Tydens ‘n erediens in ‘n Gelowige se privaat...
Tydens ‘n erediens in ‘n Gelowige se privaat woning in Dammam, hoofstad van die land se Oostelike Provinsie, is 53 Ethiopiese Christene deur Saoediese owerhede gearresteer. Dié insident, op 8 Februarie, het die arrestasie van drie kerkleiers ingesluit. Gedurende ‘n verhoor in ‘n Islamitiese hof, het owerhede beweer dat die leiers Moslems tot Christene bekeer het.
Die Saoediese staat beskou homself as die bewaker van Islam en sy heiligste plekke en het alle vorme van godsdiens anders as Soennitiese Islam verban en verbied kerke, sinagoges, tempels en ander nie-Moslem plekke van aanbidding. – Krediet VOM ( Voice of the Martyrs)