GESANG 287
1. O JERUSALEM, GODS WONING, NUWE STAD VAN HEIL EN LIG,
WAAR DIE KINDERS VAN DIE KONING JUBEL VOOR SY AANGESIG.
SON, GAAN OP OOR BERGE EN DALE; SKYN OOR ONS MET GOUE STRALE !
DAG WAT NIMMER SAL VERGAAN, LANK VERWAGTE DAG, BREEK AAN !
2. O DIE SALIGHEID, DIE LEWE, WAT MY Oë DAAR SAL SIEN;
SERAFS WAT DIE TROON OMGEWE, STAAN GEREED OM GOD TE DIEN;
JUIGEND SING DIE ENGELKORE, LIEFLIK KLINK DIT IN MY ORE,
DRIE MAAL HEILIG, EN GEVREES: GOD DIE VADER, SEUN EN GEES !
3. U APOSTELS EN PROFETE SIEN EK DAAR, MET ROEM GEKROON –
AL GODS KINDERS MET DIE WETE: ONS STAAN EIND’LIK VOOR DIE TROON.
‘N ONTELBAAR GROTE SKARE WAT IN SOVEEL DUISEND JARE HEENGEGAAN HET,
BRING HUL HEER DANK, AANBIDDING, LOF EN EER.