GELOFTE 2006: DIE VERBOND:
INLEIDING:
Die gedagte van ‘n gelofte is om ‘n verbond te sluit. Reeds in die begin van die mens se bestaan was die gedagte van die Here, die mens en die sonde aan ons geopenbaar. Die verslag van die sondeval word nie sonder die verlossing gesien nie. Wat as ‘n prototipe genoem word is daar ‘n blik op die die Verlossing en die koste daaraan verbonde.
Die taal daaraan verbonde is presies: “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, tussen haar saad en jou saad, jy sal hom die kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” Gen.3:15
Die voorspelling is nie aan die saad van Adam nie, maar die saad van die vrou gekoppel. Dit dui op die maagdelike geboorte van die Here Jesus, wat in Gal.4:4 bevestig word. Hy sal die slang se kop vermorsel. Jes.53:4.
Die ooreenkoms in hierdie aanslag is dat die slang die mens in die hakskeen sal byt, maar dat die mens die slang sal oorwin om hom die kop te vermorsel. Alleen in die Here Jesus Jesus kon die saad van ‘n vrou oorwin word. 1 Joh.3:8 em het dit vir die mens waar in Hom geword. Rom.16:20; 1 Kor.15:57.
Die verbond het met redding te doen en is dit die hooftema van die Bybel. Die God van Verlossing. Die Here Jesus het die naam ontvang: Jesus “Omdat Hy ons van ons sondes sal verlos”
Die geskiedenis van die Bybel is die geskiedenis van verlossing. Doe offers van die O.T wat in die N.T deur die kruisiging vervul was, dui alles op Verlossing. Die hemel is die finale bestemming vir die wat reg gekies het, terwyl die hel die bestemming van die is wat die Here nie toegelaat het nie.
DIE VOORBEREIDING TOT DIE VERBOND:
Die tema van Verlossing is die mees prominentste in die verbond. Al die verbonde van die Here is verbonde van Verlossing.
A) DIE VERBOND MET NOAG:
Die woord verbond (berith) het die eerste keer in die lewe van Noag plaasgevind. Gen.6:18 “Maar met jou sal Ek ‘n verbond oprig: jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.”
Dit was later weer herhaal. Gen.9:9-10 “Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag na julle, en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls en die vee en al die wilde diere van die aarde by julle – al wat uit die ark uitgegaan het, nl. al die diere van die aarde.”
Vs.16 “om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.”
Die verbond met Noag word soms die verbond met ‘n menslike geslag genoem. Aan die mens was die opdrag gegee om die aarde te bewoon, al die diere was beskikbaar om te eet met die uitsondering dat bloed nie gedrink mag word nie.
Moord was verbied op die basis van die mens wat na die beeld van God geskape is. Gen.9:2-7. Hierop het die Here beloof dat Hy nooit die mens weer met vloed sal verwoes nie. As teken het Hy die reën-boog gegee. Gen.8:22.
B) DIE VERBOND MET ABRAHAM:
Die tweede stap in die ontwikkeling van die gedagte van die verbond kom in by Abraham se roeping by Ur. Hier het die verbond ‘n spesifieke vorm aangeneem en die gedaagte van uitverkiesing het na vore gekom.
Gen.12. het hier ‘n verslag gewees van ‘n algemene volk tot ‘n spesifieke gesin en ‘n spesifieke volk. Die seuns van Sem wat as die Semmitiese mense bekend gestaan het het na Babilon getrek naby die mond van die Efraat rivier by Ur. Daar was ‘n gevestigde beskawing gewees.
Daar was ook ‘n ander trek wat plaasgevind het. Die rede vir die trek word nie genoem nie, maar tradisie wil dit deurgee dat dit gehandel het oor die verskil tussen die gode van poligamie in Babilon en die Enigste God en Heer. Tera en sy seun Abraham, en sy broerskind Lot en Abraham se vrou Sarai het wes getrek na Arem wat later as Assirrië (leter bekende Turkeie) bekend gestaan het. Oppad na Kanaan. Gen11:31.
