OP PAD NA KANAÄN

1.   DIE ROOI SEE OF GEESTELIKE BEVRYDING

      Die dinge wat die kinders van Israel deurgegaan het vanaf Egipte tot hulle besetting van Kanaän kom in soveel opsigte ooreen met die pad wat die kind van God stap vandat hy uit die duisternis oorgebring is in die Lig.

      Die duisternis van wanhoop is vervang met die lig van bevryding en verlossing.  Kort op die hakke van die volk van God was een van die wêreld se mees gevreesde leërmagte, die Egiptenaars.  Reg voor hulle is die bodemlose Rooi See wat gereed is om hulle in te sluk. 

      Hulle omstandighede het geen sprankie hoop ingehou nie.  Om terug te gaan na Egipte sou vernietiging beteken het, om stil te staan, so verbryseling deur die leermag van Egipte beteken het en voor hulle die eindelose dieptes van die Rooi See.  Hulle is omring deur moeilikhede. 

      Net so gaan dit met die geredde persoon wat op die punt staan van algehele oorgawe.  Om terug te keer of om stil te staan is om in die wrede greep van Satan se misleiding te val.  Om vorentoe te gaan is om te staan te kom voor wat die onmoontlike is om te oorwin.

      Satan laat ‘n molshoop soos ‘n berg lyk en ‘n druppel soos ‘n oseaan.  Hy val alle areas van jou lewe gelyktydig aan en fokus veral op die swak areas.  Hy doen alles in sy vermoë om my vooruitgang geestelik te kortwiek.  Hy bring die mens in totale wanhoop.

      Op die punt van Israel se wanhoop en die bemoedigende woorde van God, deur Sy dienskneg Moses gekom:  “Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk;  want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.  Die HERE sal vir julle stry en julle moet stil wees.”  Ex.14:13, 14

      Die donker nag van sonde en smarte het verander in die helder dag van vrylating en hoop.  Die persoon wat God soek, kom ook op die plek waar hy sy sonde by die naam bely en laat staan en homself ten volle oorgee aan God.  Die plek waar hy besef dat niks behalwe God, vir hom iets kan doen nie.

Nothing in my hands  Ibring

Simply to the cross I cling

      Die sondaar besef dat hy sy verkeerde weë moet laat staan en die kwaaddoener sy gedagtes en dat hy hom tot God moet bekeer, wat vergewe en verlos.

      Heb.11:29  “die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond…”  Hulle het IN GELOOF deurbeweeg. 

      Hulle moes GEHOORSAAM wees aan die wil van God.  Hulle het in GELOOF GEHOORSAAM.  Die Here het self ‘n pad deur die See gemaak vir hulle verlossing. 

      Vir Israel het dit op hierdie stadium gegaan oor die verlossing uit gevaar, eerder as die hoop op toekomstige diens aan God.  Vir Noag het dit om vrees gegaan vir die oordeel van God.

      Die mag van Farao en Egipte wat nou gebreek oor Israel.  Hulle was verlos van hulle vyande en het God se volk geword.  ‘n Sondaar word verlos van die mag van die duiwel en die houvas van die wêreld, vergewe van die sondes in die verlede en word ‘n kind van God.  Die verandering is so geweldig dat geen woorde dit kan vertolk nie.

      Israel het ‘n innerlike bewys en oortuiging gehad dat dit wat hulle beleef het werklik was. 

      Hulle het:  die Woord van God gehad

                        die neerlaag van die vyand gesien

                     met hulle eie oë gesien dat hulle verlos is uit Egipte.

      So is dit ook met ‘n persoon wat God vind:

      Hy het:  die Woord van God wat dit bevestig – die getuienis van     

                    die Gees van God, op grond van die Woord van God.

                    die neerlaag van hulle vyande gesien

                     alles het nuut geword – daar is nuwe hoop, nuwe    

                     vriende, nuwe boeke, nuwe gewoontes, omdat hulle uit

                     die duisternis in die Lig gekom het.

