neergelê nie.’ Vandag is dit egter medies bewys dat, sonder ‘n sweem van twyfel, die rookge-woonte nadelig is vir die liggaam en dus kan die algemene beginsel van 1 Kor.3;16, 17 van toepassing gemaak word daarop: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.”

3.1.3.3 Deur definitiewe waarskuwings:

Soms is God se leiding negatief. Toe Balak, die koning van die Moa-biete, boodskappers gestuur het na Bileam met ‘n versoek dat hy moet kom om die Israeliete te vervloek, het God vir Bileam gesê:  “jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.” Num.22:12

Na Dawid se groot oorwinning oor die Fillistyne sou dit normaal ge-wees het om hulle aan te val, maar hy raadpleeg God wat om te doen en God sê;  “jy moet nie optrek nie”. II Sam..5:23, 24  Raad wat hy nie verwag het nie, word aan hom gegee op “n negatiewe wyse, maar dit lei tot ‘n klinkklare oorwinning vir Dawid.

God maak soms ‘n deur toe, deur vir ons ‘n besliste woord uit die Skrif te gee; dit gryp ons harte aan en beïnvloed ons sterk om nie ‘n sekere patroon van aksie te volg nie.   Dit is ‘n besliste waarskuwing waarop ons moet let.

3.1.3. Deur gememoriseerde Skrif:

In Hand.11:1-6 het ons ‘n treffende voorbeeld van goddelike leiding.   Bevooroordeelde Petrus het ‘n visioen gehad en gevolglik uiteindelik na die huis van die heidense Korneluis gegaan.   As bewys dat dit die Here se leiding was, sê hy, “…en ek het die woord van die Here on-thou, hoe Hy gesê het…” (v.16)  Hy het die woorde van Christus onthou en dit toegepas op die situasie waarin hy hom bevind het. 

Dit het sy daad bevestig en vrede gebring.  As die Bybel gememo-riseer word en ‘n saak is onder oorweging, is God in staat om die paslike woord van leiding uit die Bybel na ons geheue terug te bring.

3.1.3.5 Deur die toets van die tyd:

Wanneer die woord uit die Skrif tot die hart gespreek word, is daar soms twyfel of dit van Bo, of van benede kom – van God of van die duiwel. Soms gryp ‘n woord ons aan in ons daaglikse stiltetyd;  dit word weer in ‘n kerkdiens gehoor;  dieselfde woord word in ‘n gebed herhaal en dit word ‘n dieper oortuiging in die hart.

Om seker te maak dat hierdie woord of van God of van die duiwel kom, is dit goed om toe te laat dat die tyd daaroor spoel terwyl ek dit aanhoudend voor God hou en Hom vra om dit te bevestig, of om toe te laat dat die dringendheid daarvan sal verflou en die hele saak so verby sal gaan. As die indruk en woord nie van God is nie, sal dit, terwyl ons voortgaan om ernstig daaroor te bid, geleidelik die inten-siteit verloor en verdwyn.  As dit van God is, sal die indruk bly en bevestig word.

3.2 Deur Sy Gees:

3.2.1 Die Gees weerhou:

                                    Ons het nodig om altyd sensitief te wees vir die beheer van die Gees.    In Jes.30:21 lees ons:  “En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê:  Dit is die weg, wandel daarop wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.”  Met ander woorde, as ons links of regs afdraai uit God se hoofweg, sal die Heilige Gees ons teëhou, terugbring en verseker, “dit is die weg – wandel daarop!”

Paulus het sy tweede sendingreis aangepak met die verwagting om Asië binne te gaan en die Evangelie daar te verkondig, maar in Hand. 16:6 het “die Heilige Gees hulle verhinder.”  God het ander planne vir Paulus gehad en God weet wat die belange van Sy koninkryk ten beste sal bevorder. Daarna probeer Paulus om na Bithinië te gaan, “maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie” Hand. 16:7.  Die leiding wat Paulus ontvang het, was op ‘n negatiewe wyse gegee.  

Daar was ‘n weerhouding in sy gees en hy is deur die Heilige Gees gewaarsku om nie die voorgenome roete te volg nie. Die Heilige Gees werk saam met die Woord en ‘n definitiewe waarskuwing in die Woord sal ‘n ooreenstemmende waarskuwing deur die Heilige Gees tot my hart spreek.

