Ramses, ‘n Egiptiese Christen-sakeman, is op 10 Februarie in Benghazi, oostelike Libië, gearresteer...
Gebed vir die Vervolgde Kerk –Libië
Sherif Ramses, ‘n Egiptiese Christen-sakeman, is op 10 Februarie in Benghazi, oostelike Libië, gearresteer. Hy bedryf ‘n boekwinkel wat ook Christelike boeke aanhou, bestem vir verkope aan die baie buitelandse Arabiessprekende Christene wat in Benghazi en omliggende gebiede bly en werk. Hy bly in aanhouding en is tot op datum nog nie in ‘n hof aangekla nie. Hy is herhaaldelik fisies mishandel.
Ander Christene in Benghazi is ook gearresteer, insluitende verskeie Egiptenare en drie nie-Arabiese uitlanders. Hulle het as taalonderwysers of sakemanne gewerk. Hulle is van evangelisering aangekla, alhoewel geen formele klagtes nog teen enige van hulle gebring is nie.
Krediet ( VOM Voice of the Martyrs) Teken in vir Voice of the Martyrs Nuus Brief – Kliek onder.