GESANG 242

1. O JESUS, IN U LYDING KOM SOEK EK TROOS IN NOOD; 

   U SMEEK EK OM BEVRYDING VAN SONDESTRAF EN DOOD. 

   EK HET MY HELE LEWE DIE SONDAARSPAD GEGAAN, 

   VERBLIND IN AL MY STREWE. O JESUS SIEN MY AAN ! 

 

2. DIE TYD WAT U VERLEEN HET, HET EK, ONWYS, VERSPEEL,

   OMDAT, SOOS EK GEMEEN HET, EK SELF MY TOEKOMS RE~L. 

   VERTROU HET EK OP DEUGDE; ALLENIG WOU EK STAAN. 

   VERBEUR HET EK MY VREUGDE ! O JESUS, SIEN MY AAN. 

 

3. AL IS EK VOL VAN SONDE, WIL MY GENADIG WEES. 

   GENEES MY DEUR U WONDE, VERWYDER AL MY VREES. 

   VERGEEF MY SONDEDADE, DIE DWAASHEID OOK BEGAAN; 

   EK SMEEK U OM GENADE: O JESUS, NEEM MY AAN !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00