      Die volk van God is gedoop in die sin dat hulle nuut gebore is en die wêreld, die vlees en die duiwel versaak het.  Hulle word gedoop in Christus.

2.   DIE SINAI WOESTYN ONDERVINDING:

      Nou gaan ons kyk na die weg wat die Israeliete gevolg het vanaf die Rooi See tot by Kades Barnea, op die grens van Kanaän.  Op hierdie stadium sing die Israeliete hulle lied van bevryding:

      “Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.  Hy is my God, Hom sal ek roem;  die God van my vader, Hom sal ek verhef…”  Ex.15:2

      Die kind van God het hom gewerp op die Here en vergifnis ontvang.  Hy is op ‘n nuwe weg omdat hy die ou weg versaak het om nooit weer daarop te wandel nie.  Hierdie kind van God behoort aan God, net soos die kind van God wat meer lig ontvang het en reeds die vreugde van Kanaän smaak. 

      In hierdie deel van hulle wandel ontvang hulle in besonder, voorbereidings instruksies.  Die manna en die kwartels, die wolk- en vuur kolom, deurdat hulle die wet ontvang het en die instruksies van hoe die tabernakel gebou moes word, was hulle onderrig in kennis oor hulle eie nood, die natuur van God en die seën wat daar is in gehoorsaamheid aan Hom..  Voordat hulle uit Egipte gekom het was hulle geestelik dood en nou is hulle lewend en wanneer hulle in Kanaän in gaan sal hulle bekragtig en toegerus word in Hom.

      Hulle was gevoed met manna – die Brood van die hemel.  Hulle het gestaan onder die lering van ‘n man, Moses, vir wie ‘n heilige lewenswandel, ‘n gewoonte geword het.  Soos Jesus wat gepreek het dat nét die wat die wil van die Vader doen, die koninkryk van God sal beërwe. 

      Jesus het in Joh.17 gebid dat sy dissipels geheilig mag word, soos Hy heilig is, sodat hulle die belofte van die Vader deelagtig kan word en met krag uit die hoogste bekragtig mag word.

      Daar is vreeslike vloeke wat wag vir die persoon wat die wet oortree en wonderlike seëninge vir die wat die wet onderhou.

      Die kind van God wat satan en sy weë verlaat het, dien nou ‘n heilige God.  ‘n Heilige Vader, ‘n heilig Seun en die Heilige Gees, deur die heilige Woord van God en staan in ‘n heilige bediening en hou altyd in gedagte dat daar by hulle ‘n diepe behoefte en verlange na nog meer heiligheid moet wees.

      Hierdie kind van God verlang inniglik om in Kanaän, die plek van volmaakte liefde te wees.  Self in ‘n teruggevalle kind van God se lewe behoort die verlange na ‘n heilige lewe deurgans daar te wees.

      God bring sy volk uit Egipte sodat Hy hulle in Kanaän kan inlei.  Net so wil Hy ons uit onreinheid in heiligheid inlei.  Efe.1:4  “soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees…”

      In Egipte is daar nie regtig ware gebede nie.  In die Sinai woestyn is daar onwys gebede en in Kanaän is daar vurige gebede wat groot krag het.

      In die woestyn is die geestelik visie van die kind van God dof, soos die blinde man voordat die Here Jesus hom volkome genees het, het nie die werklike prentjie gesien soos dit was nie.  Hulle sien dit wat hulle begeer mistig en nie helder nie.

      Egipte is duisternis, die woestyn is swak lig en Kanaän is volkome lig.  Die persoon in die woestyn sal wandel met die Here, maar nie die vreugde van die volheid ondervind nie.

      Omdat hierdie persoon se visie dof is, struikel hy maklik en val.  Die ernstige persoon staan weer op en probeer weer om vorentoe te beweeg.  Hy vra vergifnis in trane en loof die Here dat hy dit ontvang. 

      Dit is in die woestyn tyd dat die kinders van Israel die dinge wat hulle uit hulle lewenswyse in Egipte neergelê het. 

      Ex.33:6  :Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.”

