CGESANG 130
1. MIDDELPUNT VAN ONS VERLANGE,
U BRING RUS IN ONS GEMOED !
JESUS, MET ONS DANKGESANGE
LOOF ONS STEEDS U LIEFDEGLOED !
OP DIE DIEPBEDORWE AARDE
HET U, HEILAND, NEERGEDAAL
EN VIR ELKE SKULDBESWAARDE
MET U KOSBAAR BLOED BETAAL.
2. JESUS, AL U ANGS EN SMEKING,
EENSAAM IN GETSEMANE;
DIT WAS LIEFDEVOL BEREKEN
OM ONS SIELERUS TE GEE.
TROU HET U, DIE SONDELOSE,
SELF U KRUIS NA GOLGOTA
TOT OORWINNING OOR DIE BOSE
EN DIE SONDEMAG GEDRA.
3. HEILAND, U’S VAN ONS VERLANGE
MIDDELPUNT EN VERSTE VLUG.
DEUR VERLATENHEID EN ANGSTE
LEI U ONS NA GOD TERUG.
DEUR U LIEFDE WEK U LIEFDE,
LEER U ONS ONS NAASTE MIN
EN LAAT GROEI IN ONS DIE VREUGDE
VAN ‘N NUWE LEWENSIN.
4. U, DIE LEIDSMAN IN ONS LEWE,
LEER ONS KWAAD OORWIN DEUR GOED;
BLY U EER ONS EERSTE STREWE,
KOM DAAR RUS IN ONS GEMOED !
HOE IS ONS AAN U VERBONDE,
JESUS, REDDER, SEUN VAN GOD !
DANKBAAR JUIG ONS HARTE EN MONDE
OOR ONS EWIG-HEERLIK LOT !