Om een of ander rede het hulle by Haran gaan vestig. Dit was die plek waar Tera later gesterf het. Dit was hier waar die Here aan Abaraham in Gen.12:1 gesê het dat hy moes gaan.
Die verbond wat die Here met Abaraham aangegaan het was voor-waardelik op sy gehoorsaamheid. Trek onder die sterre uit. Daar was ‘n groot Naam en vele seëninge aan Abraham gekoppel gewees. Seëninge aan die wat hom sal seën en vloeke vir die wat hom sal vervloek. Dan deur hom sal al die geslagte van die aarde geseën wees. Gen.12:2-3.
Die verbonde van die here was eenvoudig en duidelik as hulle die Heresal navolg, sal daar seëninge daaruit voortspruit. Dit het altyd uit ‘n bevel met ‘n opdrag bestaan. Die bevel was tweeledig van aard
Ons moet ons huis verlaat, en gaan waar die here wil hê dat on moet gaan.
Die belofte was drieledig van aard: Dat die Here van hom ‘n nasie sal maak, dat Hy hom ‘n land sal gee, en dat die Here hom sal seën en hom ‘n seën vir ander sal maak en vir al sy families regoor die aarde.
C) MALGISEDEK:
Die gemors van Sodom en Gemorra en die stede wat in die onder Jordaan geleë was, het Abraham in kontak met die eens onbekende Priester- koning gebring, wie se Naam Melgisedek beteken. Hy word omskrywe as die Priester van God die allerhoogste. Gen.14.18.
Dit is die eerste keer dat die woorde priester in die Bybel genoem was. As ons hierdie begrip nie verstaan nie, sal ons nooit die Bybelse betekenis van ‘n priester ken nie.
D) DIE UITVERKIESING EN DIE VERBOND:
Die belangrikheid van die verbond was verder aan Abaraham beskrywe in Gen.15. Die verbond het die sentrale gedagte van die lewe van Abraham se lewe ingesluit, en alles wat daarop volg was die vervulling van die belofte.
Die gedagte van uitverkiesing is in die verbond opgeneem. Die spe-sifieke lyn of geslag van Abraham was die nasate van die uitverkore volk. Hulle was nie net as bevoorreg gekies nie, maar met verant-woordelikheid. Uitverkiesing word eers in Judaisme meer verklaar.
Die doel van uitverkiesing het dinge ingesluit. Dit was deur die nasate van Abraham en danspesifiek Een dat die seën na alle nasies deurgedring het. Om Goddelike liefde te openbaar moes dit deur eers deur ‘n paar geopenbaar word. Iets moet eers elders posvat voordat dit momentum sal kry. Dit was deur die here se gekose liefde tot die volk van Israel. Deut.7:6-8. Dit wys daarop dat die here Sy liefde tot Israel getoon het sodat hierdieliefde na alle nasies geopenbaar kon word. Dit was die plan van die Here da families op die aarde geseën sal word. (Gen.12:3).
Die verbond met Abaraham was een van ‘n belofte wat na sy vervulling in die toekoms gewys het. Die verlsooing het gedeeltelik die volk van Israel inegsluit. Aan die einde vandie O.T. het die volk steeds verwag vir die voltooing van die belofte. Alleen in Christus is die belofte vervul, en SY belofte tot SY volk.
E) DIE ENGEL VAN DIE HERE:
Die handeling van die Here met Abraham was so aangrypend dat sy naam verander het, wat dui op sy hele wese. Gen.17:5 en met sy familie. Die engle van die Here et die eerste keer in Gen.16:7 verskyn.
Die Engel is dikwels metd ie Here self verbind. Die vraag wat onstaan was hierdie engel een van die skeppende wesens, of was Hy net een van die skeppende engele.
F) DIE BESNYDENIS: