GOD IS LEWE: 1 JOH.5:9-21
INLEIDING:
Reeds voor die grondlegging van die aarde het die Here volgens Efe.1:4 die mens geskape om vir ewig met Hom gemeenksap te moes hê. Dit was toe Adam uit stof gemaak is dat die Here uit hier-die stuk stof waarin daar geen lewe was nie Sy lewe ingeblaas Gen. 2:7 “En die Here het die mens geformeer uit die stof van di aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.”
Lewe en dood staan teenoor mekaar. Die mens in Eva en Adam het gesondig en die dood het onmiddelik ingetree. Dit het veroorsaak dat die mens hoewel hy gelewe het en sonde leer ken het deurdat hulle ontdek het dat hulle naak was, ‘n vloek op hierdie aarde gebring het, elke individu onder die straf van die vloek aan die satan verbind.
Efe.2:1 Maak melding dat u en ek dood is in sonde, dat Rom.3:23 ons die versekering gee dat almal gesondig het en dat dity ons laat ontbreek aan die heerlikheid van God. Rom.6:23 Want die loon van die sonde is die dood…
Die verskriklikheid van dood: Elke mens is onder die mag van sonde en die dood gedoop, en het ons daarom nie ‘n behoefte om die Here te soek nie, hoe tragies dat mense tevrede is om onder hierdie mag te bly lewe.
In Luk.10:25 kom daar ‘n sekere man na die Here Jesus met die vraag: Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërewe?
Joh.45:36 maak melding daarvan dat ons vrug moet vergader vir die ewige lewe.
Joh.17:3 Sê die Here Jesus dat die ewige lewe is: Dat hulle U mag ken.
Rom.6:23 Gaan verder deur te sê dat die genadegawe van God die Ewgie lewe is.
1 Tim.6:12 Sê dat u en ek die ewige lewe moet gryp.
1 Joh.1:2 Ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe.
2:25 Sê die belofte wat ons kan verkry is die ewige lewe.
3:15 Geen moordenaar het die ewige lewe in hom nie.
5:11 Dat God ons die ewige lewe gegee het.
5:13 Dat julle kan weet dat julle die ewige lewe kan hê.
5:20 Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
Num.21:9 Moes die volk na die koperslang kyk en lewe.
Job.33:30 Hy haal ons uit die kuil sodat ons bestraal kan word met die lig van die lewe.
Ps.16:11 U sal my die pad van die lewe bekend maak.
27:1 Die Here is die toevlug van my lewe.
36:10 By U is die fontein van die lewe.
66:9 Wat ons siel die lewe gee.
Spr.4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want
daaruit is die oorspronge van die lewe.
8:35 Hy wat My vind het die lewe gevind.
14:27 Die vrees van die Here is ‘n fontein van die lewe.
Jer.21:8 Kyk Ek hou julle die weg van die lewe voor.
Matt.6:25 Moenie julle kwel oor jule lewe nie.
Joh.3:36 Die ongehoorsame sal die lewe nie sien nie.
12:25 Wie sy lewe liefhet sal dit verloor. Maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld sal dit vind.
Joh.14:6 Ek is die weg die waarheid en die lewe.
Hand.20:24 Ek ag my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, kragtig kan getuig vir die evangelie van die gendae van God.
Fil.1:21 Vir my is die lewe Christus.
Kol.3:3 Julle lewe is saam met Chritus verborge in God.
Open.2:10 Hy wil aan u en my die kroon van die lewe gee.
3:5 Daar is ‘n boek van die lewe.
21:6 Die fontein van die water van die lewe.
*****************************
DIE EWIGE LEWE:
“He lives who lives to God allone,
And all are dead beside;
For other source than God is none,
Whence life can be supplied.”
1) DIE BRON VAN LEWE:
1) DIT KOM VAN DIE EWIGE VADER: JER.10:10
“Maar die Here is waarlik God, Hy is die lewende God en ‘n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan Sy grimmig-heid nie verdra nie.”
Hy wat ewigheid beplan het is die fontein van die ewige lewe. Hy is die Lewende God en die Koning van ewigheid.
2) DIT WORD DEUR DIE EWIGE SEUN VAN GOD VIR ONS GEBIED:
Rom.6:23 Hy was van die begin af by die Vader. Joh.1:2
Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. Dit is die ewige lewe dei Goeie Herder wat Sy lewe vir Sy skape afgelê het.
3) DIT IS DEUR DIE EWIGE GEES AAN ONS GEGEE:
Hebr.9:14 “Hoeveel te meer sal die bloed van Chritus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.”
Julle het Hy lewend gemaak wat dood was. Dit is die Gees van die Here wat lewend maak. Redding is van die Here.
4) DIT IS DEUR DIE EWIGE DOEL VASGESTEL.
Ons is voor die grondlegging van die wêreld deur die Here gekies om heilig te leef. Efe.1:4. Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is sodat dinge wat gesien word, nie onstaan het uit sienlike dinge nie.” Hebr.11:3
5) DIT WORD DEUR DIE EWIGE INSTAND GEHOU.
11 Kor.4:18 ‘Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” Die dinge van hierdie wêreld kan nie die begeertse van die Here vervul nie. Kol.2:1-3 “in wie alle skatte van wysheid en kennis verborge is.”
