GESANG 175
1. NET SOOS DIE LANDMAN WAT TEVREDE
DIE RUS VERWELKOM NA DIE DAG,
SO IS ONS AS ONS OUD GEWORD HET,
TEVREDE OOR DIE DOOD WAT WAG.
ONS HET ‘N HOOP WAT OOR DIE EINDE,
OOR STERWENSUUR EN GRAF HEEN REIK;
DIS ONAANTASBAAR VAS EN SEKER
WAAR ALLE AARDSE DINGE WYK.
2. ONS HET ‘N TOEKOMS SAAM MET JESUS,
DIE EINDE IS MAAR DIE BEGIN,
DIE DOOD DIE OORGANG TOT DIE LEWE –
ONS WOON BY GOD VIR EWIG IN.
ONS SAL GEEN DORS MEER KEN OF HONGER,
GEEN LAS BRING SON OF HITTE MEE,
DIE LAM LEI ONS NA FRISSE STROME,
ELK’ TRAAN WORD VAN ONS OOG GEVEE.
3. NOOIT KAN GELOOF TE VEEL VERWAG NIE,
WANT GOD BLY AAN SY WOORD GETROU.
NIKS IS VIR HOM TE WONDERBAAR NIE,
WAT ALTYD SY BELOFTES HOU.
WIE STEL AAN SY VERMO~ PERKE,
DAAR HY OOR DIE HEELAL REGEER ?
DIE DOEL VAN AL SY LIEFDEWERKE
BEREIK SY ALMAG ALTYD WEER.
4. DI` HOOP OP HOM LEER HEILIG LEWE,
DIT STAAL ONS VIR DIE SWAARSTE TAAK;
DIT LAAT ONS STANDHOU IN DIE CHAOS
TOTDAT HY ALLES NUUT SAL MAAK.
DIT STERK ONS HANDE TOT DIE GOEIE;
LAAT ONS DIE KONINKRYK VERWAG,
DIE OPENBARING VAN DIE TOEKOMS
WAT AANBREEK OP DIE LAASTE DAG.
5. DI` HOOP BRING IN ONS LEED VERSAGTING
KOM, REISGENOOT, DIE HOOF OMHOOG !
DIE HEER, ONS EWIGE VERWAGTING,
MAAK BERGE VLAK EN SE~ DROOG.
O SALIGHEID NIE AF TE METE,
O VREUGDE VER BO DIE VERSTAND:
DAAR IS DIE VREEMD’LINGSKAP VERGETE,
DAAR IS ONS IN DIE VADERLAND !