GEHOORSAAMHEID IN GEBED: 1 JOH.3:22

INLEIDING:

Die probleem van die kerk is altyd geestelik, en daarom moet die geestelike behoefde van individue aangespreek word. Die grootste behoefde vir die kerk en individue is Sy heiligheid. Heiligheid stort in liefde en ‘n vreugde uit vir siele wat ongekend is in die menslike verstand. Hulle het die geheim van gebed geken.

Die vuur van heiligheid sal weer die vreugde in die depressiewe toe-stand van ons land bring. Dit sal ons klein tingerige kerkie opwek tot magtige instrumente wat die krag en die outoriteit van die Here op ons harte sal dra. Swakheid het die kerk geinfiltreer omdat dit sy krag om te protesteer teen sonde, en sy krag van gebed verloor het.

Die krag van enige kerk is daardie klein groepie heilige kinders van die Here wat waarlik gered is en gereing is. Hulle is die werkers, die vegters en die gebedsstryders. Deur wêrelds, biddeloos, en ‘n gebrek aan visie te hê is die kerk nie in ‘n staat om die mensdom in die laat uur te help nie.

Die kerk het van die begin af die behoefte om heiligheid te beklem-toon. Van die begin van die kerk se geskiedenis was daar groot heiligheids helde wat hierdie lewe geleef en geleer het. Die Here beloof vir u en my dat die wat Hom soek sal Sy volheid deelagtig word. Luk.11:9

Die Here vereis Heiligheid:

Die Here is die Skepper van reinheid skoonheid en volmaaktheid en harmonie. Hy is volmaak in al Sy weë en werke. 

KOM ONS KYK NA ‘N PAAR REDES WAAROM ONS HEILIG MOET WEES:

1)      HEILIGHEID IS DIE WIL VAN DIE HERE VIR ONS:

1 Thess.4:3 Dit is die wil van God julle heiligheid. As ons weet dat dit Sy wil is sal ons die Onse Vader ‘n bespotting maak as ons bid: “Laat U wil geskied” en ons leef nie SY wil uit nie.

In Rom.12 word ons tot ‘n lewe van opoffering en heiligheid en geestelike verandering geroep. Ons moet dit ‘n voorreg ag om die goeie en volmaakte wil van die Here te omhels.

2)      HELIGHEID IS ‘N OPDRAG VAN DIE HERE:

Matt.5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle Vader wat in die hemel is volmaak is”  Hoewel ons nie volmaaktheid op aarde kan hê soos die Vader in die hemel is nie, kan ons in die staat leef waar ons volkome van sonde skoon gewas kan wees, en toetaal aan die wil van die Here weggee wees.

Daar is Christene wat hierdie staat geniet en dit deur hulle daaglikse lewenswandel bevestig. Ons moet die volmaaktheid van die Here as ons doel voor oë hê.

Johannes wys vir ons dat by die wederkoms van onse Here Jesus Christus sal ons binne in ‘n oogwink, ‘n oomblik verander word na die staat van volmaaktheid in Fil.3:12 en erken dat hy nog nie volmaak is nie maar in vs.15 verklaar hy dat hy reeds volmaak is. Hy was volmaak in die sin dat die Here volkome met sonde gehandel het en volkome vervul is deur die Heilige Gees terwyl Johannes aan u en my vertel dat ons staat van absolute volmaaktheid by die wederkoms sal wees.

Petrus wys ook na aanduiding van Lev. Dat u en ek volmaak moet wees. As die Here heiligheid van Sy mense verwag in die O.T. hoe-veel meer verwag Hy van u en my in die N.T. dat ons heilig moet wees. Om die opdrag van die Here te verontagsaam om heilig te wees is sonde.

3)      HEILIGHEID WORD DEUR DIE HERE BELOWE:

1 Thess.5:23-24. “En mag Hy die God van vrede, julle volkoem heilig maak en mag Hy julle liggaam siel en gees onberispelik bewaar tot by die wederkoms van onse Here Jesus Christus.Hy wat dit beloof is getrou, Hy sal dit ook doen.”

Die volmaakte liefdevolle wat heilig is sal so iets nie van Sy kinders verwag as Hy dit nie vir ons moontlik kan maak nie.

Geen moeder wat liefdevol is sal van haar klein kind verwag om ‘n swaar item te dra nie. Is die here vaer in Sy liefde. As Hy die opdrag gee gee Hy ook die instaatstelling om dit te kan doen.

Eers in Lev.20:7-8 beveel die Here Sy volk dat hulle heilig moet wees en bemoedig hulle met die woorde: “Ek is die Here wat julle heilig.”

