GESANG 171
1. HEF OP JUL HOOFDE, VROMES;
VERLOSTES, WEES VERBLY !
DIE HEER WAT OP DIE TROON IS,
KOM WEET IN HEERLIKHEID.
HY KOM, EN DAARDIE DAG
SAL HEEL DIE AARDE BEWE.
MAAR HUL SAL JUIGEND LEWE
WAT NOU REEDS OP HOM WAG.
2. EENMAAL IN KNEGSGESTALTE
WAS HY AL HIER GEWEES –
‘N KIND WAT IN ‘N STAL WAS,
EN DEUR ‘N VORS GEVREES.
DIE WYSES VOLG DIE LIG
EN BRING AAN HOM DIE HULDE.
SY BLOED BETAAL ONS SKULDE
VOOR GOD SE AANGESIG.
3. HY KOM NIE WEER AS KINDJIE
NA BETLEHEM SE STAL.
HY KOM NOU AS OORWINNAAR
EN MET BASUINGESKAL !
AS REGTER DAAL HY NEER.
SY TROON IS HAELWIT WOLKE.
EN OOR VERLOSTE VOLKE
SAL HY ALLEEN REGEER.