6) DIT IS VIR EWIGE HEERLIKHEID BEDOEL:
1 Pet.5:10 “En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak bevestig, versterk en gronves!”
Dit kom van die Here en gaan na die Here.
II) DIE PLEK VAN LEWE:
1) DIT WORD NIE DEUR WERKE VERKRY NIE:. Matt.19:16
“Watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê..”
Deur die werke van die wet sal niemand geregverdig word nie. Rom.3:20 Om werke vir lewe te bied is om die Here Jesus ‘n skuldenaar te maak. Rom.4:4 “Maar aan hom wat werk, word die loon nie guns toegereken nie, maar na verdienste.”
2) DIT IS DIE BELOFTE VAN DIE HERE:
1 Joh.2:25 Die belofte van die ware God wat ewigheid is. Die belofte is die Woord van die lewe. Hy het gespreek en dit was daar.
3) DIT IS ‘N GAWE:
Rom.6:23 Goddelike lewe kom alleen van die Here. Dit moet gegee word, want dit kan nie gekoop word nie. Wat deur sonde verloor is kan alleen deur genade verkry word.
4) DIT IS IN CHRISTUS:
1 Joh.5:11 Dit het die Here behaag dat Sy volheid in Hom leef. Hy wat die ewige lewe is. Hy wat die Seun het, het die lewe.
5) DIT WORD DEUR DIE GLOOF VERKRY:
Joh.3:15 Nie dur werke nie, sodat niemand mag roem nie. Dit is die werk van die Here dat julle sal glo. Genade sluit geloof in.
6) DIT BESTAAN DAARUIT DAT EK DIE HERE SAL KEN:
Joh.17:3 Die lewende loof u. Ek weet in wie ek glo, ek ken My skape en word deur hulle geken. Wie sê die mense is Ek.
7) DIT BESTAAN DAARUIT DAT EK DIE HERE HET.
Joh.6:54 Aan almal wat Hom aangeneem het. Joh.1:12 Om te weet en te hê is die posisie van die ewige lewe. Dit is nie om hoop te hê nie, maar om Christus te hê wat ons hoop is.
III) DIE VOLHEID VAN DIE LEWE:
Die volheid is sigbaar.
1) IN DIE BRON WAARVAN DIT KOM:
Jes.57:15 Die onveranderlike en almagtige Een. Die seëninge kom van die hoog en verhewene Een. Soos ‘n koel verfrissende stroom, wat vanuit die hoogtes vloei.
2) IN DIE DOEL VAN SY GAWE:
Die Here het die wêreld so lief gehad dat Hy ons Sy Enige Gobore Seun gegee het. Joh.3:16. Hy weet alles wat die wêreld nodig het, en weet in die gee van SY Seun het Hy aan die wêreld alles gegee wat ons nodig het.
3) IN DIE LEWE VAN CHRISTUS:
1 Joh.1:1-2. Wat liefde wysheid en genade en krag was geopenbaar in die lewe van Christus. Alle volheid leef in Hom.
4) DIT IS DIE BELOFTES VAN DIE HERE:
Joh.10:28. Watter wonderlike beloftes van die Here is daar nie vir ons nie. Noudat Hy SY Seun vir ons gegee het hoe sal Hy nie alles ook vrylik vir ons gee nie.
5) IN DIE LEWENS VAN DIE KINDERS VAND IE HERE:
Die wat beloftes deur die geloof verkry het, en wat die wat swak is sterk gemaak het, sê Hebr.11:33-34 nie vir ons wat dit alles behels nie.
IV) DIE KRAG VAN DIE LEWE:
Dit is ewig en besit alles. Die krag van die eindelose lewe. Hebr.7:16
1) DIE KRAG HAAT SONDE:
Joh.12:25. Dit vereis ‘n heilige lewe, goddelike natuur- dit staan alles tee wat nie Christus gelykvormig is nie.
2) DIT IS ‘N WêRELD VERAGTENDE KRAG:
1 Joh.2;15 Die onsigbare lewe kan die verderf van hierdie wêreld nie aanvaar nie.
3) DIT IS ‘N SELFVERGETENDE KRAG:
MARK.10:30 Dit is ‘n lewe wat sy versadiging in die wil van die Here vind. Dit is die voorbeeld wat die Here Jesus in Sy vlees geopenbaar het. 11 Kor.4:11.
4) ‘N SONDAAR LIEWENDE KRAG:
Hoewel sonde gehaat word, is dit ‘n liefde vir die sondaar. Jy moet jou vynade liefhê en bid vir die wat jou vervolg.
5) DIT IS ‘N HOOP GEINSPIREERDE KRAG:
Titus.1:2 Elke individuel staan voor die Here , en rus in Sy wil, en ag dit ‘n vreugde om met die Here te mag wandel.
6) DIT LAAT DIE DUIWEL VLUG.
In die ewigelewe is daar ‘n krag wat weerstand bied, as daar volge-houe deur die geloof gewandel gaan word. En moet die duiwel van jou vlug. Jak.4:7.
7) DIT IS ‘N GODVERERENDE KRAG:
Ons is lewend gemaak tot die Here daarom moet ons die Here deur ons liggaame verheerlik.2 Tim.1:10.