GESANG 240

1. UIT DIEPSTE NOOD ROEP EK NA U, IN LANGE DROEFHEIDSNAGTE; 

   U, HERE, KAN MY VREDE GEE. O LUISTER NA MY KLAGTE. 

   REGVERDIG GOD, WIE SAL BESTAAN, 

   AS U DIE SONDE GADESLAAN ? EK IS NET STRAF TE WAGTE ! 

 

2. HOE RAAK EK WEER MET U VERSOEN, DAT EK VOOR U KAN LEWE ?

   AG, TEVERGEEFS IS AL MY DOEN, EN NUTTELOOS MY STREWE. 

   DAAROM WORD U MET REG GEVREES. WIL TOG, O GOD, 

   GENADIG WEES EN WIL MY SKULD VERGEWE ! 

 

3. AL IS ONS SONDE OOK HOE GROOT, SO KLEIN ONS LIEFDEDADE, 

   GOD SAL GEEN SONDAAR OOIT VERSTOOT – WAT SMEEK OM SY GENADE. 

   DIE HERE, GOED EN TROU IS HY, 

   HY MAAK ONS UIT VERKNEGTING VRY, HERSTEL DIE SONDESKADE. 

 

4. HOE DWAAS IS HY WAT NOG WIL BOU OP EIE GOEIE WERKE ! 

   EK SAL ALLEEN OP GOD VERTROU; HY SAL MY HELP, DIE STERKE. 

   DIE HEILBELOFTES UIT SY MOND IS VAS SOOS ROTSE IN DIE GROND. 

   SY GOEDHEID HET GEEN PERKE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00