3.2.2 Die Gees dwing:

                        In Hand. 11:12 sê Petrus: “En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan…” In Neh.9:20 lees ons “En U goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig…”   In Hand.8:29 sê die Gees vir Filippus “Gaan daarheen en bly by daardie wa.”   In Hand.9:10-17 het ons God se instruksies aan Ananias.  Die Here sê vir hom: “staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid” (v. 11)

Hy was gedwing deur die Heilige Gees.  Die Here openbaar Sy wil deur ‘n innerlike aansporing, ‘n Goddelike dwang in ons gees, deur die Heilige Gees. Ons word deur die inwonende Gees aangespoor om ‘n bepaalde gedragslyn te volg.

3.2.3 Die Gees bevestig;

                        Die weg tot saligheid word glashelder in die Woord neergelê.  “…en hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.” 1 Joh.3:24  Daar is ‘n bevestiging, ‘n getuienis, ‘n verwerkliking in die hart dat ons kinders van God geword het.  Desgelyks getuig en bevestig die Heilige Gees dat ons in Sy wil wandel.  “Want almal wat deur die Gees gelei word, hulle is kinders van God.” Rom.8:14 

Hy bevestig dit deur ‘n innerlike vrede; deur klein dingetjies wat hier en daar mag gebeur wat aan die persoon wat geestelik waak-saam is, sal verseker dat hy die regte besluit geneem het. Hy bevestig dit ook deur Sy Woord. Hierdie bevestiging bring verligting en verdryf alle weifeling en twyfel, laat alle vrees verdwyn, bemoedig die hart, gee vertroue in die stap wat geneem is en verbly die siel.

Ons was in staat om Sy stem te verneem en het genade ontvang om dit te gehoorsaam. Eer word aan God toegebring en blydskap vervul die hart wat ondervind dat die Heilige Gees bevestig dat Sy wil volbring is.

3.3 Deur Sy Beskikkinge:

                        Niks gebeur per toeval met die Christen nie. Die omstandighede waarin hy hom bevind, is aan God bekend. Ons moet op ons hoede wees vir toevallige gebeurtenisse; ons oë op Hom gerig hou en volg soos wat Hy in veranderde omstandighede van die lewe mag lei. 

God maak deure toe wat geen mens kan oopmaak nie en Hy maak deure oop wat niemand kan toemaak nie.  Jesus sê aan die Filadelfia-kerk:  “Ek het voor julle ‘n geopende deur gegee…”. Soms skyn dit of al die deure toe is, maar meteens werk die Here en skielik gaan een na die ander deur oop tot die blye verbasing van die wagtende siel. Soms is dit ‘n langsame proses en lei Hy ons stap vir stap.  Moenie ‘n toe- of half-toe deur oop forseer nie.

‘n Toe deur mag Sy beskikking wees omdat Hy vir u iets beter het as wat u vir uself in vooruitsig gestel het.  Soms word ons deur omstan-dighede buite ons beheer gelei.  Josef word deur sy broers as ‘n slaaf verkoop. Hy kon niks daaraan verander nie, maar uiteindelik kon hy sê: “Julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede beskik—om ‘n groot volk in die lewe te hou” Gen.50:20.  

In sy hoedanigheid as heerser oor Egipte het hy in wysheid opgetree en deur graan op te gaar, was hy tot onberekenbare seën vir die ganse wêreld. Net so het Paulus sy tydperke in die tronk tot wonderbaar-like voordeel gebruik en sy geïnpireerde geskrifte is vandag in die Woord bewaar.

Die omstandighede het alles behalwe bevorderlik vir die versprei-ding van die Evangelie geskyn te wees;  hy sou tog soveel meer kon verrig as hy vry was om sy reise voort te sit en te preek.  God wis beter en laat toe dat sy dienskneg gevangenisskap moet ly sodat die kerk universeël deur die eeue heen onderrig, gelei en verryk kon word.

Selfs die skerp woordewisseling tussen Paulus en Barnabas dat die swakke Markus in die Evangeliese span opgeneem moes word, het besliste voordele ingehou.  Twee spanne in stede van net een, het uit-gegaan en Johannes Markus is herstel deur die geduldige leiding van  sy oom Barnabas om uiteindelik die hoë lof van Paulus te verkry, (“hy kan my baie tot diens wees” (II Tim.4:l1)) en die onskatbare voorreg gegun te word om die Evangelie wat sy naam dra, te skryf. 

Die vervolging van die kerk te Jerusalem was ook so ‘n beskikking gewees.  “Die Christene is almal verstrooi oor die streke van Judea en Samaria…en die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die Evangelie verkondig”  Hand.8:l, 4  Die sendeling Joy Ridderhof was genoodsaak om weens swak gesondheid terug te gaan huis toe.  Dit het die ontstaan van die “Gospel Recordings-Sending” wat miljoene geestelike plate, in meer as 4 000 tale geproduseer het, ten gevolg gehad! 

