GEESTELIKE FEESTE: LEV.23
INLEIDING:
Die ware geestelike manier van aanbidding geskied deur die uitbeel-ding van die feeste. Dit is die feestafel van die siel. In die O.T. word die fees voortdurend toegepas om ‘n tydperk van spesiale aanbidding aan te dui. In Lev.23 het die Here Moses gelei om die sewe belangrike feeste te rangskik, met die woorde: Spreek met die kinders van Israel rakende die feeste van die Here, wat heilige byeenkomste moet wees.
1) DIE SABBATS FEES: VS.2-3.
“Dit moet My feeste wees” Die sewende dag is die Sabbat van rus, ‘n heilige dag moet dit wees. Daar is wonderlike profetiese redes waar-om die Sabbatdag eerste gehou moes word, wat ook in die Grieks m.a.w. in die N.T. “ die eerste dag van rus moet wees.”
Onder die wet was dit ses dae van werk en dan die sewende dag die dag van rus, in die Evangelies was dit die rus eerste, en dan die werk. Uit die sielerus kom die beste soort geestelike werk voort.
Die eerste dag wat Adam geleef het was ‘n dag van rus. Die skepping was net ses dae oud gewees, en was die eerste dag van die mens die dag van rus, wat profesties op die Here Jesus aandui wat vir ons in die N.T. bedeling in hierdie rus wil inlei.
Daar is seker nie iets so moeilik soos mense wat die Joodse Sabbat wil aanhang en dit as ‘n afgod wil maak nie.
‘n Goed gevoede persoon sal baie beter werk as ‘n honger persoon, en was die fees van die Sabbat eerste gestel in die lys van feeste, sodat die siel verfris kan word, en dan in goeie diens sal kan uitgaan. Hosea sê aan die Jode: Hos.2:10 Se die Engels ‘Dat die Here hulle Sabbatte sal verander”
Die eerste stap na redding is om van my eie werke weg te beweeg, om van my werke weg te stap en al die goeie dinge wat ons in eie krag verrig het, en onsself aan die voete van die Here Jesus neer te werp, as verlore en onwaardig, en dat Hy ons moet red.
Ons kan nie verggifnis van sonde deur ons eie toedoen verkry nie, al-leen as ons van al ons eie geregtigheid wegvlug, dat ons redding as ‘n vrye gawe kan ontvang. Daarom dat die Sabbatsrus eerste kom, wat verskillende stappe in ons groei uitbeeld.
2) DIE PASGA FEES: VS.4-8.
In die Veertiende dag van die maand, teen die aand, moet die Pasga van die Here gehou word.
Die fees moes hulle herhinder aan die vreeslike donker nag van sla-werny waaruit die Here hulle gehaal het, nadat Hy die tien plae oor Egipte uitgegiet het. Elke Hebreeuse familie moes ‘m lam slag, en die bloed op die deurposte sprinkel, sodat die doodsengel nie by hulle sou ingaan en die eersgeborene tref nie.
Hierdie fees is die fees van redding, wanneer die verlore siel van sy eie werke weggevlug het, en na die Here Jesus gevlug het, en besku-tting in die bloed van die Lam gevind het, en vergifnis en veroordee-lende wet gekry het.
Die fees moes in die nag gehou word, wat ‘n beeld van die duisternis was waaruit ek gekom het. Dit het ook die Joodse jaar begin en was op die veertiende van die maand. 2 x 7. Vir die daad sondes en die mag van sonde.
Toe die Jode Egipte verlaat het, het die Here hulle kalender verander. Dit was gedurende die lente, en is daar ‘n Goddelike beginsel in hier-die tyd opgesluit. Elke groot beweging van die Here het gedurende lente plaasgevind. Adam was in die lente geskape, die vloed was ge-durende die lente, die Jode het in die lente uitgetrek uit Egipte, die Israelliete het Kannaan in die lente ingegaan, en so kan ons aangaan.
Die kerk word vergelyk met die bot van bloeisels, wat op lente dui. Dit is altyd lente in ‘n siel wanneer hy gered word.
Nog ‘n eienskap van die Pasga was dat dit met ongesuurde brode ge-ëet moes word. Dit was ook omdat hulle haastig moet uittrek, daar moes nie tyd aan die suurdeeg gegee word om deur te trek in die brood nie. Suurdeeg is altyd ‘n beeld van vleeslikheid of sonde in die Bybel. Paulus verwys selfs na suurdeeg wat uitgewerk moet word, soos sonde uit die gemeente.
Brood sonder suurdeeg simboliseer, die oomblik wat ek die Here Jesus ontvang as my saligmaker. Daar kon alleen op bloed vertrou word.
3) DIE EERSTELINGS FEES OF DIE FEES
VAN TOEWYDING: VS.9-14.
Jy moet ‘n handvol gerwe of ‘n handvol eerste vrugte van die oes bring na die priester. Die priester sal dit voor die Here beweeg, en jy sal daarvan nie eet todat dit voor die Here gebring is nie.
Die oorspronklike woord vir toewyding is ‘om die hande vol te maak’ Ons moet die beste of eerste vrugte van ons lewens en nuwe hoop en nuwe vreugde en nuwe moontlikhede op die altaar van die Here neerlê om daardeur te sê dat ons vir ewig Syne sal wees.
Toewyding word nooit as ‘n handeling deur die sondaar verwys nie, maar as ‘n belydenis van berou. Alle tekse in die Bybel aangaande toewyding is gekoppel aan die kinders van die Here. Daarom word die eerste vrugte as ‘n toewyding na die Pasga gehou. Bekering gaan toe-wyding vooraf en toewyding gaan weer heiligmaking vooraf
Bekering is om my sondes vaarwel te roep, maar toewyding is om aan die Here oor te gee. Bekering is om die lewe van Egipte af te skud, maar toewyding is om die eerste vrugte van die nuwe lewe aan te neem, en dit aan die Here oor te gee. Bekering is om te vlug vir die oordeel wat aan die kom is, terwyl toewyding ‘n intense begeerte is om die Here te behaag, en om heilig gemaak te word. Bekering ver-wys na iets wat agter ons is, terwyl toewyding verwys na iets wat voor ons is.
Bekering is om Satan sy goed te laat neem, toewyding is om toe te laat dat die Here Sy reg neem van wat Syne is.
Die Here noem op ‘n besonderse manier alles wat Syne is van beeste, en eerste vrugte, van die stad wat in Kanaan ingeneem gaan word. Die eerste van alles wat daar is kom nou onder nuwe bestuur, op die eerste dag van die week. Uit al ons bestandele moet ons die eerste tiende aan die Here wy.
Die woord dat ons van niks sal eet totdat ons die eerste aan die Here gewy het, dui daarop dat ons nie moet stop om te lewe na my bekering nie, maar soos reddende genade lewe voortgebring het, vrug van hoop en liefde, en geloof, moet ons onsself haas om onself totaal oor te gee sodat ons die volheid vandie Here sal kan ontvang van heiligmaking hoeveel van ons volg hierdie patroon.
Ons leef in die meeste gevalle op ons geestelike seëninge, en leer eers om oor te gee nadat die Here ons moet tugtig om deur soms hartseer ondervindinge by die plek te kom waar ek sal toewy om totaal aan die Here oor te gee.
4) PINKSTER FEES OF DIE FEES
VAN DIE HEILIGE GEES: vs.15-22
Die woord Pinkster beteken 50. Van die Pasga Lam geslag is was die Hebreers beveel om sewe weke te tel wat dan 49 dae opmaak wat by die Sabbat begin, en dan die Sabbat op die einde by tel wat dit dan 50 dae maak.
Op die 50 ste dag vanaf die Pasga moes hulle offers van 7 lamme bring en ‘n jong bees en twee ramme wat as ‘n vuur offer. Daar moes twee lamme vir ‘n vuur offer gebring word en een lam as ‘n sondoffer wat vir inwonende sonde gebring moes word, en twee lamme vir ‘n vredes offer.
Hierdie offers was alles offers vir daad sondes en die bokke vir inwo-nende sonde. Die vredes offer dui daarop aan dat dit die Fees van Pinkster is wat dui op die behoorlike reiniging van die siel wat deur volmaakte vrede gevul word en van die volheid van genade.
Die wet was op Sinai gegee op Pinkster. Dit was net 50 dae nadat hulle die Pasga Lam geslag het dat die Here op die berg Sinai neerge-daal in die wolke van vuur en donder, en het uit die midde van die vuur gespreek en het die tien gebooie gegee en het daarna met Sy vinger geskrywe wat Hy op die kliptafels geskrywe het Ex.19:10-25.
As jy die eerste Pinkster wil omskrywe let op dat die woord Heilig in vs. 10 en 22 gebruik word, en sien hoedat die werk van heiligmaking bery word vir die fees van Pinkster. By die eerste Pinkster ontmoeting op Sinai was Heiligmaking aan die volk geleer, vanuit die standaard van die wet.
Met die N.T. Pinkster in die bo-vertrek in Jerusalem, was heilig-making ondervind en verkondig vanuit die standpunt van genade. Net 50 dae na die Kruisiging het die Heilige Gees op die dissipels geval op die Christene van die bo-vetrek wat presies ooreenstem met die gee van die wette. Byna eendragtig het die mense verwys na die dissipels wat 10 dae in die bo-vetrek was en het 40 dae van Sy opgestane lewe.
Die tydsindeling lyk teenstrydig want drie dae na die kruisiging het die Here Jesus opgestaan en 40 dae tussen Sy disspels gewandel en dan moes hulle net 7 dae in die bo-vertrek gewees het.
Met Pinskers was die wet gegee, en by die laaste Pinkster was dieself-de wette in hulle harte geskrywe, sodat ons dit in woord en in daad kan uitvoer. Om die Here onse God met ons hele hart lief te hê, met ons hele verstand en met alles wat ons is.
Met Pinsketr het die Here in vuur neergedaal, met die N.T. het die Heilige Gees met tonge van vuur neergedaal. Met die eerste Pinkster het Moses die volk seremonieël gesalf, hulle het hulle klere gewas (Ex.19:14) Met die laaste Pinkster het die Here Jesus self die kerk kom reinig deur hulle harte en hulle geestelike klere te kom was. Met die eerste Pinkster was daar ‘n stem soos ‘n trompet, by die N.T Pink-ster was daar ‘n stem van getuie. Ons sien dat die fees van Pinkster ‘n Fees van heiligmaking is, wat volg op die toewyding wat daar moet wees.
Pinkstar is nie net ‘n fees van reiniging nie, maar ook van Goddelike volheid, van oorvloed van liefde, en die seën wat die wat arm en ver-slae van gees is kan ondervind. Pinkster kom gedurende die oestyd vroeg in die seisoen, en was die Egiptiese oes verwoes gewees, en die Hebreers die Jordaan kon oorsteek omtrent dieselfdee tyd van die jaar, gedurende die oestyd.
Die fees van Pinkster kom 50 dae later wanneer die volle oes ingsamel moet word, van die somer vrugte.
Hoe volmaak het die Here nie al hierdie aspekte gereël nie. Ons het ook ‘n tyd van oes in ons geestelike lewens nodig, ‘n volle oes van die genadige oes en die vrug van die Gees in ons heiligmaking, wanneer ons ons persoonlike Pinkster ondervind, en die doping met die Heilige Gees.
Die gedagte van kleinheid en beperktheid en self gesetreerdheid word vervang deur die Heerlike besoek van die Inwoner nl. die Heilige Gees, wat ons vul met vreugde en vrede en liefde.
Dit was juis in die tyd dat voedsel in hule oorvloed beskikbaar is dat die Here deur die fisiese wat aan ons bekend is ook die geestelike les wil leer. Dit is dan die tyd dat vreemdelinge verby gekom het en kon deel in al hierdie heerlike oorvloed.
5) DIE FEES VAN DIE TROMPETTE OF DIE
FEES VAN HEILIGE GETUIENIS: VS.23-25
In die sewende maand op die eerste dag van die maand sal jy ‘n Sab-bat hê ‘n herhindering van die blaas van die trompette, ‘n heilige by-eenkoms moet dit wees.
Dit was duidelik die weerspieëling van die tonge van vuur toe die dis-sipels van die reinegende Bloed van die Here Jesus verwys het, en die noodsaaklikheid om met die Heilige Gees vervul te wees. Dit stem presies met die woorde van die Here Jesus ooreen “Julle sal krag ont-vang, wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuie-nis wees in Jerusalem en in Judea, en in Samaria en tot aan die eindes van die aarde.”
Dit stem ook ooreen met die woorde van Johannes dat die heiliges die duiwel oorwin het deur die Bloed van die Lam, deur die woord van hulle getuienis en deur die feit dat hulle hulle lewe nie tot die dood toe lief gehad het nie.
Die ou Metodiste het hulle liefdes fees gehad wanneer hulle bymekaar gekom het om getuienis te gee van wat die Here vir hulle gedoen het. Die byeenkomste het bekend gestaan as die byeenkomste van die blaas van die trompette. Getuienisse van die reinegende bloed van die Here Jesus was uiters onpopulêr by die wêreldse aansien, maar is die soetste klanke wat die hemele kan hoor. Die getuienisse van die heili-ges is soos soet goue snare in hemelse milue.
6) DIE FEES VAN VESOENING EN
PYNIGING VAN DIE SIEL OF DIE FEES
VAN LYDING SAAM MET CHRISTUS: VS.26-32
Op die tiende dag van die 7 de maand sal die dag van versoening wees. Dan moet jy jou siel toets. Die siel wat nie sy eie hart onder-soek nie moet afgesny word van die volk.
Drie keer kom die gedagte van beproewing of totsing na vore. Wat kan dit beteken? Dit nadat ons die heerlike vreugde van Pinkster ervaar het.
Die Here Jesus was gedoop met die volheid van die Heilige Gees deur Johannes die doper, wat ooreenstem met die fees van die eer-stelings gerf, of die toetrede van Sy jong lewe aan die diens van die Here. Toe het die Heilige Gees op Hom neergedaal wat met Pinkster ooreenstem, en die trompet geklank van die Vader uit die hemel wat bevestig dat dit My geliefde Seun is in wie Ek ‘n wel-behae het.
Dit was net hierna wat die ongekende konflik tussen die Here en die Duiwel in die woestyn plaasgevind het. Die aanslag was teen Sy fisiese behoeftes, Sy psigiese behoeftes, en Sy geestelike status, wat vir ons gesë word dat Hy gely het in die beproewing.
Die aanslag van die duiwel kom op dieselfde manier na die kind van die Here. Eers is dit die liggaam, dan die siel, en dan die gees van die mens. Na seëninge kom daar groot toetse, en aanslae, en die toets van siele beproewing is daarnet na die fees van die trompette en Pinkster.
Die geheiligde siel moet deur vele verdrukking in die koninkryk van die hemele ingaan. Wat aan ons die dipeste toetse van morele aard bring. Die drie groot kragte van die siel, nl. geloof, hoop en liefde moet in die diepste in ons getoets word, en met die Here verenig word in suiwere liefde en geloof. Wanneer glas en staal uit die toetse van die oonde kom, en in die soliede vorm uitgerol word wat hulle moet wees, moet hulle in ‘n volgende oond van louetring geplaas word om solied te word, sodat geen kraak en temperatuur hulle meer kan beinvloed nie.
Die Here neem die grond na reiniging en moet dit louter om al Sy genade werkinge in ons lewe in posisie te kry, sodat daar kwalitei-te in gebou word vir tye van beproewinge. Niks bring soveel be-proewinge soos te getuig van die reinegende werk van die Bloed en die duiwel is op sy agterpote.
Abel was doodgemaak omdat hy getuienis gelewer het. Josef was verkoop omdat hy sy drome gedeel het, en teen die boosheid van sy broers getuig het. Die Here Jesus was gekruisig, nie omdat Hy heilig was nie, maar omdat Hy getuig het dat Hy die Seun van God was.
Die Katolieke inkwisisie het 50 miljoen Protestante doodgemaak omdat hulle getuig het dat hulle gered was en nie deur Maria gebid het nie. In hierdie vervalle wêreld is die fees van versoening van berou van beproewing deel van dit wat sal volg as u getuie sal gee van die Here vri u gedoen het.
Daar is baie siele wat terugtrek van die bitter kruie omdat hulle nie kans sien vir die beproewinge wat oor ons gaan kom. Nadat hulle die Here vertrou het om hulle te reinig het hulle enkele getuienisse gelewer, en agter gekom dat hulle die Here Jesus ook in die woes-tyn moet volg om veragting en vernedering, eensaamheid deur te gaan, en trek dan terug.
Hulle is soos hierdie glasplate wat kraak in die oond van loutering. Hy sal van sy posisie uitverloor en kragteloos raak.
Wanneer geheiligdes ontrek onder beproewing en veg en teen mede kinders van die Here begin te veg, bewys hulle dat hulle ge-kraak het en die sesde fees van versoening ontglip het, en verloor hulle plek in die kring van die heiliges. Die wat rein en edel is onder die heiliges is die wat die toetse deurstaan wanneer dit oor ons pad kom.
