GESANG 180
1. SOU DIE GRAF MY NOG LAAT BEWE ?
NEE, EK WEET OP WIE EK BOU !
JESUS LEEF EN EK SAL LEWE,
HY WAT RED, SAL OOK BEHOU.
HY IS GROOT BO ALLE MAGTE;
HY IS LIG DEUR DUISTER NAGTE.
OOR ONS EIE KLEIN GELOOF
TROON SY TROU AS HEER EN HOOF.
2. EENMAAL WORD DIE KAF EN KORING
BY DIE WEDERKOMS GESKEI;
DAN SAL HY, DIE REGTER-KONING,
WEER SY VOLK IN VREDE LEI.
WIE HOM NIE OM GUNS GESMEEK HET,
SAL DAN SIEN WIE HUL DEURSTEEK HET.
MAAR SY VOLK SAL DANKBAAR JUIG –
BLY DIE KNIE~ VOOR HOM BUIG !
3. MET HOM KOM DIE HEIL’GE ENG’LE
GLANSRYK OP DIE TYD SE KRUIN.
EN SY OORDEEL KLINK REGVERDIG
MET DIE LAASTE GROOT BASUIN.
HUL WAT IN DIE HEER ONTSLAAP HET
– DIE GESE~NDES VAN DIE VADER –
WORD DAN HEERLIK OPGEWEK;
VIND ‘N VOORBEREIDE PLEK.
4. DOOD, WAAR IS JOU SONDE-ANGEL;
JOU OORWINNING, DODERYK ?
JULLE DRA NOG NET JUL WRANGE
VRUG VIR ‘N BEPERKTE TYD !
AS GODS VRYGEMAAKTE KINDERS
LEEF ONS REEDS UIT DI` OORWINNING –
VAS, VERSEKERD EN VERSTERK,
DANKBAAR IN SY GOEIE WERK !