GESANG 186
1. HEF, CHRISTENVOLK, ‘N LOFSANG AAN.
LOOF JESUS CHRISTUS, PRYS SY NAAM !
HY WAT ‘N MENS GEWORD HET,
HET OP DIE AARDE NEERGEDAAL,
VIR ONS DIE LOSPRYS KOM BETAAL:
SY BLOED WAT HY GESTORT HET.
DIE W^RELD IS MET SMART VERVUL,
IN DIEPE DUISTERNIS GEHUL,
MAAR ONS KOM MET GESANGE:
ONS HEILAND HET ONS SKULD VERSOEN,
AAN GODS GEREGTIGHEID VOLDOEN –
SY LOF IS ONS VERLANGE.
2. O SEUN VAN GOD, U HET GEKOM
VIR BONDSVOLK EN VIR HEIDENDOM,
VIR AL WAT LEEF OP AARDE.
O JESUS, U VERSOENINGSTAAK
HET U VIR ONS VOLBRING – VOLMAAK –
NIKS KOM DAARBY IN WAARDE.
KNIEL, VOLKE, KNIEL VOOR JESUS NEER;
BRING LOF, BRING JUL VERLOSSER EER,
AANBID DIE MAN VAN SMARTE !
HY HET AAN GOD SE REG VOLDOEN,
DIE SKEPSEL MET SY GOD VERSOEN !
JUIG ALMAL SAAM VAN HARTE !
3. U HET GEKOM, GELY, GESTERF,
VIR SONDAARS HET U HEIL VERWERF,
ONS DEUR U DOOD ONTSONDIG.
U HET DIE HOOGSTE PRYS BETAAL;
OORWINNING OOR DIE DOOD BEHAAL –
DIE LEWE WORD VERKONDIG.
LAAT ELKE KNIE DAN VOOR U BUIG,
LAAT ELKE MOND VAN U GETUIG:
DIE WAARHEID, WEG EN LEWE !
O OFFERLAM VIR ONS GESLAG,
DIE GEES LAAT MET HERSKEPPINGSMAG
U BEELD IN ONS HERLEWE.