GOD SE AANSPRAAK OP MY: 11 KOR.5:14-21
INLEIDING:
Daar word vertel van die seuntjie wat sy eie boodjie gebou het en op een van die bekende riviere in Europa met die boodjie gespeel het. Die stroom het die skippe weggedryf en na lange soektog vind die seuntjie die boodjie in ‘n pandwinkel.
Die hy gaan na die eienaar en vertel; dat hy die boodjieself gebou het. Die eienaar kom ooreen op ‘n prys wat die seuntjie moet betaal om die boodjie terug te kry. Hy het toe die nodige fondse bymekaar gemaak en die boodjie gaan terug koop.
Toe hy die boodjie in sy hande vashou sê hy toe, nou is ju dubbel myne, ek het jou gemaaken jou gekoop.
U sien die Here Jesus het ‘n dubbele aanspraak op elke persoon se lewe. Hy het ons geskape, Kol, Fil, Hebr. en Joh 1 bevestig dit en Hy het vir u en vir my met Sy kosbare bloed aan die kruis betaal. Joh.3:16 bevestig dit dat Hy vir elke individu gesterf het. “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy enige gebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie.”
Ons het geen aanspraak op ons eie lewens nie, want Hy het ons gekoop en ons behoort aan Hom, en Hy is heilig en Hy roep u en my om ook nou soos Hy te word.
Wat is dan die probleem waarom ons nie soos Hy word nie. 1 Pet.1:15-16. Dit is die probleem van die sonde. Dit is ‘n vreeslike probleem, dit is meer dikwels in en by my as die duiwel met sy aanslae, dit is meer intens as versoekinge, omdat die beginsel van die sonde probleem reeds in die tuin van Eden in die hart van die mens ingeplant is, nl. rebellie en hoogmoed.
Dit is daardie influistering wat aan u en my die leun wil vertel dat ons kan leef soos ons wil, dat ons nie nodig het om ons lewens reg te maak nie, dit is daardie leuen wat my laak oortuig dat dit nie so dringend noodsaaklik is om my lewe nou met die Here Jesus reg te maak nie.
Die Here Jesus sê: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloen, en My volg. Wie vader of moeder of enige iemand of iets hoër as die Here stel sal nie My dissipels wees nie. Die ryk jongman was ernstig bedroef toe die Here Jesus aan hom verklaar dat hy alles moes verkoop om die Here Jesus na te moes volg.
Waarin lê u en my probleem. Ons is in sonde gebore en ontvang. Rom.3:23 almal het gesondig en dit ontbreek ons aandie heerlikheid van God. Dawid roep in Ps.51:7 uit ‘Kyk in ongeregtigheid is ek gebore en in sonde het my moeder my ontvang.”
Hy verklaar nie dat sy moeder skuldig is vir sy lewe nie, hy maak ‘n erkentenis dat hy geheel verlore was.
Nou wat staan my te doen om hierdie klad wat teen my staan af te weer. 11 Kor.5:17 sê duidelik daar is ‘n aangrypende verandering wat die Here in u en my hart wil kom bewerk. Hy sê vir ons in vs.21 hoe Hy dit wil kom doen: Die Here Jesus wat geen sonde geken het nie het sonde vir ons geword, sodat u en ek in die Here geregverdig kan word. Wat beteken hierdie woord: Dit beteken dat ons nou in ‘n opregte verhouding of in ‘n regop verhouding met die Here kan leef.