God het die omstandighede van haar siekte gebruik om Sy Konink-ryk op hierdie unieke en wonderbaarlike wyse uit te brei.  Beskik-kings wat nie deur ons verander kan word nie, rig ons weë.  Ons reaksie hierteenoor behoort te wees om sonder murmurering te besef dat die God wat alwetend is, dit so beskik en toegelaat het; dit be-hoort een te wees van afhanklikheid van God om die les te leer wat Hy ons deur die omstandighede wil leer, om ons daarby geestelik te laat baat.

Dit behoort een van vertroue te wees, waarin ons God vertrou om ons te middel van die omstandighede bruikbaar te maak en ons dan, soos Hy wil, tot uitbreiding van Sy Koninkryk en verheerliking van Sy Naam te gebruik.

3.4 Deur die Advies van mense:

God lei deur die raad van betroubare vriende.  “In die veelheid van raadgewers is redding” Spr. 11:14.  Ongelukkig is die mens feilbaar en verkeerde uitsprake kan gemaak word en is al gemaak.  Raad wat gegee word deur diegene wat onervare in die geestelike dinge en in die lewe in die algemeen is, kan tot foutiewe oordele lei. Sommige is entoesiasties omtrent sekere ondernemings en sal op ‘n impulsiewe wyse handel sonder om eers voldoende oorweging daaraan te skenk.

Ander mag hulle kontak met die hemel verloor het en volgens blote menslike insigte raad gee.  Hulle weeg die voor- en nadele op, maar dit word nie in erns in berekening gebring nie.  Nadruk word gelê op die intellektuele begrip van die situasie.   Andere mag baie geestelik wees, maar baie onwys.  Ons het nie alleen ‘n warm hart nie, maar ook ‘n helder verstand nodig.  Betroubare raad moet geestelik sowel as verstandig wees.

Toe -Jetro sy skoonseun, Moses, die volksleier wat gebuk gegaan het onder oorweldigende laste, in die woestyn ontmoet het, het hy aan hom die raad gegee om bekwame manne te kies en aan te stel as owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien om in al die klein sake regspraak uit te oefen.  Net die groot sake moes hulle na hom bring om dit so vir Moses ligter te maak.

Dit was kerngesonde raad wat tot groot voordeel vir die ganse onder-neming was en Moses was verstandig om dit aan te neem as komen-de van die Here.  Voordat gewigtige besluite geneem word, is dit verstandig om die opinies van geestelike manne en vroue in te win. 

Selfs al word hulle beslissings nie haarfyn gevolg nie, kan hulle normaalweg lig op die saak werp sodat die finale besluit met ver-troue geneem kan word.

3.5 Deur die Besluit van ‘n groep:

                        By die eerste Kerkraadsvergadering in Jerusalem is ‘n besluit geneem omtrent die houding van die heidene teenoor die Joodse regulasies. Dit was ‘n groepsbesluit Hand.15. Hierdie vergadering het manne af-gesonder om saam met Paulus en Barnabas op reis te gaan. “Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochië te stuur saam met Paulus en Barnabas”  Hand. 15:22.

Weereens was dit die kerk wat as geheel die besluit geneem het.  Toe die woedende Efesiër- skare vir Gajus en Aristarchus, Paulus se met-geselle, na die skouburg gesleep het en hy onder die volk wou in-gaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.  Sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie. 

Paulus is oorreed deur hulle goeie raad en het hulle gesamentlike mening aanvaar Hand. 19:30.  Wanneer iemand ‘n netelige probleem in die gesig staar, is dit soms ‘n verligting om die Here te vertrou om dan deur die uitspraak van ‘n kerkraad, of Raad of Genootskap, te lei.  

Wanneer andere moet besluit oor ‘n stap wat geneem moet word, kan ons aanspraak maak op God se duidelike belofte: “Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome:  Hy lei dit waarheen Hy wil” Spr.21:l. Net soos water in besproeiingskanale gelei word, so kan God die gedagtes, begeertes en besluite neig van diegene wat verantwoordelik is om die besluite te neem.

****************

4. VOORWAARDES VAN GODDELIKE LEIDING.

4.1 Smeking.

            In Lukas 6 het ons die voorbeeld van die Here Jesus wat “die nag in gebed deurgebring het” voordat Hy sy twaalf dissipels gekies het. 

