GESANG 260
1. GELUKKIG HY WAT HULP VERLEEN, GEWILLIG EN VAN HARTE –
IN JESUS NAAM DIé TROOS WAT WEEN, GETREF DEUR LEED EN SMARTE;
WAT OOR SY MEDEMENS BEGAAN, OM CHRISTUS WIL,
BY HULLE STAAN EN DIEN UIT NAASTELIEFDE.
2. AS U ONS DAAGLIKS, TROUE HEER, GEEN BROODSGEBREK LAAT LY NIE,
SAL ONS DAN NIE OOK ALTYD WEER NOODLYDENDES VERBLY NIE ?
GEE DAT ONS ELKEEN IN VERDRIET EN LYDING,
DANKBAAR BYSTAND BIED, SOOS JESUS OOK GEDOEN HET.
3. O CHRISTUS, VRIEND IN ALLE NOOD, DIE SWAKKES TOT BESKERMING –
AL WAT U DOEN VIR KLEIN EN GROOT, TOON ALTYD U ONTFERMING.
U HET USELF TOT IN DIE DOOD GEGEE AAN SONDAARS IN HUL NOOD –
SAL ONS NIE DANKBAAR Géé NIE ?
4. LEER U ONS SELF BARMHARTIGHEID TOT LENIGING VAN SMARTE,
SKENK U AAN ONS BARMHARTIGHEID EN DEERNIS IN ONS HARTE.
WIL U ONS WERK AAN U VERBIND, DAT ONS DAARIN
U WIL MAG VIND EN SO U NAAM VERHEERLIK.