GESANG 258

1. WAAK CHRISTEN, STAAN IN DIE GELOOF DAT NIEMAND JOU DIE KROON ONTROOF ! 

   GEDRA JOU MANLIK, STERK EN MOEDIG – STEEDS TOEGEWY AAN GOD SE WERK –

   STANDVASTIG, ONBEWEEGLIK STERK. VOL YWER, ALTYD MEER OORVLOEDIG –

   DAN SAL JOU ARBEID IN DIE HEER TOT SEëN WEES, SY NAAM TER EER ! 

 

2. WEES, CHRISTEN, IN JOU HEER VERSTERK, WANT HY WIL ALTYD IN JOU WERK

   OM KWAAD EN SONDE TE WEERSTREWE. VERRIG JOU TAAK MET VASTE HAND,

   EN DOEN JOU WOORD ALTYD GESTAND; WIL DAARBY REIN EN HEILIG LEWE. 

   EN WIL DIE HERE DAT JY LY, O CHRISTEN, LEER GEDULD DAARBY ! 

 

3. BEOEFEN DIE GODVRUGTIGHEID EN WEES JOU MEDEMENS 

   ALTYD TOT VOORBEELD IN JOU LEWENSWANDEL; WIL, 

   BY DIE EERSTE GROOT GEBOD VAN LIEFDE TEENOOR ONSE GOD, 

   UIT LIEFDE TOT DIE NAASTE HANDEL; 

   WANT CHRISTUS HET AAN ONS GESê OM OOK ONS VYAND LIEF TE Hê. 

 

4. O GOD, STAAN MET U GEES ONS BY SODAT DIT ALLES IN ONS BLY, 

   EN MEER SAL WORD DEUR HEILSERVARING. ONS LEER DIE DOEL SO KEN AL MEER VAN U VERLOSSINGSWERK,

   O HEER. DAN KOM U HEIL TOT OPENBARING. 

   GEE DAT ONS VIR U GROTE DAG NIE LEDIG EN ONVRUGBAAR WAG !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00