Die leiding wat Jesus nodig gehad het om die regte keuse te maak, het Hy in die gebed gekry. In Ps.25 het ons die voorbeeld van die psalmis wat gebid het, “Here, maak my u wee bekend, leer my u paaie.”  In Handelinge 11 was dit toe Petrus besig was om te bid, dat hy leiding ontvang het om saam met die manne na Cesarea af te gaan 

                        Ons word geleer om definitief om wysheid te vra:”As iemand van ju-lle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal een-voudig gee sonder om te verwyt”. Jak.1:5  As ons daarom begeer om “gevul te wees met die kennis van Sy wil,” moet ons vra dat Sy wil ons aan geopenbaar word. Dit is namate ons onsself aan die gebed oorgee, dat die Here die geleentheid het om te spreek, en ons die voorreg het om te hoor. Dit is uiters belangrik dat ons God se wil vir ons lewens leer ken. 

Ons moet uitvind wat die wil vir ons lewens is, en namate ons dit doen word dit ‘n kosbare, bewuste werklikheid vir ons. Ons verant-woordelikheid is dus om te bid dat ons Sy wil mag leer ken, en dat ons “volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God”  Kol. 4:12.  Vra dat alle ander deure, behalwe die van Sy volmaakte wil, mag toegaan, en dat elke plan wat nie in ooreenstemming is met Sy doel nie, gedwarsboom en verydel mag word.

4.2 Inligting.

                        Geeneen van die funksies van die menslike verstand word deur die Genade gekanselleer nie; hulle word eerder verskerp. Betroubare in-ligting moet bymekaargemaak en in die gemoed opgeberg word. 

Die rede is dat dit die sorteerkamer is; dit is nie die Gees se hoog-ste geregsaal nie, maar dit versamel, ontleed, verklaar en sif die ge-tuienis. Dit is nodig om stewige, geheiligde, gesonde verstand te hê en dan bedaard en doelbewus die versamelde materiaal teen mekaar op te weeg.

Die wil van God word dikwels vir ons duidelik waar ons versigtig die punte voor ons oorweeg, en dan, terwyl ons ons beste oordeel en geheiligde intellek gebruik, in die teenwoordigheid van die Here be-sluit wat ons moet doen.  God gebruik soms dramatiese metodes om Sy wil bekend te maak, maar as die lig van die rede voldoende is, sal Hy bes moontlik dit aan ons oorlaat om op te tree soos hierdie ver-helderende fakulteit, die rede, aan ons voorskrywe.  God wil nie hê dat ons robotte moet wees nie, maar verwag van ons om ons eie ver-stand te gebruik om die regte keuses te maak, terwyl ons Sy leiding volg. 

                        Dit is volkome waar dat God ons mag lei om iets te doen wat heel-temal strydig met ons oorwoë mening is.  Hy net die Israeliete reguit na die Rooi See gelei!  Sulke tye moet ons bate seker wees dat dit die Hellige Gees is wat lei. God doen dit partymaal terwille van ons dis-sipline en opleiding. Wat die leiding ook al mag wees, sal ons intel-lek ons gedagtegang in ‘n sekere rigting lei, maar die Heilige Gees moet hierdie gedagteproses bevestig of verwerp. 

In Hand.11:12 lees ons,”die Gees het vir my gesê dat ek…moes gaan”   en in Hand.13:4 lees ons weer, “hulle is deur die Heilige Gees uit-gestuur.”  Nogtans lees ons in Hand. 15:28, “…die Heilige Gees en ons het besluit…” Hier het die besliste, oorwoë mening van die groep ‘n weerklank en ‘n bevestiging van die Heilige Gees ontvang. Daar was harmonie tussen die redenerende verstand en die leidende Gees – die leiding was duidelik.

4.3 Nederigheid en Afhanklikheid:

            Nie die hooghartige nie, maar “die ootmoediges (sal Hy) lei in die reg, en die ootmoediges sy weg leer” Ps.25:9. God se leiding word verborge gehou van die wyse, verstandiges en selftevredenes, maar dit word “aan kindertjies geopenbaar”, aan die leersames en die nederiges Matt. 11:25.

In ‘n pragtige, nederige houding, Iê Jeremia sy diepe behoefte aan goddelike leiding bloot as hy uitroep, “Ek weet, o Here, dat aan die mens sy weg nie toe behoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie” Jer. 10:23.  Hoogmoed is ‘n subtiele maar baie werklike hindernis tot leiding.  Hoogmoed is nie gewillig om geleer te word nie. 

Die selfversekerde man soek nie daarna om God se stem te verneem nie. Hy maak staat op sy eie vermoë om die situasie te hanteer.  Wat hy moet besef, is dat God oneindig meer weet as hy.  God ken die gevare wat in die duister, buite die mens se gesigsveld, skuil. Hy ken die moontlikhede van groot ontwikkeling en vooruitgang in die din-ge wat vir die hoogmoedige mens onbelangrik, onbenullig en benede sy waardigheid lyk.

