GESANG 154
1. ONS JUIG OOR ONSE HEER SE KRONING;
MET HEERLIKHEID IS HY GEKROON.
ONS WEET HY IS ONS PRIESTERKONING;
HET ONDER MENSE SELFS KOM WOON.
KOM ONS DANK DIE HERE,
BRING HOM LOF EN ERE,
LAAT ONS JUIGEND SING !
HY WAT SWAAR GELY HET;
IN ONS PLEK GESTRY HET –
HY HET DIT VOLBRING.
2. AS MIDDELAAR HET HY GESTERWE,
MAAR OPGESTAAN EN OPGEVAAR;
DAARDEUR SAL ONS DIE HEMEL ERWE,
WAAR HY ONS PAND VIR ONS BEWAAR.
LAAT ONS DAN NIE VREES NIE,
OF KLEINMOEDIG WEES NIE,
HY, ONS HEER, REGEER;
LOOF HOM ALLE VOLKE.
HY KOM OP DIE WOLKE –
HY, ONS KONING, WEER.
3. HY LAAT SY KERK NOOIT IN DIE STEEK
NIE, HY HET SY GEES NA ONS GESTUUR.
GEEN MAG KAN OOIT SY WERK VERBREEK
NIE, HY WAAK DAAROOR DEUR ELKE UUR.
LOOF HOM MET GESANGE,
SING MET HEILSVERLANGE,
LOOF DIE LEWENSVORS !
ONS IS DAARVAN SEKER:
MET DIE LEWENSBEKER
LAAF HY ELKE DORS.