Lees Rut 4:13-22.
Name beteken ‘n mens dit teken ‘n prentjie vandie mans self.
Na jare as jy ‘n sekere naam hoor sal jy nie net die persoon onthou nie maar ook die ervarings wat julle saam deurmaak het.
Die Name in ons verhaal is ook so:
Naomie: Die verhaal teken vir ons iemand wat alles verloor het. Haar skoondogter moet are optel wat in genade op die land agtergelaat is. Sy het geen toekoms of nageslag nie. Sy veander self haar naam na Bitter-haar lewe is bitter.
Rut: Die vrou met ‘n geskiedenis, ‘n Moabiet. Moab gebore uit bloedskande nadat Lot Sodom en Gemorra verlaat en na die berge vlug. Bloedige oorloë heers immer tussen Isreal en Moab- Sy het geen reg om in Israel te wees nie.
Boas: ‘n Ware Israeliet deur God geroep- Bereid om wat God hom geskenk het te herbelê in ander mense. Regverdig en mededeelsaam.
Dawid: Sy naam hoort nie in die verhaal nie. Baie Teoloë beweer ook dat dit ‘n toevoegsel tot die verhaal is. Dit is nie waar nie. God laat sy naam hier invoeg om te wys op die Koning Jesus Christus wat sou kom.
Die hele verhaal is daarop gerig om ook aan Israel ook aan ons die Here Jesus te Betekan.
Hom aan ons bekend te stel.
I HY VERLOS ONS
God het aan Israel die wet van ‘n losser gegee in sy genade.
Die naby familielid wat so aangewys is moet die verslaenes in hul nood bystaan.
Dit is wat Boas gedoen het hy verlos vir Naomie en Rut.
Hulle wat geen heenkome gehad het nie as om are op te tel op die land. Rut wat haar verskriklikke geskiedenis saamdra, vir hulle verlos hy van verhongering en smaad.
Daarin is hy ‘n beeld van wat Jesus Christus eeue later vir ons sou doen om ons uit die verskrikking van sonde te verlos.
II HY TREK ONS OP NA HOM TOE
Boas gee aan Rut alles wat die Here hom oor die jare lat verwerf het. Hy gee aan haar sy Naam en daarmee saam alles wat sy Naam beteken.
Hy is regverdig- hy is ryk- hy is geag in Israel- dit alles ontvang sy van hom, hy trek haar op na hom toe.
Hy maak haar ook deel van die verbond wat God met sy volk gemaak het. Sy kry deel aan himself.
So mak die here Jesus Christus met ons ook;
Sy eerste woorde na sy opstanding uit die dood aan Maria Magdalena is:
“Gaan na my broers toe, en sê vir hulle, ek vaar op na Mys Vader en hulle Vader, My God en hulle God.”
Jesus noem ons sy broers en susters en Sy Vader ons Vader en Sy God ons Gos.
Hy trek ons op na Hom toe en laat ons deel in al sy gawes.soos Konings:
Die Opstanding uit die dood, die Ewige Lewe, die Heilige Gees wat in ons woon en die Gawes van die Gees.
III HY WAAK OOR ONS NAME DAT DIT NIE VERLORE GAAN NIE.
Soos die Here die name van Naomi, Rut, Boas en Dawid laat opskryf het so lank gelede sodat mense deuur al die eeue iets van Jesus Christus in hulle lewens kon lees. So waak hy ook oor ons name want ons ontvang ‘n nuwe naam; Christen, wat letterlik beteken om aan Christus te behoort. Daarom sal ons name nooit uitgewis word uit sy boek tot in ewigheid nie.Ons name staan letterlik in sy handpalms geskrywe want hy het vir ons gesterwe.
Daarom doop ons ook kindertjies, omdat God alles vir ons gedoen het in Jesus Christus: Hy het ons verlos
Hy gee ons al die gawes wat Jesus vir ons verwerf het en trek ons op na Hom toe
Hy waak oor ons name.
Ons is sy kinders en dra sy Naam.