Omdat die hoogmoedige dus op sy eie verstand staatmaak, word hy mislei.  As Filippus alleen op sy sin vir logika gesteun het, en as hy op sy eie insig vertrou het, sou hy totaal die idee verwerp het om ‘n herlewing wat die hoogtepunt van seën bereik het, te verlaat en na ‘n eensame pad te gaan waar hy ‘n eensame kamerling na die Heer moes lei.  Maar Filippus het nederig God se groter wysheid erken, en hierdie klein juweel van gehoorsaamheid en vertroue het vir ons bewaar gebly.

                        Die goddelike bevel staan vas: “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak”  Spr.3:5,6. “In al jou weë” sluit klein en groot dinge in -private-, openbare-, en sake-weë. As ons God as Here ken in al ons weë, as ons Sy teenwoordigheid in elke tree van ons weg erken, as ons op Hom steun en nie op ons eie begrip van die situasie nie, dan het ons die belofte:  “Hy sal jou paaie gelykmaak.”

4.4 Gehoorsaamheid:

                        As ons van mening is dat God ons gaan lei in ‘n rigting wat ons nie wil gaan nie, verset ons onsself teen die openbaring, en ons vooroor-deel verwerp God se leiding selfs voordat dit kom. Ons is nie gewil-lig om te gehoorsaam nie.  Joh.7:17 sê: “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is…” Jesus verseker ons dat as ons waarlik gewillig is om Sy wil te doen, sal ons nie verkeerd gelei word nie.  God sê: “My oog sal op jou wees:  wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel nie…” Ps.32:8, 9.

Daar is ‘n koppige neiging in baie van ons, wat verhinder dat ons tot die wete kan kom wat om te doen.  Soekers wat bid om leiding en dan op loop sit nog voordat hulle ‘n antwoord kan ontvang waarvan hulle dalk nie mag hou nie, struikel voort in die duisternis van onse-kerheid.  ‘n Gevaarlike hardheid sluip die siel binne wat die leiding van God weerstaan.

Die Skrif is vol van die tragiese lot wat diegene getref het wat God se leiding geweier het en Hom ongehoorsaam was. Die Israeliete het opsetlik die bevel om die Beloofde Land binne te gaan, verontag-saam, en hulle het in die woestyn omgekom. Simson was ongehoor-saam, en hy het sy eer, sy krag en sy lewe verloor.   Saul was onge-hoorsaam deur ‘n towerheks te raadpleeg en hy het uiteindelik self-moord gepleeg.  Jona het God se leiding verwerp en duur betaal vir sy ongehoorsaamheid.

                        Die prys van ongehoorsaamheid is altyd baie hoër as die van gehoor-saamheid! Onwettige vryheid bring net die siel in slawerny. Hierdie soeke na vryheid laat ons in ‘n diepe slawerny beland wat ons dan later bitterlik berou.

Bileam was deur God gewaarsku om nie toe te gee aan die aan-biedinge van die koning van Moab nie, of om met die manne van Moab saam te gaan nie. Maar Bileam se hart het hom bedrieg, hy het doelgerig sy eie pad gevolg, en God het Homself teruggetrek.  Dit het uitgeloop op ‘n tragedie. Dit was aan die swaard van hulle vir wie God volgens Sy voorneme gelei het, dat hy te sterwe gekom het. 

As jy jou rug draai op wat God se, pas dan op dat Hy jou nie aan jouself oorlaat nie. Pasop dat jy nie jou eie begeertes navolg en moedswillig en onbuigsaam jou eie pad volg nie, terwyl jy alles probeer toesmeer met ‘n vernis van kamtige gehoorsaamheid, wat net ‘n masker van bedrog is, waardeur jy probeer om jouself sowel as ander te bedrieg.  Daar word van die Israeliete gesê: “God het hulle die begeerte van hulle harte gegee, maar in hulle siel het Hy ‘n maerte gestuur” Ps. 106:15.

As jy aandring op jou eie weg – sal jy dit kry! God sal Sy weerhou-dende Hand terugtrek en jou toelaat om voort te gaan in jou rebels-heid, maar jy sal die prys betaal!  “Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.   Want wede-strewigheid is ‘n sonde van waarsêery en eiesinnigheid is af-godery en beeldediens.” (1 Sam. 15:22, 23)

4.5. Toewyding

As ons begeer om deur God gelei te word, is dit vanselfsprekend dat ons aan Hom oorgegee moet wees, sodat Hy in staat gestel kan word om ons te lei.  Paulus pleit in roerende taal by die Romeinse Chris-tene: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgeval-lige offer…sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is”. Rom. 12:1, 2

            Hier het ons ‘n prentjie van die Hebreeuse gelowige, wat sy lamme-tjie ten offer bring. As die priester die lam op die altaar tel, weet die eienaar dat hy dit nooit weer sal terugkry nie.  Hy het dit wegge-gee – vir ewig!  Net so volkome moet ons oorgawe van onsself aan God wees. alles wat ons het en alles wat ons is, moet Syne wees.