Abaraham het nie getwyfel in die belofte van die Here nie maar was ten volle oortuig dat wat Hy beloof het Hy ook dit sal volvoer. Rom.4:20-21.

Verlang jy na reinheid sien wat 1 Joh.1:7 beloof “Dat die bloed van Jesus Christus ons van alle ongeregtigheid reinig.

As u glo dat daar krag is tot getuienis glo dan Hand.1:8 wat sê: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle sal kom”

Daar word vertel dat daar 10 000 beloftes in die Bybel is en dat elkeen ja en amen in Hom is en dat elkeen daar is om vervul te word. 2 Kor.1:20  Laat ons die beloftes van die Here glo en die seën van heiligheid ingaan.

Terwyl ons dan al hierdie beloftes het broeders laat ons ons van die besoedeling van die vlees en die gees reinig en laat ons die heilig-making in die vrese van die Here volbring. 2 Kor.7:1

4)      HEILIGHEID WAS DIE GEBED

VAN DIE HERE JESUS VIR ONS:

Joh.17:17 Heilig hulle in U waarheid, U woord is die waarheid.

Johannes het in die Hoë priesterlike gebed daarop gewys dat dit die hart van SY gebed was da SY dissipels heilig sal wees. Hierdie gebed was die moeite werd om na te kyk aangesien dit openbaar wat die hart en gebed vir die Here Jesus vir SY dissipels gewees het.

Die feit dat vs.20 wys daarop dat die Here Jesus bid dat alle gelowi-ges heilig moet word behoort u en my te bemoedig om Hom te vertrou om ons te heilig.

Dit is Sy daaglikse gebed vir u en my. Hebr.7:25 Daarom kan Hy vlokome red die wat deur Hom tot God gaan omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

5)      HEILIGHEID WAS DEUR ONSE

HERE JESUS BEKLEMTOON:

Joh.17:19 “Ek heilige Myself vir hulle, sodat hulle ook in die waarheid geheilig kan wees.”

Dit beteken dat die Here Jesus na die aarde gekom het om aan ons die voorbeeld van ‘n heilige lewe te kom toon. Hy het ‘n volmaakte lewe van oorwinning geleef, in Sy menslike gestalte, om aan ons die Heiligheid van God te openbaar, om aan ons die skoonheid en krag daarvan te kom openbaar.

Hoe maklik is dit vir ons om heiligheid te preek en tog so min wat dit leef. Jes.6:1-6 het die skoonheid van die Here Jesus gesien en sy eie tekortkoming besef.

6)      HEILIGHEID IS DEUR DIE DOOD VAN DIE

HERE JESUS VIR ONS MOONTLIK GEMAAK:

Efe.5:25-27 “…soos Christus ook die gemeente liefgehad het en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gerei-nig het met die waterbad deur die Woord sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik en sonder vlek of rimpel of iets derg-liks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.”

Paulus het vir hier op gewys dat die Here Jesus gesterf het om Sy kerk heilig te maak. Hierdie selfde waarheid word in die tiende hoof-tuk van Hebr genoem Hebr.10:10 “Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus.”

In vs.14 word aan ons meegedeel dat die dood van Christus dat “deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.”

In vs.29 word ons gewaarsku om nie die Bloed van die Here Jesus te vertrap nie, omdat deur Sy bloed Hy ons reinig. 1 Joh.1:7.

Daar is geen heiligheid sonder die Bloed van die Here Jesus nie.

7)      HELIGHEID IS NODIG OM ONS TE

KEER OM TERUG TE VAL:

Hebr.4:11 “Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid val nie.”

Ons kry oorals mense wat terugval en die hoof rede hiervoor is dat daar ‘n gebrek is om na heiligheid na te streef.  Die Christen is soos ‘n man wat met ‘n rooibootjie oor die rivier rooi, die oomblik wat hy ophou rooi, sal hy terugsak.

Ons kan nie stilstaan nie, dit gaan of voorentoe of agtertoe. Jy kan selfs nog voorentoe kyk terwyl jy terugsak. Ons moet na heiligheid streef. Hebr.6:1-12.

Die terugval sal geleidelik en ongemerk plaasvind.

Simson na 20 jaar het teruggeval en het dit nie gewaar nie. Rig.16:20 sê dat hy nie gemerk het dat die Here hom verlaat het nie.

Hy het gefaal om voorentoe te gaan. Omdat hy die luste van sy hart nagevolg het. Ook Petrus toe hy die Here Jesus verloën het. Hy was vol selfvertroue en nagelaat om die Here te soek, en het die waarskuwings van die Here Jesus nie op ag geslaan nie in Luk.11:13.

