GESANG 138
1. JESUS LEEF, EN ONS MET HOM !
DOOD, WIE SOU VIR JOU NOG BEWE ?
JESUS LEWE EN DAAROM
WEK HY ONS TOT NUWE LEWE.
LAAT ONS DAN DIE DOOD NIE VREES –
HY LAAT ONS OORWINNAARS WEES !
2. JESUS LEEF; HEERS OOR SY RYK,
ELK MOET HOM VEREER AS KONING.
EENS SAL ONS IN HEERLIKHEID
SAAM HEERS IN SY HEMELWONING.
SAL HY OOIT VERANDER ? NEE !
HY ALLEEN DEEL TROOS ONS MEE.
3. JESUS LEEF – ONS GOD IS GOED.
HOM BEHOORT ONS HELE LEWE.
HY GEE KRAG IN ONS GEMOED
OM DIE BOSE TE WEERSTREWE.
LAAT ONS HOM AS HERE VREES,
HY VERSTERK ONS DEUR SY GEES.
4. JESUS LEEF, NOU IS DIE DOOD
VIR ONS DEURGANG TOT DIE LEWE;
WAT ‘N RUS IN STERWENSNOOD
BIED SY WOORD DIE HART WAT BEWE !
HY WAT DIE VERLOSSING GEE,
HY ALLEEN DEEL TROOS ONS MEE.