Ons bring Hom ons liggame, ons oë, ons ore, ons hande, ons voete, ons gedagtes – ja, alles moet op die altaar gelê word.  Ons verlanges en ons regte, ons planne en ons ambisies, ons begeertes en ons hart-stogte, ons wil en ons keuses, ons hart en ons emosies; alles moet volkome en onherroeplik aan Jesus oorgegee word.  Slegs dan kan ons beproef hoe goed en aangenaam die volmaakte wil van God is.  So lank as wat die gedagtes aan persoonlike voordeel, en eiesinnige begeertes ons motiewe besoedel, sal God se wil nie aanneemlik vir ons wees nie.

Daar moet ‘n doelbewuste verloëning van eie belang wees. Uit die aard van die saak sal redenasies met God ons van die kennis van Sy wil berowe.   Om te vra dat Sy wil aan ons harte geopenbaar moet word, terwyl ons harte nog aan ons eie planne bly vaskleef, sal geen antwoord uit die hemel neerbring nie:  “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid” (Jak.4:3).  Mag God die diepste skuil-hoekies van ons siele reinig van alle vleeslike en selfsugtige planne!

            God weet wat goed is vir ons. Die manier om die innerlike harmonie en verrykende vreugde van God se volmaakte wil te ontdek en te er-vaar, is om volkome aan Hom oorgegee te wees, en op die Bloed van Christus te vertrou om die hart van alle onrein motiewe te reinig. 

Dit is verstommend om te dink dat God ons soebat, dat Hy ons ver-maan, dat Hy by ons pleit om onsself aan Hom oor te gee. Wat ‘n wonderlike blootlegging van die verlanges van God se hart. 

Tog, in die lig van die ontferminge van God – die weergalose offer-hande van Jesus – word ons dankbaarheid die onbedwingbare fontein van totale oorgawe. Dit is ons “redelike godsdiens” (Rom. 12:2).

            Die ontdekking van die wil van God is dus nie soseer ‘n worsteling met verwarrende besonderheidjies nie, maar ‘n oorgawe van die hart, ‘n oorgawe van my wil, sodat ek duidelik Gods wil mag onderskei.  Omdat ons nie so oorgegee is nie, mis ons so dikwels die leiding wat ons soek. As ons harte in harmonie met God is, sal ons meer gere-delik  Sy voorneme begryp. 

Die noodsaaklike voorvereiste om die wil van God te wete te kom, is ‘n lewe wat geheel en al en volkome aan God oorgegee is.  Mag God ons meer van hierdie gees gee! Is u siel oorgegee? Is u heeltemal Sy-ne?  Is Hy Heer van alles?  Hy wag op u heelhartige oorgawe.  Kom gee alles aan Hom oor – u sal dit nooit berou nie.

4.6 Afsondering.

            In Rom.12:2 lees ons: “Word nie gelykvormig aan hierdie wêreld nie…sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en vol-maakte wil van God is.”   Dit is ‘n goddelike voorwaarde. God open-baar Sy standpunt duidelik aan die wêreld. Hy sê: “Sy wat losbandig is, is lewendig dood” 1 Tim.5; 6.  Ons lees van die “verdorwenheid” wat daar in die wêreld is II Pet.l:4, en van die “teenswoordige bose wêreld”  Gal. 1:4. Ons word vermaan dat ons nie “die wêreld moet liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie” 1 Joh.2:15.

God sê: “Gaan onder hulle uit en sonder julle af…en raak nie aan wat onrein is nie” II Kor.6:17; “Onthou julle van elke vorm van kwaad” 1 Thess.5:22; “egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van hierdie wêreld vyandskap teen God is nie?”  Jak. 4:4.

            Is dit nie verbasend dat, terwyl daar soveel lig so helder skyn, daar nog so baie is wat voortgaan asof God se oproep tot afsondering nooit eens bestaan het nie? Die skeidslyn is jammerlik uitgewis.  Ons soek die wêreld en ons vind dit in die kerk; ons soek die kerk en vind dit in die wêreld.  ‘n Vriendskapsverbond is gesluit.

As Christene hierdie duidelike stellinge van die Skrif verontagsaam, hoe is dit moontlik vir hulle om meer lig te ontvang?  Laat ons ons-self nie bedrieg nie, as ons aan die wêreld gelykvormig is, sal ons nie in staat wees om te beproef dat Gods wil goed en welgevallig en volmaak is nie.  Die feit is, ons sal dit verniet soek! 

