GOD SE OPROEP TOT BEROU!
Het jy al ooit in een van hierdie smal roeibootjies geklim en dadelik begin roei soos ’n veteraan? Ek is seker jy het ’n paar keer omgeslaan en dan moes jy jouself uit die bootjie wikkel om weer kop bo water te kry.
Wel, berou draai ons harte reg, soos ’n mens ’n bootjie wat omgeslaan het regop sal draai. Die doel van berou is nie om ons beter te laat voel oor onsself nie, maar om ons in die regte verhouding met God te herstel sodat ons lewens Hom kan verheerlik en vir Sy doeleindes gebruik kan word.
Hoe lyk iemand wat berou het?
1. Iemand wat berou het vernuwe sy gemoed voortdurend uit die Skrif.
2. Iemand wat berou het reageer onmiddelik op God.
3. Iemand wat berou het gehoorsaam God volkome.
4. Iemand wat berou het volg God persoonlik.
5. Iemand wat berou het aanvaar God se dissipline getrou.
C.H. Spurgeon het gesê:- “ Hoe meer ons besef hoeveel ons aan God se genade verskuldig is, en hoe meer ons van die lyding van Christus sien om ons redding te bewerkstellig, hoe meer haat ons sonde, en hoe meer betreur ons dit dat ons ooit daarin verval het.”
God se oproep tot berou is nie ’n maklike of aangename ervaring nie. Partykeer gebruik Hy ons gewete en ander kere laat Hy toe dat jy “uitgevang “ word. Ongeag hoe God met jou werk moet jy altyd onthou dat Hy vir jou lief is, jy dadelik die sonde moet bely en daarmee breek asook dat jy Sy genade aan jou sal besef. UIT:- ’n Soeke na God- p 96-99
1 KOR. 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
GEBED
Here, laat ek altyd sensitief wees vir U stem en sou ek sondig ALTYD in volkome berou voor U buig? AMEN