GESANG 202
1. HERE, HOE BLYMOEDIG EN IN DANK OORVLOEDIG MAAK U ONS DIE HART !
U GEE ONS U SEëN SOOS ‘N VROEë REëN; U VERTROOS IN SMART.
JA, ONS WEET, OOK IN ONS LEED LEEF ONS ONDER U GENADE;
VREES ONS NIE DIE KWADE.
2. OOK IN STERWENSMARTE WEET ONS IN ONS HARTE: ONS VERLOSSER LEEF !
EN DIE LIGGAAM, STERFLIK, SAL U ONVERDERFLIK EENMAAL LAAT HERLEEF.
LAASTE VYAND, AARDSE DOOD, HOE ONS SOMS VIR JOU OOK BEWE –
CHRISTUS IS ONS LEWE !
3. HEER, U GEE U LEWE, SO WORD ONS VERGEWE EN VERLOS VAN DOOD.
IN U GROOT ONTFERMING GEE U ONS BESKERMING – REDDER UIT DIE NOOD !
ONS SAL, TOT U EER, O HEER, IN U HEIL MET BLYDSKAP LEWE –
AAN U OORGEGEWE.