DIE SEëN VAN DIE BELOFTES VAN DIE HERE: HEBR.11:1-31

1) WAT IS GELOOF: vs.1

Geloof is daardie vermoeë wat die Here aan die mens geskenk het om die wonder van die Here self en Sy beloftes aan te gryp en dit myne te maak.

Geloof is die vertroue in die werk en persoon of belofte van iemand anders. Ware geloof bestaan uit drie bestandele:

A) KENNIS:

Ons moet weet, daarom het die Here aan ons feite gegee. Feite aangaande ons sondige toestand: Rom.3:9-20. (Hoe die sondaar lyk)

Feite aangaande Sy liefde in die gawe van SY Seun. Joh.3:16. (kruisiging)

Feite aangaande redding, die verkryging daarvan en die voordeel daarvan, in die Evangelies. Rom.3:21-26. (Geregtigheid van God geopenbaar) God het die Here Jesus in SY bloed voorgestel.

Hierdie feite moet ons ken sien Rom.10:17. (Geloof is uit die gehoor, en gehoor is uit die Woord van God).

Feite aangaande heiligmaking, en die heerlike seën van Sy beloftes. 1 Thess.4:3; Efe.1:3 ens.

B) INWILLIGING: 

Aanvaar hierdie feite, glo in hulle, dat hulle waar is, weens die feit dat dit die Seun van God is wat hulle aan ons openbaar. Hebr.11:6.

C) VERTROU HIERDIE FEITE:

Dit is die krag om hierdie feite te glo aan die Persoon geopenbaar aan hulle. Christus is die Seun van God.

Ons mag die eerste twee besit sonder om gered te wees. Wanneer daar ‘n kennis is aangaande die weg van redding en ons daarin glo en is aan die Here oorgegee sal redding daar wees.

2) WAT DOEN GELOOF: Vs.2-31

Geloof word deur werke bevestig. Jak.2:14-26.

a) ABEL WYS OP DIE OFFER VAN GELOOF Vs.4 Gen.4:1-8

Abel wat dood is spreek van

i) Die mens se nood: Hy besef dat hy gesondig het, hierdie wete bestaan by alle mense. Rom.2:14-16, en word in die Woord van die Here geopenbaar. (Woord getuig saam met my gewete) Sien Rom.3.

ii) God se geregtigheid: Abel het sy sonde besef en dat dit die dood verdien in die hande van ‘n heilige en regverdige God. Eseg.18:4 + Rom.6:23.

iii) Die weg van voorsiening: Hy het ‘n lam gebring. Hoewel die Here die lam versien het, het hy dit geoffer en is dit aangeneem deur die Here. Joh.1:29; 1 Pet.1:18. Rom.4:24-25 “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem”.

Omdat ons nie deur verganklike dinge silwer en goud losgekoop is uit ons eidele lewenswandel nie.

iv) Die Here se aanvaardig van die offer: Gen.4:4 en Efe.1:6-7 “Hy het ons in Sy geliefde begenadig deur die versoening van Sy bloed.”

2) HENOG DIE WANDEL DEUR DIE GELOOF: Vs.5-6. Gen.5:21-24

Om met die Here te wandel gaan beten dat jy:

i)Sy versoening sal moet verstaan. Amos.3:3 Jes.59:1-2; 55:7 46:12-13; 2 Kor.5:18-20; Efe.2:13

Amos.3:3 “Sal twee met mekaar wandel sonder dat hulle afgespreek het”

Jes.55:7 “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes en laat hy hom tot die Here bekeer dan sal Hy hom barmhartig wees.”

Jes.46:12-13: “Luister na My julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid ! Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel My heerlikheid”

ii) Van sonde afstand moet doen: Deut.23:14; 2 Kor.7:1; Efe.4:17-32 1 Joh.1:7.

Deut.23:14 “Want die Here jou God wandel middi in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie”

iii) Vergelding: Wat het Henog gehad? Die teenwoordigheid van die Here self. Fil.3:8; 2 Kor.4:17-18; Rom.8:31; Jes.41:10 Ps.23:4 Daar is altyd ‘n blye gevolg om met die Here te wandel: Gen.5:24 Joh.14:1-3.

Fil.3:8 “Ja waarlik ek ag ook alles skade om die uitneemendheid van die kennis van Christus Jesus my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het om Christus as wins te verkry, en in Hom gevind te word…”

2 Kor.4:17-18 “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maa die onsigbare ewig”

3) NOAG DIE WERK VAN GELOOF: VS.7 Gen.6:8-8:22

i) Die gehoor aan geloof. “waarskuwing” Gen.3:2; Matt.11:15 ens.

Matt.11:15 “Wie ore het om te hoor. Laat hom hoor…”

ii) Die beweging in geloof: Waarskuwings in die Skrif

Job.36:18 “Want pas op dat die woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.”

iii) Die voorbereidings van geloof: Amos.4:12 Spreuke 22:3.

Amos.4:12 “Daarom sal Ek so met jou handel, o Israel: omdat Ek so met jou sal handel – maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel”

Spreuke.22:3 “ ’n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.”

iv) Die resultaat van geloof. Die redding van ‘n Christen en die veroordeling van ‘n ongelowige.

Mark.16:15. “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

4) ABRAHAM DIE LEWE VAN GELOOF: VS.8-19

Dit bestaan uit drie groot tydperke:

i) Sy roeping en gehoorsaamheid. Gen.12:1-4 Hebr.11:8-10.

ii) Sy belofte en geloof daaraan: Gen.15:1-6 Hebr.11:11-12.

iii) Sy toets en oorwinning: Gen.22:1-14; Hebr.11:17-19.

5) MOSES DIE KEUSE VAN GELOOF: VS.23-29

i) Sy groot keuse Vs.24-26 Let op wat was die rede vir sy geloof:

a)      Hy het die kinders van die Here verkies bo die plesiere van hierdie wêreld. Vs.25.

b)      Hy het die veragting en identifisering saam met die Here Jesus bo die aanhang van Egipte verkies. Vs.26

c)      Hy het nie die toorn van ‘n sigbare koning gevrees nie, omdat hy die Onsigbare en gevrees en gehoorsaam het Vs.27

ii) Sy groot beloning: Vs.28

Gemeenskap met die Here, en die leierskap van die mense en die beloning uit die hemel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00