      Net so die kind van God I Tim.2:9  “So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met eskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud en pêrels of kosbare klere nie.”

      I Pet.3:3,4  “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie;  haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige n stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”

      In plaas van die uiterlike moet hierdie kind van God smaak ontwikkel vir lering en geestelike kennis en insig.  Die Israeliete het hulle juwele in die kis vir die bou van die Tabernakel gegooi, die kind van God kan hulle juwele gee vir die onderhoud van sendelinge.

      Die Israeliete het swaar geleun op die arm van die vlees.  Toe Moses nie by hulle was nie, maar teen die berg uitgeklim het om met God te praat het hulle gestruikel en geval. 

      Daar is ‘n baie sterk ooreenkoms met kinders van die Here wat nog nie in Kanaän is nie.  Wanneer die manier van aanbidding verander, ontwrig dit hulle, as hulle van predikant verander, kan hulle dit nie verwerk nie, hulle veg teen mekaar en ken nie geheim om mekaar op te bou en te versterk in geloof nie.  Hulle harte is by die dinge hier op aarde en ken nie die visie van die dinge daarbo nie.

      Na die kruisiging vind ons die dissipels van die Here Jesus in dieselfde toestand.  Petrus het gesê dat hy weer vis gaan vang en die ander het besluit dat dit ook is wat hulle gaan doen.  ‘n Kind van God wat in die woestyn is gee moeilik iets van hulleself of iets uit hulle sak vir die saak van God.  Die kind van God wat Kanaän se rus ingegaan het gee met ‘n blymoedige hart en met rein motiewe vir die saak van God.  Van dit wat hulle besit en van hulleself.

      Die ware kind van God, wat uit Egipte gekom het, het nie meer die wêreld en die dinge van die wêreld lief nie. 

      In die woestyn was Israel in hulle geestelike babaskoene.  ‘n Volk is gebore maar nog baie kinderlik.  Daar mag kinders van die Here wees wat intellektueel reuse is, wat in besigheid uitgestyg het, wat sosiaal wonderlik aangepas is, maar nog babas in geloof is. 

      Hulle het behoefte daaraan om met melk gevoed te word en nie vaste spyse nie en om op die hande gedra te word en in alles, voortdurend erkenning te kry, in die onvriendelike wêreld waarin ons leef.  Hulle vrees vervolging en huil as hulle ontmoedig word, terwyl hulle lof moes bring aan God, wat die oorwinning bring.  Baie tyd word gemors en gespandeer met die prediker wat moet troos en trane afdroog.

      Dit is ‘n wonderlike ding om ‘n baba in Christus te wees omdat dit die verwagting van lewe en onbeperkte moontlikhede inhou, as daardie persoon nie gaan sit en in die toestand bly nie.

      Israel was in die woestyn bangbroeke.  Die oorwinnings wat hulle behaal het was a.g.v. Moses wat ingetree het, nie omdat hulle so dapper was nie. 

      Die kind van God wat in die woestyn is sal baie eerder die gewone allerdaagse omstandighede in die gesig staar as om geestelik die stryd aan te voer.  Hierdie kind van God vind dit moeilik om met iemand ‘n geestelik gesprek aan te knoop a.g.v. hulle eie voordurende neerlae.  Hulle haat die swakheid in hulle.  Innerlik is daar voortdurende die verlange na blywende oorwinning.

      Dit was in hierdie tyd wat die Israeliete die Amalekiete in oorlog ontmoet het en nie kon uitroei nie.  Die Amalekiete is ‘n tipe van ‘inwonende sonde’, ‘die vleeslike mens’, ‘die liggaam van die dood’, ’die ou mens’.  Hierdie kind van God het nog nie die wonderlik rus van Kanaän ingegaan nie.

      Van binne is daar baie gevoelens en emosies wat opwel bv. trots, naywer, jaloesie, selfsug, ongeduld, woede ens.  Dit bring bitterheid en droefheid in die hart.  God het nog nie ‘n volkome werk vir hierdie kind van Hom gedoen nie. 

      As die kind van God op hierdie stadium die dringende behoefte in sy hart besef en die reiniging wat God bied aanneem, kan daardie siel in die rus van God ingaan. 

      Die dissipels van Jesus wat saam met Hom gewandel het en geweet het dat hulle name in die Boek van die Lewe geskryf is en wat deur die woord wat Hy tot hulle gespreek het, in ‘n sin gereinig is, het nog nie die lafhartigheid in die tye van die grootste krisis en begeerte na roem en erkenning uit hulle lewens weggeneem nie.  Dit het die bo-vertrek ondervinding, na Jesus se opstanding gekos om hulle in Kanaän in te lei. 

      Jesaja was ‘n profeet van God wat met Hom gewandel het, maar eers toe sy lippe aangeraak is deur ‘n kooltjie vuur van die altaat, is hy gereinig van inwonende sonde.  Dit is nie nodig dat ‘n kind van vir maande en jare in die woestyn voortploeter nie.

      Baie kinders van die Here, wat nie die volle natuur van die woestyn lewe ken nie en wat nie kan insien watter voorregte die Here vir hulle in gedagte het nie, word so ontmoedig dat van hulle terug keer na Egipte.

      Ander probeer weer die situasie beredder deur uit hulle pad te gaan om goed te doen en pynlike pogings aan te wend om die verleentheid wat inwonende sonde veroorsaak te verhoed.

      Ander het hulle harte daarop gerig om geestelik te probeer groei en die Woord van God te bestudeer, maar inwonende sonde het net so vinnig gegroei en ontmoedig die ywerige kind van God om te volhard. 

      Ander dink weer dat die omstandighede so is om ons nederig te hou en mislei deur die duiwel, troetel die gedagte. 

      Ander weer sê dat hulle deur baie dissipline die verrotte werke van die vlees sal onderdruk en besluit dan later op ‘n ander weg, wat beter lyk.

      God het vir Israel belowe dat Hy die gedagtenis van Amalek uit sal wis onder die hemel, so sal Hy ons reinig van alle ongeregtigheid en ons verlos van die houvas wat inwonende sonde op ons lewens het.

      In Egipte beheer inwonende sonde die lewe van die mens.  In die woestyn word dit met moeite onder beheer gehou en in Kanaän word dit uitgewerp.

3.   KADES BARNEA:

      Baie van die voorwaardes wat ons hier vind, vind ons ook in die lewe van ‘n kind van God wat die volheid van God wil smaak, maar nie bereid is om te voldoen aan die voorwaardes om dit deelagtig te word nie.

      Die kinders van Israel was bewus van die feit dat hulle op die grens van Kanaän is.  God het vir hulle gesê dat hulle moet ingaan en dit in besit moet neem.  Hulle het besluit om eers verspieders uit te stuur. 

      Kades was die plek van Israel se neerlaag.  In Kanaän het hulle reuse gevind wat, as hulle gevrees was sou oorwin, maar as hulle aangeval was, sou val.  Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie reuse:

      a.  REUS VAN ONVERSKILLIGHEID:

           Hy wil niks hoor oor die beloofde land/oorwinning nie.  Vir hierdie persone is die woestyn lewe genoeg.  Hulle ontmoedig ander om meer te verwag en probeer die stem van God ten opsigte daarvan stil maak vir ander.  Hulle maak die soekende kinders van God af vir hulle ‘gebrek aan kennis’.

      b.  REUS VAN VOOROORDEEL:

           Hierdie hindernis werk op byna dieselfde manier as ONVERSKILLIGHEID.  Bitterheid, twyfel en wanhoop is die simptome van persone wat met vooroordeel luister na iemand wat getuig van volle verlossing omdat dit nie vir daardie persoon realisties is nie.

      c.  REUS VAN SPESIFIEKE OMSTANDIGHEDE:

           Hierdie persoon voel dat sy omstandighede dit vir hom nie moontlik maak om die Here te vertrou vir ‘n dieper werk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00