GESANG 149
1. TRIOMF, TRIOMF, IMMANUEL
STAAN OP MET KRAG ! DIE DOOD EN HEL
BEEF VOOR SY MAGSBESKIKKING !
LOFSING DIE HEER, HY HET OORWIN,
LEI ONS MET HOM DIE HEMEL IN.
DIE GRAF HET GEEN VERSKRIKKING !
TRIOMF, TRIOMF, O BLYE DAG –
DIE HEIL’GE GEES VERKLAAR MET KRAG
HY’S SEUN VAN GOD DIE VADER.
HY HEERS, EN ELKE VYAND SIEN
SY VOLK HOM BLY EN DANKBAAR DIEN;
HOM LOOF VIR SY GENADE.
2. TRIOMF, DIE HEER HET OPGESTAAN !
DIE LAASTE VYAND IS VERSLAAN,
GEEN MAG HOU HOM GEBONDE.
WIE IN HOM STERF, SAL MET HOM LEEF;
WIE SKULD BELY, DI` WORD VERGEEF
EN HY OORWIN DIE SONDE.
TRIOMF, TRIOMF, HY STUUR AS PAND
– HY, KONING AAN GODS REGTERHAND –
DIE GEES WAT LAAT HERLEWE.
HY DRA AAN ONS DIE BOODSKAP OOR,
DIE WAT ‘N OOR HET, LAAT HOM HOOR:
“EK LEEF, EN JUL SAL LEWE !”
3. TRIOMF, GETUIG DIT W^RELDWYD:
DIE HEER OORWIN IN FELLE STRYD
DIE KWADE DEUR DIE GOEIE –
DIE WAT MET VREUGDE HOM BELY,
WORD MET ‘N WONDERKRAG BEVRY
UIT DOOD EN SONDEBOEIE !
TRIOMF, TRIOMF, AAN U DIE EER !
DAAR’S NIEMAND WAT SOOS U REGEER,
GESALFDE PRIESTER-KONING !
O GOD-MET-ONS, AAN U ALLEEN
DIE LOF EN DANK OOR GRENSE HEEN
VIR HIERDIE GUNSBETONING.