GESANG 281
1. HEER JESUS, WARE MENS EN GOD, U, EENS GEMARTEL EN BESPOT,
IN STERWENSNAG ALLEEN, VERSTOOT – U ROEP ONS TOE OOR GRAF EN DOOD:
2. VREES NIE, WANT EK, VERRESENE, DIE EERSTE, LAASTE, LEWENDE,
WAS DOOD, MAAR LEEF IN EWIGHEID; EK HET DIE DODERYK ONTSLUIT !
3. WIE IN MY GLO, LEEF EWIGLIK ! LAAT JOU NIE DEUR DIE DOOD VERSKRIK:
JY IS VERLOS EN EK SAL JOU VIR EWIG IN MY HANDE HOU.
4. HEER, AS EK EENS IN STERWENSNOOD ALLEEN, BEANGS STAAN VOOR DIE DOOD,
VERSTERK IN MY DIé SEKERHEID: U SAL EK SIEN IN HEERLIKHEID !