Ons gedagtes word in beslag geneem deur wêreldse houdings, ons harte is gevange geneem deur wêreldse belange, ons lewens word gereël deur wêreldse beginsels.  Ons is aardsgebonde. Ons is nie in ‘n toestand om hemelse klanke te hoor of deur geestelike lig gelei te word nie. Dit is eenvoudig nie moontlik vir God om Sy wil te open-baar aan iemand wat aan die wêreld gelykvormig is nie. So ‘n per-soon lewe op die oomblik in ‘n toestand van ongehoorsaamheid en vertrap die wil van God onder sy voete. Hoe kan hy verdere open-baringe verwag?

            God stel ‘n eenvoudige voorwaarde om Sy wil te ken, naamlik dat ons nie aan die wêreld gelykvormig moet wees nie.  Al wat dus vir ons oorbly, is om die oproep te gehoorsaam en ons van twyfelagtige dinge af te keer. Laat ons die voorbeeld volg van die Thessalonicen-se wat hulle afgekeer het van die afgode om die lewende en ware God te dien. Dan sal ons ore ingestem wees tot wat Hy verder vir ons wil se, en dan sal dit moontlik wees om Sy volmaakte wil te ontdek.

4.7 Gemeenskap.

            Nog ‘n geheim wat ons in Rom.12:2 ontdek, is die transformerende genade van God. “…word verander deur die vernuwing van julle ge-moed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en vol-maakte wil van God is.” As ons met God gemeenskap hou en ons ge-dagtes met geestelike dinge besig gehou word, sal Hy Sy wil aan ons harte bekend maak. 

Ons moet daagliks met God wandel, gedurig besig wees met geeste-like dinge. Ons gedagtes moet vernuwe en ons hele wese herskep word namate ons onsself aan die Skrif, aan gebed en aan bepeinsing wy.  Hy is ons aandag, ons aanbidding waardig, waar ons Sy heerlike aangesig in die stilligheid van ons binnekamer aanskou. Sy heilige teenwoordigheid lê ons selfversekering en tevredenheid die swye op.

Sy skoonheid ontroer ons wese waar ons in die teenwoordigheid van Hom, die lieflikste van tienduisend, neerbuig.  Dan vind ons dat Hy soveel meer is as wat ons ooit van Hom gehoor het, so volmaak in Sy liefde en wysheid. 

            Hoe dwaas van ons om Sy wil te weerstaan, hoe dom van ons om ons eie sin te wou gehad het. Hy vra ons om saam met Hom te wan-del in vreugdevolle gemeenskap, en ons siele smelt in Sy teenwoor-digheid; ons neem ons voor om nooit weer enige ander pad te volg as Syne nie, ons sal nooit weer enige ander wil soek as Syne nie. Ter-wyl ons so met Hom verkeer, word ons gewaar wat Sy welbehae is, aanvaar ons Sy wil, word ons opgehef tot ‘n hoer geestelike vlak.

Die tydelike word heilig, die allerdaagse word met nuwe betekenis vervul, sleurwerk word vreugde in die teenwoordigheid van God; die hele lewe word verander en omskep. Die een wat hierdie “lewe-ver-anderende” geheim ontdek het, sal ondervind dat die verandering in die gemoed en gees steeds tot groter vrymaking lei. Vir so een sal die wil van God normaalweg nie lank verborge bly nie.  God deel Sy ge-heimenisse mee aan diegene wat binne fluister afstand is!

4.8 Geduld.

            Gelowiges wat leiding soek, vind dat ongeduld dikwels voorkom. Ons vra God om Sy wil aan ons te openbaar, en vir ‘n dag of twee het ons volmaakte vrede, dan sak die las weer op ons toe. As ons ons nie daaroor kwel nie, of besluit wat ons voel ons behoort te dcen nie, begin ons omstandighede reël en gebeurtenisse en mense manipu-leer. God is nie gou genoeg na ons sin nie!

            Hiervan het ons ‘n voorbeeld in koning Saul.  Sy klein leer van 600 man het gestaan en bewe voor die hordes van die Filistyne.  Saul moes sewe dae wag, voordat Samuel sou kom om ‘n offer aan God te bring – maar Samuel het sy koms vertraag. Bang dat die vyand gou sou aanval, word Saul ongeduldig en neem hy die saak in sy eie hande; hy bring self die offer. Skaars was hy klaar of Samuel ver-skyn op die toneel en sê: “Jy het dwaas gehandel.-nou sal jou koning -skap nie bestaan nie” 1 Sam. 13:13, 14.  Die oordeel is gevel, omdat Saul nie kon wag soos hy beveel was om te doen nie.

