GEVORM VIR HEERLIKHEID.
Gedurende die Groot Depressie het ’n baie goeie en hardwerkende man sy werk verloor. Hy is toe geforseer om die spaargeld wat hy gehad het te gebruik om hom en sy vrou aan die lewe te hou. Dit was nie baie lank nie toe is die geld klaar en toe het hy ook sy huis verloor. Hy het baie swaar gekry maar sy stryd en lyding is vermeerder toe hy ook sy pragtige vrou aan die dood moes afstaan.
Daar was baie vrae in sy gemoed maar sy geloof in God het hom aan die gang gehou maar hy moes toe ook erken dat selfs dit was besig om te verdwyn.
In hierdie stryd van hom het hy eendag deur die strate gestap op soek na werk. Terwyl hy so stap het hy ’n paar manne gesien wat besig was om aan ’n kerk restorasie werk te doen. Hy het gestop en een van die vakmanne dop gehou wat besig was om baie vaardig ’n stuk klip met ’n hamer en beitel te kap. Hy was besig om die klip in ’n driehoek te kap. Die werklose man het nie ’n plek gesien waar die klip sou inpas nie en daarom het hy nader gestaan om te vra waar die klip sou pas. Die vakman het geantwoord en gewys na die toringspits waar hulle die klip sou inbou. Dit is waarheen die klip sal gaan.
“Ek is besig om dit hier onder te kap sodat dit daar bo kan pas.” Het hy gesê.
Daar is talle mense wat in hierdie tyd waarin ons lewe deur moeilike tye gaan. Hierdie tydperk is besig om jou energie te tap. Jy ervaar hart verskeurende tye. Moontlik het jy ’n pynlike siekte? Moontlik is dit so hartseer dat jy dit maar alleen dra en dit met niemand wil deel nie!
Die hamer en die beitel van die lewe is besig om aan jou te kap.
Hou vas aan jou geloof!!!!!! Hierdie moeilike tye gaan jou nie onder kry nie!!!
Hierdie stryd en pyn is slegs tydelik van aard!! Die heerlikheid van God is oppad.
Dit is die harde houe wat na jou uiterlike geslaan word wat die krag na die innerlike mens bring.
Hou aan om te bid!!! Hou aan om te glo!!!
DIE MEESTER IS BESIG OM JOU HIER ONDER TE VORM SODAT JY DAAR BO KAN INPAS!!!
2 KOR. 4:16 Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
:17 Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
GEBED
Here my God, help my om vas te staan in die geloof en U altyd te vertrou. Ek volhard om U te dien , al verstaan ek nie waarom al hierdie dinge met my gebeur nie. AMEN