GESANG 207

1. EER HOM WAT ONDER LOFGESANGE ‘N ONTOEGANKLIK’ LIG BEWOON; 

   EER HOM WAT BY GEBEDSVERLANGE HOM KENLIK AAN DIE MENS VERTOON ! 

   IN VUURTONG EN IN ANDER TALE GEE HY AAN HUL SY HEIL’GE GEES, 

   DAT, IN SY LIG SE HELDER STRALE, HUL NOU DIE SKRIFTE NUUT KAN LEES. 

 

2. DIE VOLKE VAN DIE VERSTE LANDE GETUIG: HIER SPREEK GODS MAJESTEIT !

   EN HUL KON, VRY VAN SONDEBANDE, U, HEER, AANBID IN HEERLIKHEID. 

   IN KENNELIKE SELFBETONING HET U TOT IN DIE MENS GEKOM; 

   U TUIS GEMAAK IN HOM AS WONING EN HOM LAAT WORD – U HEILIGDOM. 

 

3. DANK, FEESGENOTE, DANK DIE VADER, LOOF SY VERHOOGDE SEUN AS HEER, 

   WAT SY GEMEENTE HIER VERGADER EN DEUR SY WOORD EN GEES REGEER. U, 

   O HERSKEPPER VAN ONS HARTE, U, TROUE LEIDSMAN, HEIL’GE GEES; U, 

   WAARHEIDSLERAAR, TROOS IN SMARTE, U WY ONS HIERDIE BLYE FEES ! 

 

4. HELP ONS OM U NIE TE BEDROEF NIE; HOU ONS GEVOELIG VIR U STEM; 

   WORD JUIS U KINDERS NIE BEPROEF NIE ? TOG IS HUL TOT DIE HEIL BESTEM. 

   O GEES, DIE SEëN VOLG OP U LEIDING: DIT WEK ‘N DEERNIS, STERK DIE HOOP, 

   LAAT GROEI GELOOF, STOOT MET BEVRY- DING DIE RUIMTES VIR DIE LIEFDE OOP ! 

 

5. WIE DEK DIE TAFEL MET SY LIEFDE, OORSPREI DIT MET SY VRIEND’LIKHEID ? 

   WIE SKINK DIE BEKER NA BEHOEFTE, OF TOT VERKWIKKING, OF TOT STRYD ? 

   DIE GEES WAT ONS VOOR HOM LAAT HUIWER DIE GEES WAT ONS GELOOF BESEëL, 

   DIE GEES WAT ONS VAN ONREG SUIWER: DIé GEES WAT ONS IN HOM LAAT DEEL !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00