1. BRING AAN DIE VOLKE DIE BOODSKAP VAN HOOP EN BEVRYDING !
SO Sê DIE HERE – VERKONDIG AL VERDER DIE TYDING – “
DAAR IS MY KNEG ! HY BRING NA NASIES DIE REG.
VOLG HOM GETROU IN SY LEIDING”
2. HY, DIE GELIEFDE, DIE ENIGSTE DAARTOE VERKORE,
LY VIR ONS SONDE; EN RED ONS, IN SONDE VERLORE.
DIE KIND WORD KNEG, HY NEEM ONS SONDESKULD WEG –
ONS WORD IN HOM WEERGEBORE.
3. HY SAL, BEGRYPEND, DIE RIET WAT GEKNAK IS, NIE BREEK NIE.
HY LAAT DIE SWAKKE, VERDRUKTE NIE VRUGTELOOS SMEEK NIE.
DIE KNEG IS HEER ! DUISENDE WAG OP SY LEER –
LAAT ONS HUL NOOD NIE VERGEET NIE.
4. AS HY ONS ROEP TOT SY DIENS –
HOE SAL ONS DIT MAG WEIER ? HY IS ALMAGTIG,
GENADIG, DIE TROUE BEVRYDER. DIT GEE ONS KRAG:
KNEGTE MET KONINGSGESAG HET GOD AS HUL MEDESTRYDER.