GEFOLTER DEUR SKULDGEVOELENS
Vrywillige brandweerman, Takashi Oguni kan hom nie verheug daarin dat hy die tsoenami van 11 Maart 2011 oorleef het nie, ten spyte van sy wonderbaarlike oorlewing nadat hy 2km deur die vloed meegevoer is.
Baie maande na die ramp, spook die uitroepe van elke ander lid van sy vyf-man seksie steeds by hom; hul noodkrete onderwyl hul wegspoel. Ook maal die herinnering van die oomblik toe die tsoenami toeslaan herhaaldelik en onwillekeurig in sy verbeelding, toe die gedruis die baai binnedring soos wat die tsoenami instoot.
“Waarom is ek die enigste een wat oorleef het?” vra hy homself onophoudelik, gekwel deur skuldgevoelens.
Ewenwel, die massiewe tsoenami het oor die breekwater gestroom en die donker, modderige water het Oguni en sy span verstrik. Onderwyl hy sy bewussyn verloor kon hy maar net aan alledaagse dinge dink soos, “Wat sal van die afbetalings van my huisverband word as ek sterf?”
Oguni het bygekom nadat hy uitgespoel het op ʼn nasionale pad 2km verder. Hy was die enigste oorlewende van sy brandweerspan.
Oguni is nie alleen nie. ʼn Totaal van 249 brandweermanne het gesterf of word nog vermis in die prefekture van Iwate, Miyagi en Fukushima wat die swaarste getref is. Bron: Yomiuri Nuus 211-06-20
Ons kan alleen deur Christus ‘onskuldig’ verklaar word en deur Hom alleen! Dan sal ons harte gerus gestel word in Sy teenwoordigheid!
En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles
(1 Joh 3:19-20, OV).
Moenie gebuk gaan onder laste en skuldgevoelens nie!
GEBED
Dankie Here dat ek rus in U kan vind. AMEN