GENEES DIE HERE ALTYD FISIES EN GEESTELIKE JES.53:1-10

INLEIDING:

Is dit so dat terwyl jy in jou siekbed lê, die Here jou moet genees, dat aanhalings soos Hy wil jou nie siek sien nie, ‘n regte perspektief van wat die Skrif leer aangaande hierdie onderwerp.

Mense word dikwles deur T.V. predikers soos aangedaan dat hulle aan die einde van die program gewillig is om hulle tablette weg te gooi, uit die rystoelle te wil klim en dan ‘n onsettende teleurstelling te ondervind.

As ons die Woord van die Here bestudeer, sal ons sien dat Goddelike genesing ‘n Bybelse konsep is. Ps.103:3 Verklaar: “Wat al jou ongeregtighede vergewe, en al jou krankhede genees.” 1 Pet.2:24  Sê: “Wat self ons sondes in Sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afstrewe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.”

As ons die Woord bestudeer sal ons ondervind dat daar heelwat meer betroke as as bllot maar net op een of ander belofte te staan en te glo dat jy genees is, en dan is daar ook die wie se metodes nie Skrif-tuurlik is nie.

DAAR IS DIE WAT AANHOUDEND DUIWELS WIL UITDRYF:

Daar is die siening dat alle siektes kulties verwante prbleme is en daar om dat daar vir elke siekte een of ander demoon uitgedryf moet word, soos ‘n asma, of kanker of wat ookal mag wees.  Rom.8:18-22 verduidelik dat siektes die gevolg van die sondeval is. Matt.4:24; 10:1 en 10:8 openbaar dat individeule siekte nie satanies geinspireers is nie. Matt. maak ‘n duidelike onderskeid tussen die handeling met siektes en demoniese aktiwiteite.

KAN DAAR VIR ELKE SIEKTE GENESING BELOOF WORD:

Dit was deuidelik dat Paulus die gawe van genesing gehad het. Hand.19:11-12 lees ons: “En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.”

Hand.20:9-12 staaf dit dat daar die was wat selfs uit die dode opge-staan het. Hoewel Paulus wonderwerke ondervind het, het die Here nie altyd sy gebede beantwoord nie, aangaande fisiese genesing nie.

Paulus het Timotheus geadviseer om ‘n bietjie wyn te neem vir die fisiese ongesteldheid  1Tim.5:23. In 2 Tim.4:20 lees ons dat Paulus Trofimus siek gelaat het. Dan was daar die drie keer wat hy gebid het vir die genesing van sy eie “doring in die vlees” waarvoor hy nie beantwoord was nie. 2 Kor.12:7-10.

DAAR IS DIE WAT GENESING VIR RONDS-INSAMELING GEBRUIK:

Daar is geen enkele keer dat genesing gekoppel was aan een of ander fons insameling nie. Toe Simeon die gedagte gehad het in Hand.8:20-21 het Petrus hom ernstig bestraf en vir hom daarop gewys dat sy hart nie reg was teenoor die Here nie. Dit is teenstrydig met wat ons vandag soms geleer word; Petrus en Johannes kon vir die lam man by die skone poort sê: “Silwer en goud het ons nie, maar dit wat ons het gee ons jou, in die Naam van Jesus Christus staan op en loop.” Hand.3:6.

DAN IS DAAR DIE WT GENESING DIE MIDDELPUNT VAN HULLE BEDIENING MAAK:

Daar word van 37 genesings in die boek Handelinge melding ge-maak. Daar was net 10 waar omstanders betrokke was, 12 was klein groepe betrokke en 15 in private hoedanigheid. Die Here Jesus het ook dikwels aan die wat genees is gesê: Moet dit nie gaan vertel nie.

Bybels genesing is meer besorgd oor die eer van die Here, as hulle eie eer. Die Here Jesus sê in Joh.10:38 “

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00