Kliek link bo om hulle ( Glen en Corina Buys)  te volg , om vir hulle te bid  en om hulle te ondersteun met hul sending werk in die amazone

        

        

Glen Buys Skryf. Op die ouderdom van vyf is ek en my gesin
genooi deur Ds Loutjie Delport van die Baptiste kerk, na ‘n
Paaskonferensie. Dit was dan ook op hierdie Konferensie waar die Here
met my op ‘n klein ouderdom ‘n afspraak gehad het. Ek het een van die
“Grootmensdienste” bygewoon waar Keith Daniel die spreker was, en
reeds daar het die Heilige Gees in my hart begin oortuigingswerk doen.

Kort na die diens was daar ‘n kinderdiens gedurende een van die bidure
op die kamp, waar daar ‘n poppekas was. In die spesifieke poppespêl
was daar ‘n geweldige stoute poppie, en ek sien toe dat ek presies
soos daardie poppie is!!! Baie vêr van die Here en het ‘n Verlosser
nodig. Na die tyd het ek saam met die tannie wat die kinderdienste
aangebied het, tannie Trix Parsonsan, gaan bid en my hartjie vir Jesus
gegee. Van daardie kamp af reeds, het ek ‘n geweldige begeerte gehad
om in die diens van die Here in te gaan as ‘n sendeling, na aanleiding
van die sending verhale vaarvan ons ook in die kinderdienste van
geleer het.

Glen Buys : Kort na die konferensie het my pa en my ma ook kragdadig by die Here
uitgekom, en het my pa ook die Here se roeping sterk op sy lewe
ervaar. Hy het gaan studeer by Betshan bybelcollege, die Bybelskool
van die Evangelies Gereformeerde kerk. Gedurende my pa se studies op
kweekskool, het ons ook baie sendinverhale gehoor en was baie
blootgestel aan die sendingveld, en op die ouderdom van agt, terwyl ek
stiltetyd hou een aand, kry ek daadwerklik die roeping van die Here in
Handelinge 1:8!!! Prys die Here!!!  Ek het ook vir die Here gevra om
my te wys ‘waarheen’. Ons was besig in Aardykskunde om te leer van die
7 vastelande van die wêreld, en na my stiltetyd het ek gou my werk
deurgegaan vir die volgeende dag se klastoets, en soos ek die boek
oopmaak, val hy oop op die kaart van Suid Amerika!!! Ek het net daar
geweet dis daarheen waarnatoe die Here my roep.

Ek het dadelik begin om traktaatjies te kry by ‘All Nations
publications’ ek het traktaatjies uitgedeel, gepreek, mense
gekonfronteer met die evangelie en opgelees oor suid Amerika, Amazone,
Indiane, Sendingverhale in die Amazone, ens. My Hele lewe het net om
een ding gedraai, Jesus en die Amazone!!!


Glen Buys :  Ek het matriek geskryf in Stilfontein Hoërskool, waarna ek Glenvar
bybelcollege toe is vir twee jaar opleiding. Ek is nou al 11 jaar in
dieselfde sending organisasie, waar ek en my vrou voltyds bedien. Ek
was al 2 keer in die Amazone Woud waar ek sendingwerk gaan doen het
vir lang periodes op my eie, en ook vanaf 2014 voltyds gaan bedien
onder die vaandel van WEC as die Here wil en talm om te kom.
 
Ons bid hard dat ons altyd in die Here se wil sal bly en dat Hy ons
sal rig en lei. – Glen Buys

Christelike Lewe  Die Evangelie Die Ewigheid Die Woord Gebed Lofprysing Aanbidding

 

0:00
0:00