            Ons moet besef dat God nooit haastig is nie. As daar oordrewe haas in ons gees is en ons ‘n onbeheersde drang voel om ‘n ding te doen, dan is dit feitlik seker dat die drang nie van God is nie. Moet nooit onder ‘n kragtige, onweerstaanbare dwang optree nie. Moet nooit op die aandrang van die oomblik ‘n besluit neem nie.  Moet nooit oor enige belangrike saak besluit terwyl jy onder sterk emosionele druk verkeer nie. Wag op God! Herhaalde kere word ons in die Skrif ver-maan om op die Here te wag. 

“Swyg voor die Here en verwag Hom.”  Dawid getuig, “Ek het die Here lank verwag; en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulp-geroep gehoor” Ps.40:l.  Habbakuk sê: “Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie.  As dit mag vertoef, wat daarop;  want al te seker sal dit kom en nie versuim nie.”  Hab.2:3.

            As dit die moeite werd is om God se leiding te geniet, dan is dit die moeite werd om daarvoor te wag. Lê die saak nou aan die Here ”voor en vertrou Hom om die oortuiging of te versterk, of om dit heeltemal weg te neem. Oortuigings wat van God kom, bly, maar as die indruk-ke nie van God is nie, sal hulle vervaag en verdwyn.  Selfs al moet jy lank wag op die antwoord, sal God op Sy eie tyd Sy plan aan jou bekend maak. 

Laat die leiding en die vertraging goed op die proef gestel word deur geduldig voor die Heer te wag. Hy is die almagtige Opperheer en word nie deur veranderde of dringende omstandighede ontstel of ver-war nie.  Hy  beweeg met majestueuse bedaardheid. Hy beveel ons om te wag op Sy leiding.  Ons kan maar net gehoorsaam, en ons sal sekerlik beloon word.

TEKSVERSE WAT DIE WIL VAN DIE

HERE BEVESTIG WAT ONS MOET KEN.

Rom.12:1-2 “dat julle julle liggame stel as ‘n lewende…offer… sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Efe.5:17 “Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar vertsaan wat die wil van die Here is.

Ps.143:10 “Leer my om U welbehae te doen, want U in my God”.

Kol.1:9 “Ons bid…dat julle vervul mag word met die kennis van Sy wil”

Kol.4:12 “…dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God”

1 Pet.3:17 “Dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen, as wanneer julle kwaad doen”

hebr.10:36 “Want julle het lydsaamheid nodig, om ,nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte (loon) te verkry”

1 Joh.2:17 “Deie wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

Die Here Jesus self het in hebr.10:9 gesê: “Kyk, Ek kom on U wil te doen, o God”

Joh.4:34 “My voedsel is om die wil te doen van hom wat My gestuur het en Sy werk te volbring”.

Luk.22:42 Het die Here Jesus bloed in Getsemane om die wil van Sy Vader te doen.

In Paulus se lewe was van sy bekering af die begeerte om uit te roep: “Here wat wil U hê moet ek doen” Hand.9:6. Ook het die Here in Annanias se hart gewerk om gehoorsaam te word aan die wil van die Here, en te Gaan.

Ons lees in Hand.13 hoe hulle besig was om te bid en te vas, toe die Heilige Gees aan hulle gesê het om Paulus en Barnabas af te sonder.

In die O.T. was daar ‘n Abraham wat afgesonder was om die eerste vader van die volk van Israel te word.

Josef wat deur die kwaad van sy broers afgesonder was om uitkoms aan sy volk te bied.  Sien ook Moses en Joshua, Dawid, Elia, Jesaja, Daniël, Johannes die doper ens.

Ons dink baie kere dat die Here net werk deur speiale mense wat Hy geroep het, Hy het almal geroep.

U en ek kan ook die plan van die Here mis as ons nie ons lewens onvoorwaardelik aan die Here oorgee nie. Dink aan ‘n Saul, Salomo, weens sy begeerte vir vrouens is sy koninkryk verdeel, en het uitme-kaar geval.

Dink aan Ussia wat 52 jaar vanaf 16 jarige ouderdom die Here gevrees en gedien het maar op sy oudag, het hy die offerrook laat opgaan en weens hoogmoed, ontrou gehandel, en terwyl hy woedend was teen die priester wat hom gewaarsku het, slaan hy melaats uit.

Abraham wat die belofte van die Here gehad het, maar nie op die beloftes kon vertrou nie, het Hagar as vrou geneem is is tot vandag die stryd tussen Israel en Palistina.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00