GESANG 168
1. ONS SIEN DIE TEKENS VAN DIE TYD;
HY KOM, HY KOM, DIE REGTER !
HY KOM IN KRAG EN HEERLIKHEID
EN EIS VAN AL SY KNEGTE
VERSLAG VAN HULLE WERKSAAMHEID.
DIE REGTER PRYS DIE TROUE KNEG,
MAAR OORDEEL TREF DIE SLEGTE.
2. U GLANS VERSKYN BO ELKE KRUIN,
DIE GANSE AARDE BEWE.
DIE DOOIES SAL BY DIE BASUIN
ONTWAAK, VERRYS, HERLEWE !
EN DIE WAT LEEF OP DAARDIE DAG
SAL IN “N OOMBLIK DEUR GODS MAG
HERNU WORD EN VERANDER.
3. GETROUE HEILAND STAAN BY BY –
MY WAARBORG IS U STERWE.
U SPREEK MY VAN DIE OORDEEL VRY,
DAT EK U HEIL MAG ERWE.
EK TWYFEL NIE, U HET VOLDOEN…
DIE BLOED VAN GOLGOTA VERSOEN;
BEDEK MY BAIE SKULDE.
4. DIE REGTER KOM ! GODS KINDERS WAG
MET VREUGDE OP DIE TYDING.
O KOM ! WANT OOK DIE SKEPPING SMAG
NA REDDING EN BEVRYDING.
JA, KOM ! ONS ROEP DIT VROEG EN LAAT:
VERLOS ONS, HEER, VAN ALLE KWAAD
EN MAAK ONS SALIG.
AMEN.