Hy kon nie met realiteit en krag bid nie, en het in Getsemane geslaap teryl ons Heiland in die bitterste beproewing was.

8)      HEILIGHEID IS NOODSAAKLIK AS U

      EN EK SIELE VIR DIE HERE WIL WEN.

Hand.1:8 Julle sal krag ontvang en my getuie wees.

So ver ons weet het Petrus nie een siel na die Here gelei tot op Pinkster nie, maar daarna het hy 3000 siele na die Here toe gelei.

Todat ons vervul is met die Heilige Gees het ons min krag, en weinig sukses, en word deur die vrees van mense teruggehou, of deur die bewaustheid van my eie tekortkoming, en neerlae.

Hulle kort die diepe liefde vir siele wat die swakheid van Christene sal oorwin.

9)      HEILIEGHIED IS NODIG OMDAT SY

          WEDERKOMS OP HANDE IS:

Matt.24:44 “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.”

Hoewel ons nie datums kan vasstel wanneer die Here Jesus gaan kom nie, is daar duidelike tekens dat Sy koms nou op hande is. Baie van hierdie tekens is reeds vervul en ons het nodig om nou heilig te wees.

Luk.21:36 “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”

Dit is die veiligste om reg te leef ten einde gereed te wees vir daardie vreeslike en deurdigte dag wanneer niks voor die Here verborge sal wees nie, wanneer Hy kom moet ons eerder gereed wees.

Die wederkoms word feitlik altyd gekoppel aan ‘n heilige lewe. 1 Thess.5:23, ens.

10)   HEILIGHEID IS NODIG VOOR

   ONS DIE HEMEL KAN INGAAN:

Hebr.12:14 Jaag die heiligmaking na waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Geen sonde kan die hemel ingaan nie, Openb.21:27. Geen onreinheid en ongeregtigheid of haat, of trots of bitterheid sal in die hemel ge-duld word nie. Satan was eens ‘n prins van die hemel en was uit die hemel gewerp toe hoogmoed sy hart ingetree het. Jes.14:12-14.

Daar is ‘n Halleluja lied wat sê: Strome van seën en van bowe, dit het die Heiland beloof, heerlike tyd van verkwikking vloei uit ons Heiliand en hoof, Strome van van seën gee van die volheid ons weer, reeds val die druppels gedurig, skekn ons die strome o Heer.

Daar is ‘n plek in die hart van die Here waar Hy vir u en my Sy ver-borgenheid wil kom openbaar, waar ons iets sal leer van die heerlike volheid van Homself, waar ons saam met ‘n Ps.37 kan uitroep dat ons ons “verlustig in die Here”

Hoe lyk u verhouding met die Here vandag, is u gereed om u alles aan die Here weg te gee sodat Hy u Bybels kan vervul en dat u ‘n kragtige instrument in die hand van die Here kan word.

Omdat ons dan ons alles aan die Here weg, gee sal ons Sy gebooie bewaar. As ons na Hom luister om SY gebooie te onderhou sal Hy na ons luister om ons gebede te verantwoord. Een van die redes vir menigde onverhoorde gebede is die fait dat ons nie stiptelik in Sy weë wandel nie. Van die kant van die Here is Hy nie iemand wat op Sy beloftes sal terugkeer nie, maar sal Hy doen wat Hy sê.

Baie onverhoorde gebede is omdat die wat dit bid nie in gehoor-saamheid teenoor die Here bly wandel nie. As ons krag in gebed wil hê moet ons die Woord bestudeer sodat ons kan weet wat Hy ons leer en sê, en dan daarvolgens kan handel.

Die Woord vermaan ons verder dat ons moet doen wat welgevallig is voor Hom”

In Ps.145:18 Gee die Woord van die Here vir ons baie lig aangaande die vraag hoe ons moet bid: Hy sê: “Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.”

Die woord waarheid beteken ook opregtheid daarom hoor die Here die gebed wat opreg gebid word. Baie mense bid vir die bekering van hulle lewensmaat nie omdat hulle die persoon werklik gered wil sien nie maar dat dit met hulle beter kan gaan.

Baie kerke bid vir herlewing nie omdat hulle herlewing in hulle harte wil hê wat van u en my die uiterste prys gaan kos nie, maar bloot om meer lidmate in die kerk te kry. Bybelse herlewing sal hartsdeur-grondelike gebede beteken vernederings tot die uiterste graad en gewilligheid om wat ookal die Here vra stiptelik te gehoorsaam.

Huishoudings en leefstyle sal radikaal moet verander wanneer ek die Here vra wat sal U in hierdie situasie gedoen het.

****************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00