Skriflesing: Hebreers 11
Titel: Geloofsaksie in vandag se wêreld
Die week wat verby was moes ons weer voel hoe dit voel om gemarginaliseer te wees.
Geweld en moord en hofsake en in dit alles voel ons magteloos om enige iets te doen.
Tot die kantlyn verban.
Die Hebreërbrief is vir mense soos ons.
Paulus sien meesal die geloof as die genadegawe van God tot die Ewige Lewe.
Die skrywer van die Hebreërbrief staan langs ons in die stryd, vir die skrywer is die geloof die bron van krag wat ons deur die stryd dra.
Die skrywer weet, en so was dit die eeue deur, dat daar twee gevare is wat ons in die gesig staar in ons stryd, die eerste is dit:
Dat ons na binne sal migreer, ons onttrek, in ‘n klooster sal gaan bly.
Of: So nie dat ons so betrokke sal raak by die sake van die dag, die politieke stryd, die stryd om oorlewing dat ons deur die wereld besmet sal word en dat mense sodoende nie meer die Here in ons lewe sal sien nie maar net die saak waarvoor ons veg. Vgl die Bevrydings Teologie.
Hy wil ons help om suiwer soos God wil, in die geloof te lewe daarom sien hy die geloof as ‘n Kompas in ons lewe.
‘n Kompas gebruik mens juis waar jy nie ‘n uitsig het nie soos in ‘n woud of in digte mis, dan word jou rigting suiwer bepaal al het jy geen uitsig na buite nie.
Ons kan goed dink dat toe God vir Abraham sê om te trek uit sy land dat sy eerste vraag sou wees; Waarheen?
God is ons weg, al wat ons moet en wil sien is God self.
Abraham trek gelowig weg omdat hy vir God sien.
So vra die Here ook vir ons veral as gemarginaliseerdes om volkome op Hom te vertrou.Neem nie ons omstandighede weg nie, Abraham moes op weg gaan, in ongerief en in gevaar, maar om God te sien laat ons kragtig uit die geloof optree in alle omstandighede.
Baie mense sê dat ons perfek moet wees voordat ons geloofshelde kan wees, tog was baie van die mense warvan ons in die gedeelte lees mense met foute en gebreke bv. Jefta, Dawid en Abraham. Die Here verwag nie perfekte mense nie Hy gebruik swakke mense en in hom word hulle geloofshelde.
Die kompas wat Op God gerig is wys by ons huidige bestemming verby na die Hermele en dit maak vergesigte oop, lat ons kragtig leef en werk al is ons hier slegs Bywoners met geen vaste tuiste nie.
Laat ons vas hou aan die beloftes van God, Die verbond wat God met ons gemaak het lei ons want ons weet dat God dit so verkies het dat ons die swakkes juis sy gemeente sal wees dit is wat ons bemoedig en kragtig maak.
Hoe moet ons die pad loop? God gee die kompas van die geloof maar wys in sy Woord ook hoe die pad geloop moet word.
Geloofshelde is mense wat God dien, Godsdiens is om lig en sout te wees in die wereld.
Elkeen wat met Abraham in aanraking gekom het het geweet dat hy die enigste Here dien, selfs die Farao.
Hulle was Heilig, geheilig deur God maar hulle het ook heilig gelewe. Daniel wat die bekke van Leeus gesluit het deur sy vaste geloof het deur sy geloof Daruis sover gebring om God die Lewende God te noem, die ewige.
Hulle is mense wat bereid is om alles prys te gee twv. Die geloof in God.
Die Here Jesus leer ons:”Soek allereers die koningkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
Geloofshelde doen dit is bereid om soos Abraham alles agter te lat en God te volg.
Geloof laat my uit liefde lewe.
“So lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
Ons dade moet die stempel van God se liefde dra al is ons ook gemarginaliseerde mense.
Mag ons in hierdie tyd weet dat as ons langer swyg oor dit wat tans gebeur met die klein mensies van die land, dat ons teenoor God ontrou sal wees.
Mag ons besef dat god swakke mense soos ons gebruik om geloofshelde te wees.
Mag Hy ons bereid maak om alles prys te gee en Hom in liefde te dien.