Die Fees van versoening is die doping in die dood of vereensel-wiging met die Here Jesus, en niemand kan die volheid van so ‘n toets deurstaan voordat hy nie met die volheid van die Heilige Gees vervul is nie.
Die Here Jesus was ook drie keer gedoop: Eerste deur water, toe deur die Heilige Gees en toe in Sy dood. Die fees van versoenimng is die doping in die dood van die Here Jesus in Sy lyde.
Toe die moeder van Jakobus en Johannes vra of een aan die regter en een aan die linkerkant van die Here Jesus mag sit, het hy nie ge-vra of hulle die doping met die Heilige Gees deelagtig kon word nie, maar kan hulle met die dood gedoop word waarmee Hy ge-doop is, wat ooreenstem met die fees van loutering en wat die doel is om nie vir die hemel alleen gered te word nie, maar die maat van ons posisie wanneer die Bruidegom kom. Dit is een ding om hieroor te gesels, maar duisend keer moeiliker om deur dit te gaan, soos die heiliges van Smirna gegaan het.
7) DIE FEES VAN DIE TABERNAKEL OF DIE
FEES VAN BLYDSKAP EN VREUGDE: Vs 33-34.
Dit was die laaste van die die groot jaarlikse feeste en was tydens die tyd van die laaste oes insameling. Die fees was om die vreugde te herhinder en die vreugde om van Egipte verlos te wees.
Daar was nog nie tyd om tente te maak nie, en het hulle vir hulle-self palm of wilger takke gevleg en daarin gewoon.
Die 15 de dag van die sewende maand sal die fees van die taber-nakel wees, sodat almal kan weet dat Ek die kinders van Israel laat woon het in tydelike wonings, dat hulle pelgrims op hierdie aarde is, oppad na die hemelse tuiste. Hier moes hulle voor die Here juig na die nag van smarte verby is het daar nou die dag van vreugde aangebreek.
Hoe wonderlik is die volgorde van die feeste wat nog vandag deur heiliges uitgeleef word. Na die doop van smarte kom daar ‘n doop van vreugde. Daar is ‘n fees van vreugde met wedergeboorte, wat die bitter pyne van berou en ‘n vreugde na die lyding van harts reiniging of kruisiging van die vleeslike hart wat verlos moet word
Hierdie selfde volgorde sal die heiliges tref as hy met die Here be-gin wandel, in die oond van toetse en beproewinge, en vernede-ringe en op ‘n groter skaal wanneer die geheiligde siel die Here wil navolg in die oond van uiterste beproewinge, maar uit dit spruit die vreugde van teerheid en soetheid en Goddelike blydskap.
Ons moet nie net vir sondes van die hart sterf nie, maar deur die fees van siels beproewinge gaan en sterf aan baie dinge wat op sigself nie sondig is nie. Ons moet aan vriendskappe sterf, aan aan-treklikhede van geestelike planne, wat selfs geheiligde ambusies kan wees, sterf aan ons eie ondervindinge, ons eie beoordelinge van dinge, ons natuurlike liefdes vir sake, ons mooi ideale, ons goei eie werke, dinge uiterlik en innerlik, dinge uit die verlede en dinge van die toekoms. Ons moet sterf vir ons smarte en misluk-kings, todat die siel Goddelik opgeneem is met die teerheid van onse Here Jesus. Tot ons so aan onsself en belange opgegee het soos ‘n balon wat in die lug sweef, en deur die strome van die natuur oorgegee is.
Hier is die persoon se hele lewe konstante aanbidding, vergenoeg-dheid, ‘n passie vir siele en skoonheid en ‘n hart wat die geheim van intrede in die gebed kan.
Uit die toetse van die sesde fees gaan die siel uit in die wonderlike velde van rus in die teenwoordigheid van die Here. Die fees is die fees van rype oes van die genades van die Here, ‘n fees van vol-wassenheid in die lewe van liefde, en van ewige liedere wat die werk van die Bloed van die Lam bekroon.
Van al die sewe feeste is dit die een wat deur die Heilige Gees geselekteer is om ons vir die millinium voor te berei, wanneer die Here Jesus en die heiliges oor nasies sal regeer, na die vreeslike loutering van die verdrukking wat kom.
Die sewe feeste stel aan ons die norm van die geskiedenis in die wêreld sowel individuele ondervindinge. Sagaria verwys na die Fees van die Tabernakel waarna die volk sal optrek en die fees in die millinium sal hou.
******************************