GESANG 163
1. LOOF CHRISTUS, ROEM SY WONDERDADE,
SY ALMAG, LIEFDE EN GENADE.
HY’T NA DIE VADER OPGEVAAR,
MAAK DAAR VIR ONS ‘N WOONPLEK KLAAR
DAT ONS GELOWIG OP KAN STAAN
EN DANKBAAR NA DIE VADER GAAN.
2. LOOF HOM,
DIE MIDD’LAAR TOT DIE VADER;
DEUR SY VERDIENSTE TREE ONS NADER.
TEN SPYTE VAN ONWAARDIGHEID
KOM EK TOG MET VRYMOEDIGHEID:
WIE SOEK, SAL VIND; WIE KLOP IN HOOP,
VIR HOM MAAK U DIE POORTE OOP.
3. LOOF HOM, DIE LEIDSMAN ! DEUR GEBEDE,
OOK VAN SY SWAKKE AARDSE LEDE,
BETOON HY HIER SY TROU EN MAG.
SY LAS IS LIG, SY JUK IS SAG.
HET ONS NIE RAAD NIE, WEET ONS DIT:
SY GEES IN ONS, DI` LEER ONS BID.
4. U WAT U ALMAG OPENBAAR HET
TOE U VERHEERLIK OPGEVAAR HET,
U MAAK ONS VAN DIE BOSE VRY;
LAAT ONS DIE GOEIE STRYD HIER STRY.
U SAL IN MAJESTEIT EN GEES
VOORTDUREND MET U LEDE WEES.